SêNet-briewe | Letters

 
Lekker verjaar, Haile Selassie!

Foto: Ju-Mari van der Walt

Hierdie hele week vier die Rasta-beweging in Amsterdam-Wes die 120ste geboortedag van Haile Selassie, gebore op 23 Julie 1892 in Jamaika. Die beweging bestaan uit ongeveer seshonderd lede in Nederland en tussen 200 000 en 800 000 volgelinge wêreldwyd. Rastafari word herken aan hulle kombershare (dread locks), kaalvoete, dagga (marijuana), reggae, vegetarisme en 'n rustig en liefdevolle lewensingesteldheid. Hulle glo hulle is die nasate van koning Salomo en koningin Skeba en droom oor 'n terugkeer na hulle Beloofde Land of Sion. Dit is Shashamene in Ethiopië.

Haile Selassie I (oorspronklike naam Ras Tafari) is in 1930 gekroon tot koning van Ethiopië. Hy het geregeer tot 1974. Die Jamaikaanse aktivis Marvus Garvey het vroeër in 1930 voorspel dat daar 'n swart koning sou opstaan. Die sanger Bob Marley het die beweging se gedagtegoed uit die Jodedom en Christendom wêreldwyd help versprei. Die Poolse joernalis Ryszard Kapuschinski het 'n ontluisterende roman oor hom geskryf: The Emporer (1983, herdruk in 2006). Tans hoop die beweging dat kroonprins Zere Yacob Asfa Wossen (kleinseun van Haile Selassie) volgende die troon sal bestyg. Ten spyte van hulle vredeliewende aard, is sommiges bereid om daarvoor te veg.

Die Rasta-man op die foto se naam is Helder. Die uitdrukking in sy oë, sy driestukpak en sy kersregop, byna agteroor, houding (of is hy "hoog" of is hy trots?) was die impuls vir beide foto en gedig. Die onuitgesproke ontheemding het ek in myself herken. Ook ek voel my soms hopeloos verdwaal, uit my plek, onbegrepe. Die slotreël was die werklike antwoord op die fotograaf se vraag wat hy hier (in Europa) soek.

Rastafari

Dikke dreadlocks
trekken je bijna achterover
uit een kaarsrechte houding;
geven je – met je versleten pak –
een aantastbare waardigheid;
vertellen:
Ik ben een welp van de Leeu van Juda.

Halverwege op weg naar een zon, naar stamvader Salomo en stammoeder Skeba, sta je nu verdwaald tussen Jamaica en Ethiopië onbeholpen ten noorden helemaal uit koers en verdwaasd in een klein grijs europees stadje.

Zwevend op weed wandel je door de winkelstraat
met weinig schuld aan andere vergrijpen
dan aan de dames Maria en Juana.

Jamaica mist zijn stralende zonnekind.

Ethiopië ziet reikhalzend uit naar zijn opkomst.

In je zelfopgelegde reis word je een zwijgende martelaar
voor een levenswijze met een onbegrijpelijke roeping:
God send me here.

 

Carina van der Walt

Comments 4 Reaksies | 4 Comments
Delete Comment
avatar
Daniel
2012-07-26 @18:16
Carina
 
Baie dankie vir die mooi briefie en die gevoelvolle gediggie.
 
Enjee
Delete Comment
avatar
Jan Rap
2012-07-26 @21:38
Moet die laaste sin van die gediggie nie lees "God sent me here" nie?
Delete Comment
avatar
kaitangsou
2012-07-27 @04:35
Koos Kombuis het ook 'n pragtige rasta liedjie gesing op Niemandsland...
Delete Comment
avatar
Duitswester
2012-07-29 @02:18

Daai onlangse plaasaanval waar die seuntjie in kookwater verdrink is, was dit om hierdie verjaarsdag te vier?
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address