Leading Lady: Internasionale lokprent vrystelling

  • 0

Hollywood is bekend vir sy meevoerende films wat die kyker “goed laat voel” en dit lyk of iets van hierdie glans op Leading Lady afgeskuur het. ‘n Groot hoogtepunt is die wêreldpremière van die fliek tydens die Seattle Internasionale Filmfees (SIFF) op 7 en 8 Junie 2014. Die talentvolle Suid-Afrikaanse sanger/liedjieskrywer, Matthew Mole, sal ook tydens hierdie geleentheid optree.

Om ‘n bietjie met die rolverdeling van Leading Lady te spog: sanger Bok van Blerk se jongste liedjiealbum, Steek die Vure Aan, het bo alle verwagting reeds uitstekend gevaar. Die Hollywoodse filmster Gil Bellows het sy meer as 80 televisie en film-krediete nog verder vergroot toe hy onlangs die silwerdoek met Susan Sarandon en Donald Sutherland gedeel het. Brümilda van Rensburg het as Jana du Preez teruggekeer tot die Suid-Afrikaanse TV-skerms in Binnelanders. Maar ons belangrikste nuus is dat ons eie “leading lady”, Katie McGrath, ‘n rol losgeslaan het in Steven Spielberg se Jurrasic World! Met haar Merlin and Dracula-bewonderaarspos wat steeds instroom, het ons voorgestel dat sy haar posbusfasilitiete vergroot vóór die wêreldpremière van Leading Lady.

Te midde van al hierdie buitengewone prestasies, is Dark Matter Studios trots om die amptelike vrystelling van die eerste internasionale lokprent vir Leading Lady aan te kondig. Hierdie vrystelling sal op Vrydag, 30 Mei 2014 om 12h00 op die volgende platforms plaasvind:

Leading Lady Facebook: https://www.facebook.com/filmleadinglady
Dark Matter Studios Facebook: https://www.facebook.com/pages/Dark-Matter-Studios/459420337414367
Maroela Media Facebook: https://www.facebook.com/MaroelaMedia

Uit die pen van die regiseur en medeskrywer van Fanie Fourie’s Lobola (Henk Pretorius), wenner van die SIFF 2013 Golden Space Needle Award for Best Film, kom hierdie inspirerende storie van ‘n jong, opkomende Engelse aktrise (Jodi Rutherford) wat ‘n Suid-Afrikaanse boer van Brandfort (Kobus Willemse) oorreed om haar te help om voor te berei vir die uitdagende rol van ‘n Afrikaner oorlogsheldin in ‘n Hollywoodse rolprent. Die rolverdeling vir hierdie film sluit in ons eie “leading lady”, Katie McGrath (Dracula, Merlin), die Hollywoodse filmster Gil Bellows (Ally McBeal, Shawshank Redemption), sanger/akteur Bok van Blerk, sowel as ‘n vertoning vol van draadwerk deur die legendariese Brümilda van Rensburg.

Leading Lady word vervaardig deur Dark Matter Studios se Llewelynn Greeff and Henk Pretorius. Die fliek word in Suid-Afrika versprei deur Ster Kinekor Entertainment en dit tref die plaaslike netwerk van rolprentteaters op 28 November 2014.

Kontakbesonderhede vir Leading Lady

Webwerf: www.leadingladymovie.com
Facebook: https://www.facebook.com/filmleadinglady
Twitter: @filmleadinglady / Hashtag: #arriving28Nov

Kontakbesonderhede vir Dark Matter Studios

Webwerf: www.dmstudios.co.za
Facebook: https://www.facebook.com/pages/Dark-Matter-Studios/459420337414367
Twitter: @dmstudiosSA

Publisiteit & Bemarking

Alishia van Deventer
Starburst Promosies
Sel: 083 635 4717

alishia@starburstmusic.co.za

Facebook: https://www.facebook.com/pages/Starburst-Promotions/118284704962101

www.starburstmusic.co.za

 


 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top