Leë ballon

  • 0

Leë ballon

Soos ’n twee dae oue heliumballon,
Nie meer rond en gesond,
Dit bons ook nie meer,
Rond op die grond.

Nou hang jy tussen hemel en aarde,
Oorgelaat aan genade,
Van waar of waarheen jy gaan,
Verrimpel en verweer,
Waar daar niks mee kan gebeur.

Die einde is in sig.
Want verlate is die lug.
Jy land sag op die grond,
En wag vir die hond,
Wat byt en wond.

Eensaam en alleen word jy weggewerp,
Met geen doel of herinnering,
Van die vreugde eens gebring.

Klik hier vir nog besonderhede oor die kompetisie

Lees die ander inskrywings

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top