Poësie | Poetry

 
Langsame musiek

Die gebou is gesluit. Die son dring deur die vensters
en verwarm die oppervlakke van die skryftafels
wat sterk genoeg is om die las van die menslike lot te dra.

Ons is buite vandag op die lang wye helling.
Baie mense dra donker klere. Jy kan toe oë in die son staan
en voel hoe jy stadig vorentoe gestoot word.

Ek kom te min na die water toe. Maar nou is ek hier,
tussen groot rotse met rustige rûe.
Rotse wat langsaam rugwaarts uit die golwe gestap het.

 

Deur Tomas Tranströmer uit Klanger och spår, 1966.   Vertaal deur De Waal Venter.


Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address