kykNET Portaal | kykNET Foyer

 
kykNET hoogtepunte – Januarie 2013

Liefste Kayla
Begin Dinsdag 15 Januarie om 19:30

Kayla is ’n normale twaalfjarige met groot drome en letterlik ’n lied in haar hart en in haar stem. Musiek en om te sing is haar passie en sy verken die lewe saam met haar twee beste vriende: maltrap Nadia en buurseun Dolf.  

Kayla blog gereeld met haar vriende, totdat Nadia besluit om Kayla se musiek en goeie raad wat sy gereeld uitdeel, op ’n offisiële blog te sit.  Nadia reël als vir Kayla as ’n verassing en voor Kayla haar oë kan uitvee begin die hits op haat blogtuiste klim – veral vanwee haar musiek wat hulle daarop laai.

Die hits op die blogtuiste vlieg omtrent deur die kuber ruim wanneer die groep vriende besluit om self musiekvideo’s van Kayla se musiek te skiet en te laai op die blog.  Nadia is die selfaangestelde regisseur en arme Dolf die kamerman, rekwisietemeester en dekorverwer/maker terwyl Kayla sing en almal in die proses betower.

Maar als is nie maanskyn en rose nie, veral nie na Chelsea as ’n nuwe leerling opdaag by die skool en van dag een af haar mes in het vir Kayla nie. Boonop besef Kayla baie vinnig dat alhoewel sy goeie bedoelings het, dit meeste van die tyd verkeerd uitdraai in die lewe.  Gelukkig is Pa Hennie en Ma Carla daar om haar te ondersteun en veilig te hou ... en as sy desperaat genoeg is, haar ouer boetie Zander.  En as dit nie werk nie is daar altyd haar eksentrieke Oupa Frank...

KAYLA VENTER – 12 JAAR (gespeel deur Kayla Gouws)
Kayla is die reeks se hoofkarakter.  Sy is slim, spontaan en baie talentvol.  Haar passie in die lewe is haar liefde vir musiek en om te sing.  Sy is dapper en het ’n hart van goud.  Haar familie is haar kern en die hand wat haar vashou deur al die lesse wat die lewe na haar kant toe gooi.

NADIA LE ROUX – 12 JAAR (gespeel deur Carla van der Merwe)
Nadia is Kayla se beste vriendin.  Sy probeer haar bes om soos Paris Hilton te wees maar kry dit net-net nie reg nie.  Sy is loskop en verstrooid – op ’n goeie manier, en ondersteun Kayla in als wat sy doen. 

DOLF (RUDOLPH) BOTHA – 12 JAAR (gespeel deur Correa Laubscher)
Dolf is die Venter-gesin se mollige buurseun, hy en Kayla het basies saam groot geword. Sy droom is om ’n ‘rapper’ te word en hy trek ook soos een aan.  Hy is groot op ‘beat boxing’ en is die grapjas in die klas.  Kayla, Dolf en Nadia is mekaar se beste vriende en die drie is baie lojaal jeens mekaar.

CHELSEA VISSER – 12 JAAR (gespeel deur Lara de Bruijn)
Chelsea is die reeks se anatagonis.  Sy en haar ouers het pas teruggekeer vanaf Amerika so als wat sy sê, doen, en aanhet is koeler as die res van die kinders.  Sy is uiters manipulerend en het van dag een af haar mes in vir Kayla.

ZANDER VENTER – 16 JAAR (gespeel deur Vilje Maritz)
Zander is Kayla se ouer broer. Hy blink uit in sport maar akademie is definitief nie sy grootste passie nie.  Hy is aantreklik en die koelste ou in Graad 10, al besef hy dit nie. Hy speel in die kerk se ‘worship band’ en deel sy suster se passie vir musiek.

HENNIE VENTER – VEERTIGS (gespeel deur Louw Venter)
Hennie is Kayla se pa en ook die nuwe skoolhoof van die privaatskool waarin beide Kayla en Zander is (hoër- en laerskool gemeng).  Hennie is die rots en patriarg in die gesin.  Alhoewel hy ’n ferm ouer is het hy tog ’n droë sin vir humor en sy kinders is mal oor hom.

MONJA VENTER – 39 (gespeel deur Franci Swanepoel)
Carla is Kayla se ma en ’n tuisteskepper.  Sy was ’n opkomende Afrikaanse sangeres en het net van die kollig af weggeloop om Hennie se loopbaan te ondersteun en kinders te hê. Ten spyte hiervan is sy genoeë met haar lewe as ouer en deeltydse klavier-onderwyseres. Sy is die hart van van die Venter-huishouding. Sy is mal oor scrapbooking en is baie kreatief.

OUPA FRANK – IN SY SESTIGERS (Neels Coetzee)
Oupa Frank is Hennie se Pa en dus die gesin se Oupa.  Hy bly saam met hulle en is soos ’n derde kind in die huis.  Hy is wonderlik eksentriek en het omtrent elke episode ’n nuwe verregaande stokperdjie. 
  
TJOPPER – 16 JAAR OUD (gespeel deur Merlin Balie)
Tjopper is Zander se beste vriend.  Hy is bruin en saam met Zander op skool.  Hy is ’n totale karakter en is soos ’n ekstra familielid in die Venter-huishouding.   Hy en Zander is basies mekaar se skaduwees. Beste manier om hom te beskryf is ‘Kramer’ van Seinfeld. Waar Kramer by deure inkom, spring Tjopper altyd oor die Venter’s se tuinmuurtjie ...

JUF. PAPENFUS – 25 JAAR OUD (gespeel deur Elizna Vermeulen)
Juf. Papenfus is Kayla, Nadia, Dolf en Chelsea se skooljuffrou.  Die kinders is mal oor haar veral vanweë haar eksentrieke manier van skool gee.  Sy is liefdevol, ferm en altyd vol wysheid.
           
Ons stel bekend – Kayla Gouws as Kayla Venter

Kayla se blou ogies trek toe op skrefies as sy lekker lag en lag is iets wat sy gereeld en goed kan doen  – ’n vrolike mensie wat hou van geselskap en kuier en lag – baie hegte familiebande en ’n gelukkige gesinslid.  Sy is baie pligsgetrou en gewild onder haar maats – sy is tans in graad 7 en dien op die leerlingraad by Universitas Primêr waar sy tot die einde van die jaar sal skoolgaan en dus haar Laerskool loopbaan sal voltooi.

Kayla het in Gr 1 in die skoolkoor begin sing tot in Gr 4 – maar toe sy 8 jaar oud was het sy by die Phillip Kotze Sangskool begin sanglesse neem.  Sy het binne die eerste jaar die Top 18 lys behaal van 350 studente – sy was die jongste sangstudent wat ooit op daardie ouderdom die top 18 in die Sangskool behaal het.  Phillip Kotze se heel eerste woorde wat hy op haar oudisie terugvoer geskryf het was die woorde “potensiële ster” en hy was verras met die aanvoeling en tegnieke wat Kayla van nature het en wat veral nodig is om dit in die vermaaklikheidsbedryf te kan maak.  In haar 2e jaar as student in die Sangskool het Phillip persoonlik opgetree as haar “vocal coach” en Kayla het in daardie jaar uitgeblink onder die top 4 studente in die Sangskool.  Sy was toe 10 jaar oud. 

Kayla het ’n ongelooflike aanvoeling vir musiek en wat baie keer verras is die tempo waarteen sy nuwe musiek en lirieke aanleer.  Sy het van vroeg af haar skryftalent ontdek en het reeds haar eerste lied geskryf toe sy 9 jaar oud was.  Sy is regdeur die dag besig om deuntjies te neurie en geniet dit om haar eie musiek te skryf en te maak.

Episode 1
15 Januarie
Kies wie jy wil wees
Dis die begin van die skool kwartaal. Nadia is opgetof en reg om die eerste dag van skool aan te vat in haar modieuse uitrusting. Sy gee vir Kayla moderaad... raad waaroor haar pa later stem dikmaak. Pa, Hennie is op sy senuwees oor sy eerste dag as skoolhoof by Kayla se skool. Zander en Tjopper beplan skelm om, in plaas van om skool toe te gaan, by die huis te bly en rugby te kyk terwyl Monja by haar scrapbooking klas is. Kayla se mode-probleme duik weer op wanneer ’n nuwe leerling voorgestel is, Chelsea Houghaardt. Sy het pas van Amerika af getrek saam met haar platebaas pa, en het ’n houding wat dadelik vir Nadia afsit… vir goeie redes.

Episode 2
22 Januarie
Chelsea stel vir Nadia in die verleentheid met ’n onvleiende foto op facebook en nadat Kayla vir Nadia uitstekende raad gee, skep Nadia vir Kayla ’n “blog” waar sy vir ander kinders ook raad kan gee. Kayla, Nadia en Dolf maak hulle eerste musiekvideo van een van Kayla se liedjies. Later laai Nadia dit op die “blog” en hulle wag in spanning om te sien wat die reaksie gaan wees. Terwyl Oupa Frank, Zander en Tjopper televisie kyk, besef Oupa Frank hy is dieselfde ouderdom as Mick Jagger. Hy besluit meteens dat Mick Jagger sy nuwe held is. Met dit begin Oupa Frank aantrek soos Mick Jagger en leer homself kitaar speel, terwyl Tjopper en Zander hom leer om homself soos ’n “rockstar” te gedra. Met Oupa se eskapades ontmoet ons die Venters se konserwatiewe buurvrou, tannie Ansie.

Episode 3
29 Januarie
Oupa Frank hou homself besig met pogings om ’n wêreldrekord op te stel. Zander en Tjopper probeer ook ’n rekord breek deur dieselfde DVD vir ure aaneen te kyk, maar hulle vergeet van een baie belangrike element. Kayla kry ’n ongelooflike reaksie op haar “blog”… dit maak natuurlik vir Chelsea baie jaloers. By die skool, daag sy vir Kayla uit in ’n netbalkompetisie. Kayla aanvaar en Nadia en Dolf begin dadelik werk aan haar “Rocky” oefenskedule. Ten spyte van Kayla se harde werk, wen Chelsea die stryd. Met dit besef en aanvaar Kayla dat ’n mens nie in alles kan uitblink nie.

Reis na Gister
Begin Vrydag 4 Januarie om 19:30

Episode 1
4 Januarie
Lizz Meiring:
Lizz Meiring is nie net een van Suid-Afrika se mees geliefde aktrises nie, sy is ook een van die mees hard werkende én veelsydigste. In die eerste episode van Reis Na Gister, neem sy vir Jak de Priester terug na die Jakarandastad, waar sy grootgeword het.

Episode 2
11 Januarie
Emo Adams:
Die Reis Na Gister span kuier hierdie week in die Kaap.  Emo Adams maak sy hart oop en gaan wys vir Jak de Priester waar alles vir hom kleintyd begin het, as jong tjokkertjie in Mitchells Plain.

Episode 3
18 Januarie
Ruda Landman:
Die bekroonde joernalis en TV-persoonlikheid, Ruda Landman, stof hierdie week haar ou foto albums af vir Reis Na Gister.  Sy gaan wys ook vir Jak de Priester hoe lyk dit op Hartswater en Keimoes,in die Noord-Kaap, waar sy grootgeword het.

Episode 4
25 Januarie
Mathys Roets:
Mathys Roets is steeds ’n Vrystater in murg en been, al woon hy reeds etlike jare in Pretoria.  Jak de Priester en Die Reis Na Gister span neem hom terug na die pragtige dorpie, Reitz, en hy wys vir ons die plekke van sy jeug!

Glam Guru
Begin Vrydag 4 Januarie om 18:00

Episode 117
4 Januarie
Biker Sjiek
Dame, is jy gek na karre en motorfietse? Maar smag jy ook daarna om so nou en dan die glans meisie daar diep in jou binneste af te stof? Wel, vanaand gaan Hannon jou wys hoe. Ja, ons Glam Guru is terug op die kassie om jou voorkoms flaters te verbloem en jou mooiste mooi uit te bring met sy indrukwekkende transformasies!
Episode 118
11 Januarie
Viking Rooikoppe
Vandag raak Hannon liries oor rooi. Veral oor rooikoppe en hulle unieke mooimaakdilemmas. Hy gee vir Annelize en Ann Mari ’n nuwe voorkoms en daarby wonderlike wenke, om as natuurlike rooikoppe, ’n asemrowende voorkomsstelling te maak.

Groen
Begin Sondag 13 Januarie om 19:30

Vir die maand van Januarie besoek Groen “Berge”

Episode 313
13 Januarie
Berge: Die Sederberge.
Vir meer as 80 000 jaar woon die mens al in die Sederberge. Wat maak die gebied so spesiaal dat mens en dier dit al vir so ’n lang tyd bewoon?  Dave kyk na interessante plante – baie van hulle wat die mens al vir jare gebruik uit die veld, maar kyk ook na die skaars Bontebok, Bergkwagga en ander interessante diere in die omgewing.

Episode 314
20 Januarie
Berge: Die Waterberge.
Die Waterberge in Limpopo is 'n ikoniese en alleenstaande berg wat nie deel vorm van 'n ander bergreeks nie. Juis dit het gelei tot die ontstaan van besonderse ekosisteme – Dave besoek Entabeni en verken die berg.

Episode 315
27 Januarie
Berge: Die Drakensberg.
Die Drakensberg is Suid Afrika se waterskeiding en ook vername water opvangsgebied.  Dit domineer die landskap in Kwazulu-Natal en in die Vrystaat en Lesotho in.  Dave verken die imposante berg se plante en diere en die verbintenis wat dit het met die Sederberge.

 

DeKat TV
Sondae om 18:00

Episode 37
6 Januarie
Aleit onthaal saam met sjef Plantjie. Gerard kuier by ’n Whiskeyproegeleentheid. Ons vier die kuns van horlosies, saam met Mont Blanc en Pieter maak ’n draai by die Witskunsmuseum. Sjef Chantel berei ’n heerlike dis voor met rooi soet rissies.

Episode 38
13 Januarie
Aleit beleef styl vanauit ’n ander wêreld, met sy besoek aan Merchants on Long. Ons kuier by ’n brandewyn-en-kos-funksie. Gerard maak ’n draai by beeldhouer Willem Strydom, DEKAT-klublede en kliënte kook saam by die Siemens Kookskool in Bryanston en Sjef Chantel maak sjampanje.

Episode 39
20 Januarie
DEKATv neem ’n terugblik op die hoogtepunte van die reeks se programme.

Rian
Donderdae om 21:30

Episode 225
3 Januarie
Jacques Pauw
Een van die bekendste van Suid-Afrika se ondersoekende joernaliste, is Jacques Pauw. Hy het hier en elders in Afrika, al skandes oopgekrap wat skelms dog hulle kon goed wegsteek. Vir sy joernalistiek het Jacques al van die top nuusman-toekennings verower en vir sy boeke wat wentel rondom sy joernalistieke werk, wen hy net soveel erkenning. Jacques Pauw gesels met Rian van Heerden in Rian.
Kwêla
Woensdae om 19:30

Episode 651
2 Januarie 2013  
Toe  Niel en Laurika de Bois hul eerste seekos restaurant tussen Groot Brak en Klein Brak oopgemaak het kon hulle net droom dat dit ’n weghol sukses sou wees.  Vandag is de Vette Mossel super gewild en spog met ’n 9-gang maaltyd wat bestaan uit 16 disse, wat omtrent 3 ure duur, so tussen die gange kan jy sommer ook in die branders gaan baljaar. “n Splinternuwe De Vette Mossel het ook onlangs in Hartebeespoort oopgemaak.
Sterling EQ kom vrolik die nuwe jaar op met hul musiek.  
Kim Engelbrecht het lank die rol van die joernalis Lollie in die sepie Isidingo vertolk. Nou sprei sy haar vlerke en hoop om haar deurbraak in New York te maak. Maar voor die einde van die jaar sal sy ’n paar episodes in SuperRugby te sien wees. Kim kom kuier in die ateljee.

Episode 652
9 Januarie 2013  
Met die binnelandse skole wat vandag begin, skop Kwêla af met ’n storie van ’n skool wat binne ’n jaar grootskaalse omwenteling ondergaan het. In 2011 het Imizami Yethu die laagste slaagsyfer in die Suid-Kaap gehad. Die Skoolhoof het ’n omkeerstrategie opgestel en in 2012 het die ATKV se sterskooltoekenning aan die skool gegaan. Shemane het by die skool gaan inloer.
Die komediant en akteur Louw Venter kom kuier in die ateljee, asook die 2009 Idols mede-wenner Sasha-Lee Davids en haar ewe musikale broer, Laurenzo.
Jan Isaacs, aka Boeta Gammie, van Calvinia is ’n man van vele talente. Of dit nou is as bestuurder van die lykswa, verkeerskonstabel, omroeper of sanger. Ons het hom gaan opsoek  waar hy op die kitaar tokkel.   
Ons gaan kyk na Bernard du Plessis se kosbare skat van Anglo-Boereoorlog korrespondensie en dokumentasie.
  
Fiesta
Maandae 19:30

Episode 494
7 Januarie
Fiesta Hoogtepunte
Verlede jaar het Fiesta weer die land vol gereis, by ’n groot klomp bekende plekke gaan draai, heelwat plekke vir die heel eerste keer besoek, interessante mense ontmoet en allerlei feeshoogtepunte beleef. Vandeesweek bring Fiesta ’n keur van hierdie hoogtepunte aan ons kykers.

Episode 495
14 Januarie 2013
Kalahari Kuierfees
Die Kalahari Kuierfees is nou al ’n instelling vir die mense van die Noord-Kaap en vandeesweek kom kuier Fiesta in Upington by hul jaarlikse fees. Hierdie deel van die wêreld het sy eie bekoring en die mense uit hierdie geweste het baie om te sê hoekom dit so ’n spesiale plek is. Feesaktiwiteite sluit ’n bergfietswedren, ’n sterkmankompetisie, armdruk-kompetisie, hengel op die oewers van die Oranjereivier, rolbal, kosdemonstrasies en natuurlik heerlike musiek in. Gerrie Pretorius is vandeesweek ons gas-aanbieder.

Episode 496
21 Januarie 2013
Namaquafees
Vredendal speel jaarliks gasheer vir die Huisgenoot Namaquafees. Hierdie fees wat in die verlede grootliks ’n Musiekfees was, het tydens die laaste fees behoorlik uit sy nate gebars. Weereens het die room van Afrikaanse talent kom optree, maar daar was ook ’n reuse wynproe, pretloop, damesoggend en bergfietsren deur die wingerde aangebied. Die pragtige omgewing is ook uniek aan hierdie wêreld. Fiesta en ons gas-aanbieder, Ricus Nel, het kom saamkuier.

Episode 497
28 Januarie 2013
Boertjie Kontreifees:
Die Boertjie Kontreifees is ’n jaarlikse instelling vir die mense van Bultfontein en vanjaar was Fiesta ook so gelukkig om te kon saamkuier. Hierdie fees bied iets vir die hele gesin en daar was hope vermaak wat selfs Volkspele, ’n Perdeskou en die Boer-Windhondkampioenskappe ingesluit het. Sangers soos MoniQue, DJ Ossewa, Emo Adams en Snotkop het ook kom saamkuier. Snotkop is hierdie week ons gas-aanbieder.

’n Lewe Met…
Dinsdae 20:00

Episode 38
1 Januarie 2013 
’n Lewe Met Vetsug
In hierdie aflewering van “’n Lewe Met...” vertel twee mans van die vernedering en gevoel van minderwaardigheid wat hulle beleef het as gevolg van hulle vetsug. Johan Meyer het in sy stryd om sy gewig onder beheer te bring oorgehel na die ander kant van die pendelum en bulimia ontwikkel. Pieter Tredoux het ’n ingrypende roete gekies en het ’n bariatiese operasie ondergaan waartydens sy maag kleiner gemaak is en ’n stuk van sy dikderm verwyder is. Vandag het albei mans hulle gewig onder beheer en is hulle lewens aansienlik ryker.
Opsomming van Onderwerp:
Vetsug word gedefinieer as die uitermatige stoor van liggaamsvet in die liggaam wat veroorsaak word deur die inname van meer kalorieë as wat die liggaam kan gebruik. Hierdie oormaat word dan gestoor as vet of vetweefsel. Oorgewig is nie noodwendig vetsug nie; vetsug is as mens se liggaamsgewig jou ideale gewig met 20% of meer oorskry. Vetsug is 'n groot gesondheidsrisiko omdat dit die voorloper van baie siektes en versteurings soos suikersiekte (diabetes), hipertensie, beroertes en hartaanvalle kan wees. In die samelewing dra vetsug 'n vernietigende stigma saam. Daar word dikwels gediskrimineer teenoor mense wat aan vetsug ly. Baie mense wat aan vetsug ly, ly ook aan 'n minderwaardigheidskompleks.

Episode 39
8 Januarie 2013 
’n Lewe Met… Beste van Seisoen 3
In hierdie, laaste aflewering van “’n Lewe Met...” word die hoogtepunte van die derde reeks uitgesaai.

Kriminele Meesterbrein
Dinsdae om 21:00

Episode 21
1 Januarie 2013
Vlees en Bloed: Die Riaz Kadwa Storie.
Welbekende plastiese chirurg, Dr Anwar Kadwa en sy vrou, Munirah, is in 2005 bloeddorstig vermoor in hul woning in Crown Gardens, Johannesburg. Hul seun, Riaz en sy vrou, Nabeela, tesame met sy suster Nabila, was almal tuis gedurende die moord. Tydens ondervraging het Riaz Kadwa vertel dat inbrekers die huis ingedring het en beide sy ouers in hul slaapkamer vermoor het. Daarna het Riaz Kadwa sy weergawe oor daardie nag se gebeure, drie keer verander. Tesame met die forensiese bewyse was daar meer as genoeg om hom lewenslank agter tralies toe te sluit vir die moord op sy ouers.

Episode 22
8 Januarie 2013
Verlore Onskuld: Die Fanwell Khumalo Storie
Fanwell Khumalo, ’n man van vele maskers. Bedags het hy in die strate van Hillbrow rondgesluip opsoek na weerlose jong meisies om seksueel te mishandel. Snags sou hy ’n storm opkook as ’n hoë-profiel kok vir sterre en bekendes. Ons ondersoek die storie van hierdie berugte reeksverkragter; die talle meisies wat hy misbruik het en die gebeure wat gelei het tot sy arrestasie op die 7de Mei, 2001.

Episode 23
15 Januarie 2013
’n Tyd van Verskrikking: Die Suikerriet-Reeksmoordenaar DEEL 1
Die derde reeksmoordenaar wat die Kwazulu-Natal Streek geteister het in die laaste 10 jaar; die enigste een wat ooit opgespoor is. Ons delf dieper agter die storie  van hierdie grusame moordenaar; hoe hy ’n totaal van 13 vroue in die suikerrietvelde ingelok het, gevolglik hulle vermoor en hul liggame agtergelaat het om te vergaan. Ons kyk ook na die uitstekende polisiewerk wat gedoen is met hierdie saak en wat daartoe gelei het dat die skuldige binne een maand na die ontdekking van die eerste liggaam, vasgetrek is.

Episode 24
22 Januarie 2013
Soete Geregtigheid: Die Suikerriet-Reeksmoordenaar DEEL 2
In hierdie episode grawe ons dieper in die psige van ’n brutale en sadistiese mensejagter wat onskuldige, jong vroue na hul dood gelok het met ’n belofte van ’n beter lewe. Ons kyk ook na wat benodig was om ’n skuldigbevinding te verseker en vind uit wat geregtigheid beteken vir hul naasbestaandes.

Episode 25
29 Januarie 2013
Die Hoogste Sonde: Die Vader Lionel Sham Storie
Vader Lionel Sham was die priester van die Mohlakeng parogie. Hy was beskou as ’n mentor vir baie en was ook werksaam by Boys Town. Op die 6de Maart, 2009, is Vader Sham op ’n geweldadige wyse vermoor. Ons volg die storie.

Ouverture

6 Januarie
Wiener Blut
Die geniale komponis, Johann Strauss jnr.  – die Walskoning  -  het wêreldroem aan die Weense wals besorg. Hy het ook ’n reuse bydrae tot die skep van oorspronlike operettes gemaak.   Wienerblut was sy laaste werk. Dit was onvoltooid toe hy dood is en is deur Adolf Müller voltooi. Danksy Müller se briljante verwerkings  word die operette vandag aanvaar as ’n volwaardige skepping van 29 van Johann Strauss jnr. In hierdie weergawe is die soliste Ingeborg Hallstein en René Kollo. Die Kurt Graunke Orkes word gedirigeer deur Anton Paulik.

13 Januarie
World Orchestra for Peace by die Abu Dhabi Fees
Die konsert, onder leiding van Valery Gergiev, sluit musiek in van Prokofiev en Tchaikovsky. Gergiev is die hoof van St. Petersburg se Mariinsky Teater en hoofdirigent van die Londense Simfonie-orkes. Die Vredesorkes, wat in 1995 deur Sir Georg Solti begin is, sluit die beste musici uit die beste orkeste in die wêreld in, en het ten doel om aan die wêreld te wys dat musiek unieke krag het as ambassadeur van vrede.

20 Januarie
De Falla:  La Vida Breve
Manuel de Falla se kort opera is waarskynlik die grootste opera in die hele Spaanse repertoire. Die koor en orkes van die Valencia Operageselskap word gelei deur Lorin Maazel. Die soliste is die Chilleense sopraan Cristina Gallardo-Domas, Jorge de Leon, Maria Luisa Gorbacho e.a.

27 Januarie
Cecilia Bartoli  – Sacrificium
Die Italiaanse mezzo-sopraan, Cecilia Bartoli, een van die suksesvolste klassieke kunstenaars van haar tyd,  is bekend vir haar passie om minder bekende werke te ontgin en te vertolk. In hierdie opname verken sy die werk van die castrati in sy volle kompleksiteit:   sy skoonheid, glans, omstredenheid en wreedheid.

Stroom-Op
Maandae om 20:30

Episode 4
7 Januarie 2013
Max du Preez
As daar een joernalis in Suid-Afrika is wat stroomop is, dan is dit Max du Preez.  In die sewentig en tagtiger jare trotseer Max die magtige propaganda masjien en sinistêre sekuriteitstelsel van die Apartheidbewind met sy uitgesproke koerant Vrye Weekblad wat week na week die vergrype van die Nasionale Party Regering oopvlek. Vandag is hy net so krities oor die korrupsie en verguising van die demokratiese ideaal deur die ANC regering.

Episode 5
14 Januarie 2013
Jakes Gerwel
Jakes Gerwel het van kindsbeen af geweet apartheid sou nie vir altyd seëvier nie.  En nie lank nie of hy sou hom ook daarvoor beywer om die val van apartheid te sien. Nie dat dit sy keuse was nie, omdat dit aan hom “opgedwing” was.  Ons kyk onder meer hoe Professor Gerwel as rektor en kanselier van die UWK die Universiteit omskep het in ’n instansie van vrye en oop denke. Ons vind meer uit oor sy werk as sekretaris van die eerste kabinet van die regering van nasionale eenheid en  daarna as die direkteur van die kantoor van staatspresident, Nelson Mandela. En gesels oor sy rol as hoof van die Rhodes Mandela-stigting wat jaarliks baie jong mense d.m.v beurse bemagtig om verder te studeer en dan so hulle kennis weer tot voordeel van Suid-Afrika aan te wend.

Episode 6
21 Januarie 2013
Jans Rautenbach
Jans Rautenbach is een van die beste en mees visionêre filmmakers wat die land ooit gehad het.  In die hart van die apartheidsjare het hy die teatergangers uitgedaag met films soos Die Kandidaat, Katrina, Jannie Totsiens en Broer Matie.    Sy stroom-op geaardheid en sy vreeslose benadering tot kontroversiële onderwerpe het soos ’n vars bries deur die filmbedryf gewaai.   Sy vermoë om ’n storie visueel en boeiend te vertel, en die kwaliteit van die produk wat hy gelewer het, het hom bo sy tydgenote laat uitstyg en verseker dat elke film wat hy gemaak het ’n meesterstuk was.

Episode 7
28 Januarie 2013
Johnathan Jansen
Die program gaan oor Prof. Johnathan Jansen van die Universiteit van die Vrystaat.  In die program is Jansen vreesloos uitgesproke oor die toekomspad wat hy vir Suid-Afrika sien.  Hy  praat oor sy eie vrese en vooroordele en die moeilike pad wat hy moes loop om deur die bastion van Afrikaner vooroordele te breek. Hy hanteer die Reitz voorval met dieselfde beginselvastheid wat hy die ANC Jeugliga en ander politieke jeuggroepe hanteer. Hy is ’n man sonder ’n skaduwee.

My Man Kan
Saterdae om 20:00

5 Januarie – Reeks eindig
Episode 13
In die laaste aflewering van My Man Kan vind ons uit waarna kyk die mans as hulle ’n aanvallige meisie sien en hoeveel pyn hulle vir hul wederhelfte sal verduur? Hierdie week ding glanspaartjies mee om die prysgeld:  Johnny en Liezl Davids, Clive Roberts en Cindy Nell Roberts, Elvis Blue en Chireze Hoogendyk plus Altus Theart en Zetske van Pletzen.

Het van Verlangekraal
Begin Vrydag 4 Januarie om 20:00

Mini-reeks met Emgee Pretorius, Schalk Jacobsz en Sally Campher as die arm maar weerbarstige dertienjarige skoolmeisie Het Heiberg.

Episode 1
4 Januarie
In episode een van die drama, Het van Verlangekraal, maak ons kennis met Het Heiberg, oudste kind van die dronkaard  Floors Heiberg.  Dit word gou duidelik dat Het ’n probleemkind is – sy baklei met die ander kinders by die skool en weier om haar aan disipline te onderwerp. Die onderhoof, meneer du Plessis, besef egter dat Het se optrede toegeskryf kan word aan haar ongunstige huislike omstandighede en wil graag die besonders intelligente  kind help.  Maar dan maak die skooltjie op Verlangekraal kennis met ’n nuwe skoolhoof, meneer Erlank, wat uit die staanspoor dit duidelik maak dat hy dinge op sy manier gaan doen.  Sy eerste botsing met Het Heiberg kom ook gou en kort daarna kry meneer du Plessis en meneer Erlank wat discipline in haar wil inslaan, ook stry.

Episode 2
11 Januarie
Die spanning tussen meneer du Plessis en Erlank is besig om op te laai.  Die twee kan nie tot ’n vergelyk kom oor hoe om Het Heiberg te hanteer nie. Meneer Erlank dink dat hy Het se stoutigheid uit haar moet slaan terwyl meneer du Plessis glo dat Het al so gewoond is aan lyfstraf dat dit geen uitwerking op haar sal het nie. Hy voel dat sy meer liefde en begrip nodig het. Intussen verbeter Het se hardkoppigheid en botsings met haar maats ook nie die situasie nie.   Het steel ’n klasmaat se pop en sê vir Erlank dat dit haar pop is.  Erlank is woedend as hy die waarheid uitvind en gee vir Het ’n geweldige loesing. Hiervoor gaan verkla Het se pa hom by die skoolraad, en ironies genoeg is dit meneer du Plessis wat tot Erlank se redding kom.

Episode 3
18 Januarie
Het Heiberg se frustrasies bereik breekpunt. Sy is glo dat almal haar haat en in ’n woede uitbarsting verwoes sy meneer du Plessis se klaskamer. Teen haar verwagting praat meneer du Plessis mooi met Het in stede daarvan om haar te straf en dit lyk of hy uiteindelik begin deurdring tot Het en positiewe reaksie begin ontlok. Erlank aan die ander kant wil Het sumier verbeteringskool toe stuur.  Du Plessis laat hom rede insien maar dan neem dinge ’n ongelukkige wending.  Een van Het se klasmaats verdrink op die plek waar sy gewoonlik was en Erlank is onwrikbaar in sy besluit om Het na ’n verbeteringskool te stuur.  Daarby sorg hy ook dat meneer du Plessis na ’n ander skool verplaas word.

Verspeelde Lente
Begin Vrydag 25 Januarie om 20:00

Verspeelde Lente is gegrond op die gelyknamige roman van Johannes van Melle. In 1984 is dit tot ’n baie suksesvolle televisiereeks verwerk met Ian Roberts en Elize Cawood in die rol van Pop le Roux en onder regie van Manie van Rensburg.

Pop le Roux is ’n baie mooi, maar betreklik onontwikkelde, boeremeisie uit ’n arm familie en die jong mans van die kontrei ding almal met mekaar mee om haar guns te wen. Die man wat sy lief het, is Manie Cronjé, maar hy is net so arm en Pop sien nie kans om verder swaar te kry nie. Sy trou met Jan Greyling, die ryk wewenaar. Geleidelik pas sy haar aan by haar nuwe lewe en word ’n goeie vrou vir Jan. Maar jare later as hy sterf en Manie ook ’n wewenaar is, bewerkstellig sy dit so dat sy weer by Manie uitkom.

Flieke
Donderdae om 20:00 

Liefling E
3 Januarie
In hierdie week se fliek gaan julle van die bekendste gesigte in die Afrikaanse musiekwêreld onder oë kry… Ou en nuwe trefferliedjies hoor wat julle harte warm gaan laat klop… en ’n bittersoet liefdesverhaal sien ontvou.  Ons wys vir julle die musiekblyspel, ‘Liefling, die movie’.  Kry solank die springmielies reg vir hierdie voelgoed-film.

Ek lief Jou P
10 Januarie
Romantiese musiekdrama.  Lisa Snyders is die bekende sanger Dirk de Jong se bemarker en agent. Sy is pragtig, het die perfekte verhouding met die media en sy en Dirk is volgens almal Suid-Afrika se perfekte glanspaartjie. Dit is tot Dirk vir Anna by die Witwater Marula waar hul albei optree ontmoet.  Danie, Dirk se halfbroer, wat nie baie goed met sy eie verhoudings vaar nie, is byderhand om vir Dirk liefdesadvies uit te deel. Die film is ’n mallemeule van wat jy het, wat jy wil hê en wat jy nodig het as dit kom by sake van die hart. Regie deur Ate de Jong. Met Kurt Darren, Kevin Leo, Christina Storm, Andre Frauenstein, Jenny Louw en Belgiese aktrise, Ilze de Vis. 2011

Getroud met Rugby – Die Movie E
17 Januarie
Die opvolg film op ons gewilde “Getroud met Rugby”-reeks.  Die film is die onvertelde storie van Reghart Venter en Fafa Beltrami wat deur die noodlot saamgegooi is nadat beide hulle paaie byster geraak het. Reghart, ’n motorwerktuigkundige van die verkeerde kant van die spoor, en Faffa, die voormalige sterspeler van die Stryders, kry vir die eerste keer in hulle lewens iets om voor te veg, en saam help hulle mekaar weer op die regte pad. 

Hanna Hoekom E
24 Januarie
Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom is 'n Afrikaanse tienerfliek wat gegrond is op Marita van der Vyfer se gelyknamige boek. Regardt van den Bergh is die regisseur. Hanna (Anneke Weidemann) het 'n ingewikkelde gesin, maar sy is bekkig, intelligent en verbeeldingryk. Anna-Mart van der Merwe speel haar verstrooide skilder-ma en Tertius Meintjies is haar gay mode-ontwerper-pa.
Hanna Hoekom is veertien, byna vyftien, en haar lewe is nie hoe sy wil hê dit moet wees nie. Haar ma, mallerige kunstenares wat sy is, het met 'n akteur met twee seuns gaan staan en trou, en nou is Hanna en haar halfboetie Tibo se reeds gekompliseerde gesinslewe nog tien maal meer gekompliseer. En asof dit nie genoeg is nie, kry haar ma nog die simpel idee dat hierdie hele groot, gelukkige gesin saam "op wittebrood" moet gaan – om mekaar beter te leer ken. Voeg by al die komplikasies hierbo 'n ou huis met 'n lekkende dak op 'n verlate berg, en al die bestanddele vir 'n eersteklas ramp is in plek.

Jakhalsdans E
31 Januarie
Die romantiese komedie, ‘Jakhalsdans’, is ’n storie oor ’n beeldskone enkelma, ’n vyfjarige kind sonder pa en ’n misterieuse kluisenaar.  Maak seker jy’s op kykNET ingeskakel vir Deon Meyer se vollengte fliek oor misverstande, musiek en die helende krag van liefde. 

Jopie Fourie P
Saterdag 5 Januarie om 21:00

Jopie Fourie is ’n televisiefilm wat die lewensverhaal vertel van die boerekryger, Jopie Fourie wat in die Anglo Boereoorlog geveg het.   In 1914 het hy hom aangesluit by die Rebellie wat teen die destydse Eerste Minister, Louis Botha, in opstand gekom het oor sy omstrede besluit om Duitswes-Afrika binne te val as deel van Brittanje se strategie teen Duitsland.  Hy is naby Rustenburg gevange geneem, voor ’n krygshof verhoor en op 20 Desember 1914 tereggestel.   Hy is die enigste deelnemer aan die Rebellie wat op hierdie wyse die hoogste prys betaal het. Regardt van den Bergh speel die rol van Jopie en Jan Scholtz was verantwoordelik vir die teks en regie.  Hulle het albei Artes-toekennings vir die film ontvang. 1979

Villa Rosa

 

Episode 1605 – Dinsdag, 1 Januarie 2013

Dis die eerste dag van 2013. Hoekom smeer Astrid ekstra heuning om haar man se mond? As Lerato haar slim hou besluit Wouter en Petrus om vir haar ’n streep te trek. Vicky vervreem almal wat toenadering soek. Sussie bevind haarself voor die vuurpeloton en Charl breek skokkende nuus aan Fritz...

Episode 1606 – Woensdag, 2 Januarie 2012

Charl en Simon se vertrek na Namibië ontlok verskillende reaksies. Marius vind uit waar Vicky is, Lerato laat Wouter en Petrus verstaan sy is klaar met die dinge van ’n kind, Anthony bieg teenoor Fran hy is moeg vir sy mediese loopbaan, Marius het vir Fritz verrassende nuus en Astrid onthul haar hartsbegeerte aan Stef. ’n Dreig SMS laat Astrid baie ook baie onrustig.

Episode 1607 – Donderdag, 3 Januarie 2013

Sussie treur oor Simon se naderende vertrek en haar vooruitsigte op moederskap. Lerato besluit om vir Petrus en Wouter ’n streep te trek wat hulle nog lank sal onthou. Dan daag Zirk op en krap Stef en Astrid se sake heeltemal deurmekaar...

Episode 1608 – Maandag, 7 Januarie 2013

Marius begin dink hy het ’n fout gemaak deur ’n groter perseel in die Mall se nuwe vleuel te huur. Vicky is terug in Bloemfontein en skynbaar oor die skok van die verbreekte verlowing. Stef raak meer en meer agterdog oor Zirk se intensies, maar Fritz is oortuig hy kom doen net sake in die stad. Ruby daag uit die bloute op. Intussen stel Zirk Astrid voor ’n ultimatum wat haar lewe ingrypend gaan verander...

Episode 1609 – Dinsdag, 8 Januarie 2013

Ruby daag by die Villa op met nuus wat beide Wouter en Fritz se wêreld skud. Zirk waarsku Astrid ’n laaste keer dat sy moet verdwyn of hy gaan haar diepste geheime aan Stef bekend maak. Is dit net ’n ydele dreigement? Vicky besluit om Marius te dagvaar vir troubreuk ten spyte van Stef se waarskuwing. Liz maak haar opwagting, maar nie almal is bly om haar te sien nie.

 

Episode 1610 – Woensdag, 9 Januarie 2013

Liz boek in by die Villa, haar teenwoordigheid lok uiteenlopende reaksies uit en sy en Zirk ontmoet van aangesig tot aangesig. Marius vind uit hoe ver Vicky se wraak strek. Ruby en Fritz kry ’n koue skouer wanneer hulle by hul kleinseun toenadering soek. Fran kwyt haar uitstekend van haar taak as die Villa se matriarg. Wouter vra Anthony se hulp. Dis Astrid se dag vir ’n paar nare verrassings. Hoe gaan sy die keer haar probleme oplos?

Episode 1611 – Donderdag, 10 Januarie 2013

Dis die dag van Astrid en Stef se vertrek op hulle wittebrood, maar Zirk het ander planne vir Astrid. Sussie vat Wouter kort oor sy nukkerige houding. Anthony deel verrassende nuus met sy familie. Astrid word gedwing om iets te doen wat haar hart breek, en Liz en Vicky het ’n hewige uitval. Stef ontvang ’n brief wat sy drome verpletter…

Episode 1612 – Maandag, 14 Januarie 2013

Stef is in sak en as oor Astrid se verdwyning. Vicky is op die oorlogspad en smee die een wraakplan na die ander om seker te maak Marius, en die mense na aan hom, dra die gevolge. ’n Geheimsinnige nuwe gas met ’n nekstut boek vir ’n paar dae by die Villa in...

Episode 1613 – Dinsdag, 15 Januarie 2013

Vicky ontstel vir Isabel met ’n wolhaarstorie oor Marius. Petrus val letterlik oor sy voete wanneer hy die nuwe meisie, Martie, ontmoet en Lerato begin haar gewig in Bakgat rondgooi wanneer sy uitvind Anthony het geld daarin gesteek. Sussie gesels sake uit met Liz, terwyl Isabel al meer by Vicky se web van verraad ingetrek word.  Plus ons vind uit wie die vrou is wat haar in Astrid se kantoor kom tuismaak…

Episode 1614 – Woensdag, 16 Januarie 2013

Vicky probeer Isabel en Stef oortuig dat Marius haar aangerand het. Sal hulle haar glo? Zirk word onkant gevang wanneer hy Hermien in Astrid se kantoor raakloop en Stef is nou oortuig daarvan dat Astrid nooit iets vir hom gevoel het nie. Wouter en Fritz se verhouding verbeter stadig maar seker.

Episode 1615 – Donderdag, 17 Januarie 2013

Fritz en Wouter sukkel om tot ’n vergelyk te kom en Lerato gooi vet op die vuur. Marius maak sy teleurstelling aan Liz duidelik. Fran het haar bedenkinge oor Hermien en druk op ’n geamuseerde Sussie se knoppie om dit te bevestig. Stef plaas druk op Vicky en Marius om hulle probleme uit te stryk. Wie gaan seëvier? Is Fran se gevoel oor Hermien in die kol en wat soek sy van Zirk?

Episode 1616 – Maandag, 21 Januarie 2013

Dis vandag die datum van oorlede Ben se verjaardag – ’n somber herdenking vir Fritz en Wouter. Marius en Vicky skik uiteindelik vir skadevergoeding. Martie veroorsaak ’n paar ongelukke. Isabel besef hoe sy deur Vicky gemanipuleer is. Hermien probeer Stef oortuig om saam met haar te staan teen Zirk en Zirk besef dat Hermien nie ’n katjie is om sonder handskoene aan te pak nie.

Episode 1617 – Dinsdag, 22 Januarie 2013

Hermien slaan haar kloue in Zirk en Stef in en sleep vlerk by Fritz tot Fran se afgryse. Vicky maak vrede by die Villa en Marius besluit om die strydbyl vir die oomblik te begrawe, maar is Vicky se bedoelings eerbaar... Veral wanneer Marius slegte nuus oor Manic Organic kry.

 

Episode 1618 – Woensdag, 23 Januarie 2013

Petrus maak gereed vir onderhoude om ekstra kelners by Bakgat aan te stel, onder Lerato se wakende oog. Intussen soek Marius en Anthony desperaat na nuwe store vir Manies Organies. Fran is bekommerd oor die feit dat Fritz en Hermien se vriendskap al hegter word en Martie vind Stef onweerstaanbaar, maar is bang haar ongeluks-streek tref hom ook... Marius en Anthony kry uiteindelik goeie nuus, min wetend dat daar nog ’n groter skok op hulle wag.

Episode 1619 – Donderdag, 24 Januarie 2013

Marius en Anthony is geskok in Vicky se gemeenheid. Petrus neem ’n besluit oor die nuwe aanstelling by Bakgat wat nie Wouter se goedkeuring wegdra nie. Isabel is bitter ontsteld wanneer sy uitvind van Vicky se agteraf gekonkel en gaan oor tot aksie. Hermien oortuig Zirk dat haar planne met die ontwikkeling goed uitgewerk is, maar Fritz wil tot Zirk ergenis nie vergeet van die bouval nie.  

Episode 1620 – Maandag, 28 Januarie 2013

Vicky lê bewusteloos met vlamme wat om haar dans. Is dit hoe sy aan haar einde gaan kom? Waarom sit Fran en Hermien nie langs dieselfde vuur nie? Isabel waarsku Liz teen die geselskap wat sy hou. Petrus sien uit na sy opleidingsessie met Bakgat se nuwe kelnerin, maar dinge verloop nie volgens plan nie. Die Villa Rosers kry ’n ’n groot skok…

Episode 1621 – Dinsdag, 29 Januarie 2013

Isabel is getraumatiseerd na die brand, maar hou ’n sterk front. Sy konfronteer ook vir Liz oor Zirk, maar Liz ontken dat daar ’n romanse in die lug is. Fran waarsku Fritz teen Hermien. ’n Brose Vicky word uit die hospitaal ontslaan en vind heenkome in die Villa. En dan besef sy met ’n skok dat Fran weet van haar geheim…

Episode 1622 – Woensdag, 30 Januarie 2013
Vicky kry swaar omdat sy almal om verskoning moet vra. Sy probeer ook haar geheim bewaar, en terselfdertyd op goeie voet kom met Marius. Almal is opgewonde om die nuwe Bakgat te sien. Hermien, Zirk en Stef probeer mekaar uitoorlê, en die jongklomp speel kat-en-muis by Bakgat. Fritz ontvang ’n geheimsinnige pakkie, wat veral Zirk se belangstelling prikkel.

Episode 1623 – Donderdag, 31 Januarie 2013

Vicky neem belangrike besluite om reg te maak waar sy verbrou het – sal dinge in haar guns draai? Hermien trek Stef al dieper in haar web in. Isabel waarsku Liz teen Zirk, maar dan moet Liz iets bieg teenoor Isabel. Martie maak al meer en meer amok... Selfs op Wouter se eerste afspraak met sy nuwe meisie...

Binneland

Dinsdag, 1 Januarie (Episode 457/1611)
Gustav rig ’n waarskuwing aan Gideon oor Charnay, en At oorspeel sy hand wanneer dit by Sonja kom. Pippa besef dat sy iets aan haar situasie sal moet doen om dit te kan verbeter, en Sonja kry ondersteuning uit ’n onverwagse oord.

Gustav warns Gideon about Charnay, and At overplays his hand when it comes to Sonja.  Pippa realises that she will have to do something about her situation, and Sonja gets support from an unexpected source.

Woensdag, 2 Januarie (Episode 458/1612)
Pippa se vakansieplanne kry die wind van voor, terwyl Sonja en Vicky verskil oor die toekoms. Jan maak ’n plan om sy vrese oor Franz te bowe te kom, en iemand se optrede jaag At die harnas in.

Pippa’s holiday plans are unsettled, while Sonja and Vicky disagree about the future. Jan makes a plan to overcome his fears regarding Franz, and someone’s behaviour is aggrevating At.

Donderdag, 3 Januarie (Episode 459/1613)
Gustav het ’n verrassing vir Pippa, en Jennifer waarsku Charnay oor die gevare van ’n kantoorromanse. Malan besef Rian weet nie van Delia se gebaar nie, en Sonja is nie gelukkig met Vicky se toekomsplanne nie.

Gustav has a surprise in store for Pippa, and Jennifer warns Charnay about the dangers of an office romance. Malan realises Rian doesn’t know about Delia’s gesture, and Sonja isnt happy with Vicky’s plans for the future.

Vrydag, 4 Januarie (Episode 460/1614)
Die liefde blom vir die jonges, terwyl Charnay Gideon se hulp van die hand wys wanneer sy die geleentheid van ’n leeftyd aangebied word. Gustav en Rian laat harde woorde val oor ’n verpleegster, en Malan praat reguit met Delia.

Love is in the air for the young ones, while Charnay doesn’t want to accept Gideon’s assistance when the chance of a lifetime is presented to her. Gustav and Rian are at loggerheads over a nurse, and Malan puts his cards on the table. 

Maandag, 7 Januarie (Episode 461/1615)
At kry inligting oor Sonja by Jan, en Sonja is oortuig Vicky is weer besig met haar streke. Charnay kry raad oor haar verhouding, en Quinton waarsku Gustav oor sy optrede teenoor Pippa. Gys en Sonja praat openhartig met mekaar.

At gets information about Sonja from Jan, and Sonja is convinced that Vicky is once again up to no good. Charnay gets advice about her relationship, and Quinton warns Gustav to step in line when it comes to Pippa. Gys and Sonja have an honest heart to heart.

Dinsdag, 8 Januarie (Episode 462/1616)
Delia en Malan konkel agteraf om iemand te help, terwyl Quinton by Daleen meer inligting wil hê oor Pippa en Gustav. Bea hoor van Gys, en Sonja het ’n boodskap vir At.

Delia and Malan conspire to help someone, while Quinton wants information from Daleen about Pippa and Gustav. Bea hears about Gys, and Sonja has a message for At.

Woensdag, 9 Januarie (Episode 463/1617)
Dis Morné se eerste dag op hoërskool en almal se senuwees is op hol. Charnay is heimlike jaloers as Franz en Gideon oor sy navorsing praat sonder haar. Gustav en Pippa sukkel steeds om uit te werk wat die ander een nodig het. At maak ’n aanbod aan Sonja wat dalk Vicky se toekoms kan red. 

It’s Morne’s first day of high school and everyone’s nervous. Charnay feels left out when Franz and Gideon discusses his research without her. Gustav and Pippa still struggles to work out what the other really needs. At makes Sonja an offer which can save Vicky’s future.

Donderdag, 10 Januarie (Episode 464/1618)
Gaan Sonja At se aanbod aanvaar sodat sy kan keer dat Vicky haar lewe weggooi? Bea vermoed die kinders word ontgroen by Morné se nuwe skool. Sal Gideon se ego in die pad staan van Charnay se vreugde oor haar navorsing?

Will Sonja accept At’s proposal in order to stop Vicky from throwing her life away? Bea suspects the children at Morné’s new school are being initiated. Will Gideon’s ego get in the way of Charnay’s celebrations?

Vrydag, 11 Januarie (Episode 465/1619)
Quinton se teorie oor Gideon se voorlegging bereik Charnay se ore. Morné se optrede maak sy ouers agterdogtig. Gys raak slaags met ’n uitsmyter by Vicky se werk. 

Quinton’s theory about Gideon’s proposal reaches Charnay’s ears. Morné’s behavior makes his parents suspicious. Gys gets into a fight with a bouncer at Vicky’s work.

Maandag, 14 Januarie (Episode 466/1620)
Louisa is geirriteerd met die hoeveelheid aandag wat Morné kry, en Quinton is bekommerd oor Gustav se optrede. Charnay se innerlike besef gaan oor tot ’n uiterlike daad. Sonja beskuldig Vicky van ’n gekonkel.

Louisa is irritated with the amount of attention that Morné is receiving, and Quinton is worried about Gustav’s behavior. Charnay’s inner-realisation motivates her to take action. Sonja accuses Vicky of manipulating a situation.  

Dinsdag, 15 Januarie (Episode 467/1621)
Morné vra Franz ’n groot guns, en Quinton en Daleen sit nie langs dieselfde vuur as dit by Gustav en Pippa se verhouding kom nie. Gys en Vicky kry stry oor Size’ems, en Morné laat die aap uit die mou.

Morné asks Franz a huge favour, and Quinton and Daleen have a disagreement about Gustav and Pippa’s relationship. Gys and Vicky are at loggerheads over Size’ems, and Morné lets the cat out of the bag.

Woensdag, 16 Januarie (Episode 468/1622)
Sonja voeg woord by die daad, terwyl Pippa onder ’n sekere indruk geplaas word deur Gustav se optrede. ’n Ma se bekommernisse hou nooit op nie, en Vicky kom tot iemand se redding.

Sonja puts her words into action, while Gustav’s behaviour makes Pippa see the situation in another light. A mother’s work is never done, and Vicky comes to someone’s rescue.    

Donderdag, 17 Januarie (Episode 469/1623)
Morné maak ’n persoonlike deurbraak by die skool: tot Bea se kommer en Jan se trots. Busi is vuur en vlam om die naweek vakansie te hou en almal lei daaronder. Malan konfronteer Delia oor haar verlede met Adler. Sonja kry nuus wat haar toekoms kan verander.  

Morné makes a personal breakthrough at school: to Bea’s concern and Jan’s elation. Busi is adamant about going on holiday and in turn every one suffers. Malan confronts Delia about her past with Adler. Sonja receives news that could change her future.

Vrydag, 18 Januarie (Episode 470/1624)
Malan is bereid om die hele N.H.S. projek vir Delia op te offer. Sonja se onderhoud by Eikehof gaan nie soos sy gehoop het nie. Busi se oog word gevang deur een van Gideon se studente.

Malan is willing to sacrifice the entire N.H.S. project for Delia. Sonja’s interview at Eikehof does not go according to plan. Busi sets her sights on one of Gideon’s students.

Maandag, 21 Januarie (Episode 471/1625)
Malan keer terug met nuus oor die NHS projek, en Vicky en Gys se liefdesreis sukkel onder omstandighede. At is ontsteld oor die beloftes wat Malan en Adler aan die Britte gemaak het.

Malan arrives home with new information about the NHS project. Vicky and Gys’s love is put to the test. At is upset about the promises Malan and Adler made to their clients in the UK.   

Dinsdag, 22 Januarie (Episode 472/1626)
Sonja is onseker of sy die taak op hande kan verrig, terwyl daar groot opwinding heers onder die verpleegsters wanneer ’n geheim uitlek. Theuns is ontstoke wanneer hy die waarheid uitvind, terwyl Gideon iemand se planne in die wiele ry.

Sonja is unsure if she is capable of performing the task as hand, while the nurses are very excited when a secret is revealed. Theuns is beside himself when he finds out the truth, while Gideon ruins someone’s plans.

Woensdag, 23 Januarie (Episode 473/1627)
Sonja weier om die buffer te wees in Vicky se lewe, en Franz voel verraai deur ’n raadslid. Die verpleegsters nomineer ’n nuwe ‘At’, en Gideon probeer veg vir vrede in die huis. Adler probeer meer geld kry, maar daar is net een probleem, en sy naam is At Koster.

Sonja refuses to be the buffer in Vicky’s life, and Franz feels betrayed by a boardmember. The nurses nominate a new ‘At’, and Gideon tries to fight for peace in the house. Adler tries to get more money, but there is only one problem – and his name is At Koster. 

Donderdag, 24 Januarie (Episode 474/1628)
Dit is die eerste dag van die NHS-projek, en die verpleegsters is nie te vinde vir Malan se veranderings nie. Charnay is bekommerd oor die moontlikheid van ’n weglooptroue, en Adler kry ’n onverwagse besoek van ’n geheimsinnige man.

It is the first day of the NHS-project, and the nurses are not happy with the changes that Malan made. Charnay is worried about a possible elopement, and Adler gets a surprise visit from a mysterious man.     

Vrydag, 25 Januarie (Episode 475/1629)
Malan neem ’n besluit wat dalk sy hele toekoms kan beïnvloed. Gideon se voorstel maak nie die lewe vir Sonja makliker nie. Busi is depressief oor haar liefdeslewe en herinner Gustav daaraan dat beloftes maak skuld. Gideon probeer Gys bewus maak van die verantwoordelikhede van volwasse besluite. 

Malan makes a decision that can influence his entire future. Gideon’s proposal doesnt make life any easier for Sonja. Busi is depressed about her love life and demands that Gustav make good on his promise. Gideon tries to make Gys aware of the responsibilities of adult decisions. 

Maandag, 28 Januarie (Episode 476/1630)
Delia is woedend oor Malan nie sy afdanking teëstaan nie. Vicky en Gys kry uiteindelik goeie nuus. Danksy Busi besef Gustav presies hoe moeilik die lewe van ’n enkellopende meisie is. Adler waarsku Delia oor At se planne vir haar toekoms. Pippa besef daar is spanning tussen Daleen en Quinton.

Delia is outraged because Malan is not fighting his dismissal. Vicky and Gys finally get good news. Thanks to Busi, Gustav realizes life as a single girl is tough. Adler warns Delia about At’s plans for the future. Pippa realizes there is tension between Daleen and Quinton.

Dinsdag, 29 Januarie (Episode 477/1631)
Busi deel ’n kosbare oomblik met die man van haar huidige drome, en Bea probeer Sonja oortuig om haar nie te veel te bekommer oor die toekoms nie. Vicky se droomaand draai anders uit, en At se besluit beindruk Franz.

Busi shares a moment with the man of her current dreams, and Bea tries to persuade Sonja not to worry about the future too much. Vicky’s dream night doesn’t go according to plan, and At’s decision impresses Franz.

Woensdag, 30 Januarie (Episode 478/1632)
Theuns is geskok in wat hy vind wanneer hy in Pretoria aanland, terwyl Quinton tot Busi se redding kom. Rian vertel vir Delia ’n geheim, en Franz maak dit duidelik aan Malan dat hy skuld het wat later gedelg sal word. Adler probeer vrede met At bewerkstellig.

Theuns is shocked in what he finds when he eventually lands up in Pretoria, while Quinton comes to Busi’s rescue. Rian tells Delia a secret, and Franz makes it very clear to Malan that he is indebted to them. Adler tries to make peace with At.  

Donderdag, 31 Januarie (Episode 479/1633)
Die spanning loop hoog wanneer Theuns en At mekaar vir die eerste keer ontmoet. Busi se lof maak geen indruk op Daleen nie, en Malan konfronteer Adler oor Delia.

The tension is palpable when Theuns and At meet each other for the first time. Busi’s praises make no impression on Daleen, and Malan confronts Adler about Delia.


Akteurs
Dr. Jennifer Adams Sandi Schultz
Dr. Charnay Adams Renate Stuurman
Dr. Franz Basson Dawid Minnaar
Dr. Gideon Basson Neels van Jaarsveld
Bea Delport Elma Postma
Suster Daleen Jonker Desiré Gardner
Gustav Kemp Stefan Ludik
Dr. At Koster Hans Strydom
Malan Koster Paul du Toit
Dr. Quinton Meyer Ramey Short
Sonja Mostert Hanli Rolfes
Delia Richter Odelle de Wet
Suster Pippa Venter Nadia Valvekens

Gasspelers
Ronel Arendse Merveline Ferris
Busi KhumaloPhilicity Reeken 
Coen Drikus Volschenk
Ilze Delport Hannelie Warren
Naomi Ferreira Je-ani Swiegelaar
Jan Gericke Neels Clasen
Louisa Gericke Helena van Urk
Morné Gericke Ruan Wessels
Rian Malherbe Erik Holm
Theuns Mostert David Rees

Liriekeraai
Herhaling van reeks begin Saterdag 12 Januarie om 19:30

Episode 117
12 Januarie
Ons kyk weer na prettige episodes van die gewilde musiekspeletjies-program met Soli Philander as aanbieder en  Pedro en Celeste as die twee jollie spanleiers. Die gaste wat vanaand saam lirieke raai is:  Lize Beekman, Valiant Swart, Kurt Darren en Blackie Swart.

Episode 118
19 Januarie
Ons kyk weer na prettige episodes van die gewilde musiekspeletjies-program met Soli Philander as aanbieder en  Pedro en Celeste as die twee jollie spanleiers. Die gaste wat vanaand saam lirieke raai is:  Nadine, Rocco de Villiers, Nianell en Marc Lottering.

Episode 119
26 Januarie
Ons kyk weer na prettige episodes van die gewilde musiekspeletjies-program met Soli Philander as aanbieder en  Pedro en Celeste as die twee jollie spanleiers. Die gaste wat vanaand saam lirieke raai is: Harry en Tony Campbell, Francois Toerien en Nicole Holm.

Kwêla Funnies
Woensdae om 20:30

Episode 7
2 Januarie
Kinders kom altyd met die snaakste sêgoed vorendag – of hulle nou bid, stories vertel of leer praat.  ’n Paar bekkige kinders kom eerste aan die beurt in die sewende aflewering van Kwêla Funnies. Daar kom ook ’n paar katjies van die baan aan die beurt, sowel as volwassenes wat in hulle poging om aan sport deel te neem, groot sports tot gevolg het.

Episode 8
9 Januarie
Die donkie is ’n wonderlike ding – dis nou totdat hy begin dwarstrek en vir ’n perd moet ’n mens ook maar ligloop.  Hierdie vierpotiges kom aan die beurt in episode agt van Kwêla Funnies.   Ons kyk ook na ’n paar volwassenes wat ’n paar minder slim planne beraam en kinders wat oulike dinge aanvang.

Episode 9
16 Januarie
In episode van nege van Kwêla Funnies val die kollig op kinders se onderonsies met diere, bobbejane se manewales, en in verskeidenheid troeteldiere.  So sluit gerus weer by Pieter Koen aan vir ’n goeie dosis van die beste medisyne. 

Episode 10
23 Januarie
In episode tien van Kwêla Funnies kom voëls van verskillende vere aan die beurt – veral daardie vreemde geveerde, die volstruis.  Ons kyk ook na ’n paar van die oulikste etende en laggende kinders en ’n verskeidenheid volwassenes wat snaaks probeer wees, dikwels ten koste van hulleself.

Episode 11
30 Januarie
Die spreekwoord lui,  ’n hond is ’n mens se beste vriend.  Hy hou jou geselskap, praat nie terug nie en laat jou dikwels lank en lekker lag.  In die elfde aflewering van Kwêla Funnies val die kollig op ’n paar van hierdie vierpotige vriende.  Daar is ook ’n paar kinders wat die skrik op die lyf gejaag word en ’n verskeidenheid diere wat vreemde en oulike dinge aanvang op die spyskaat.

Fees van die Ongenooides
Begin Dinsdag 15 Januarie om 20:00

Die dramaties mini-reeks “Fees van die Ongenooides” maak hierdie maand ’n buiging op kykNET. Die reeks uit die pen van die meester in die vertelkuns, PG du Plessis is oorspronklik in Engels vervaardig deur Sonneblom Films vir M-Net.  Nou bring kykNET PG du Plessis se omvangryke roman na lewe vir die Afrikaanse publiek met ’n vertaalde weergawe van “Feast of the Uninvited”.  Storieverteller Katinka Heyns het die regie behartig en stemwerk vir die Afrikaanse reeks is deur die oorspronklike A-lys akteurs onder meer Jana Cilliers, Marius Weyers, Anna-Mart van der Merwe, Cobus Rossouw, Louis van Niekerk, Albert Maritz and Neil Sandilands gedoen.

Episode 1
15 Januarie
Die agtergrond vir hierdie periode drama oor liefde, trou en veraad is die Anglo Boereoorlog. In episode 1 ontmoet ons die Van Wyks en die Minters van die plaas, Goedgedacht. Die Anglo Boere oorlog breek uit en die mans vertrek. Die slag van Magersfontein  11 Desember 1899 en die van Driefontein 1900. Daantjie wys sy kleure en Petrus se droom word bewaarheid.

Episode 2
22 Januarie
Die raaisel van Daantjie Van Wyk se verdwyning verdiep. Die mans vertrek weer na die front. ’n Onverwagte besoeker oorval Magrieta een nag in haar bed. Die plase word afgebrand en Martie vlug met haar kind. Die eerste ontmoeting tussen Kaptein Brooks en die beeldskone Magrieta vind plaas.

Episode 3
29 Januarie
In ’n poging om die familieplaas Goedgedacht te red, nooi die van Wyk vroue kaptein  Phillip Brooks  na ’n feesmaal op die plaas. Hul grootste vrees word bewaarheid en die plaas word soos baie ander, afgebrand. Daantjie “staan op uit die dood”. Martie se kind Driena, sterf soos duisend ander.

Kom ons Karaoke
Heruitsending van reeks begin Saterdag 12 Januarie om 20:30

Episode 1 (1/5) Ateljeeprogram begin
12 Januarie
Kom Ons Karaoke is ’n pret musiekspeletjiesprogram vir jonk en oud om mense weer te herhinner aan hoe lekker dit is om karaoke te sing. Drie spanne van drie mense elk gaan teen mekaar kompeteer en in verskillende sangspeletjies deelneem om mee te ding vir die finale prys van ’n opwindende bootreis, en natuurlik om as Suid Afrika se Karaoke Kampioene gekroon te word! Jannie Moolman is die aanbieder met Janine Neethling op die klawers. R.I.C van Port Elizabeth, Addicted van Krugersdorp en Barlou van die Magaliesberge kom wys ons wie gaan die Karaoke kampioene wees van die eerste ateljeeprogram wees.

Episode 2 (2/6)  
19 Januarie
Kom Ons Karaoke is ’n pret musiekspeletjiesprogram vir jonk en oud om mense weer te herhinner aan hoe lekker dit is om karaoke te sing.  Drie spanne van drie mense elk gaan teen mekaar kompeteer en in verskillende sangspeletjies deelneem om mee te ding vir die finale prys van ’n opwindende bootreis, en natuurlik om as Suid Afrika se Karaoke Kampioene gekroon te word! Jannie Moolman is die aanbieder met Janine Neethling op die klawers.
Hoe gaan die manne vanaand vaar? Vanaand se episode is dit net die manne wat dinge kom uit karaoke. Wie gaan ons kampioen wees? Is dit Inspirasie van die Kaap? Die manne van Vintage? Of is dit 3’s A Crowd wat deur gaan na die semi-finale?

Episode 3 (3/7)
26 Januarie
Wie gaan Encore skree vanaand of gaan die manne van Fisgraad (met ’n F ja) van Bloemfontein wys dat mense van Bloem ook kan karaoke? Maar moenie vergeet van Jinx nie, een van ons jongste spanne in die reeks. Hulle wys vanaand vir ons dat hulle nie skrik vir die ouer garde nie.

Molly en Wors II
Herhaling van reeks begin Maandag 7 Januarie om 20:00

Episode 27
7 Januarie

DIE LIEFDES-DRIEHOEK

Die Visagie gesin se senuwees is almal gedaan, want Blapsie moet vir 'n onderhoud by die Polly- Ann School of Beauty gaan, wat gaan bepaal of sy 'n grimerings kursus sal kan doen of nie. Blapsie, oor ge-grimeer en effens naar, is die senuagtigste van almal. In plaas daarvan dat Wors en Vaatjie haar moreel ondersteun, praat hulle net oor hulle eie werksonderhoude en ondervindinge. Gelukkig slaag Blapsie die onderhoud met vlieënde vaandels en eers Theunis en dan Hardus daag met blomme en sjokelade by haar op, om haar geluk te wens. Toe takel hulle mekaar. Molly jaag die twee daar weg en Wors moet haar kalmeer. Verhoudings vererger nog verder as Blapsie en Hardus dinge wil uitpraat, maar die pratery in ’n gefoefel ontaard. Ten aanskoue van Molly en Theunis.

Episode 28
14 Januarie

AGTERDOGTIGE GEDAGTES 

Vaatjie doen navorsing op die internet vir sy Franse Vis disse taak, maar Molly vermoed hy kyk na vieslike films. Wors is in 'n depressie omdat 'n Hollander, Kees van Kuiken, wat na hom by die firma begin werk het, voor hom bevordering gekry het. Molly voel self afgeskeep omdat Wors haar maande laas uitgeneem het vir ete. Al wanneer sy blomme of sjokelade kry is wanneer Wors in die dogbox is. Molly sien toevallig 'n sms boodskap op Wors se selfoon wat hy vir 'n ander vrou gestuur het raak, en maak dadelik die verkeerde afleidings. Blapsie voel sy is nou oud genoeg om die huweliksprobleme wat dalk tussen Molly en Wors mag bestaan, op te los. Dit onstel net vir Molly meer. Sy konfronteer vir Wors voor sy kinders en nie alleen is die boodskap nie aan 'n vrou gerig nie, maar die pomp waarna Wors verwys, is inderdaad die swembad sin.

Episode 29
21 Januarie

BLAPSIE SE BLAPSIE

Vaatjie kom soos gewoonlik laat vir ontbyt en Molly, oudergewoonte trap hom uit. Blapsie voel sy moet ook bydra, en vertel haar ma van skurwe webtuistes wat Vaatjie na middernag besoek. Wors steur hom maar min aan wat om die tafel aangaan want hy is besig met diep politieke denke. Wanneer Blapsie haarself verskoon omdat sy iewat naar voel, merk Molly onraad. Sy konfronteer Blapsie oor die naar voel storie en besluit om vir die wis en onwis Blapsie na Dokter Nel te neem en haar te laat toets. Ongelukkig vir Molly kom Wors se ma, Ella daarvan te hore en besluit om in te gryp. Sy ontbied Dominee en 'n ouderling wat die Visagies moet besoek om hulle as 'n gesin te beredder. Molly besluit om die bul by die horings te pak en kry vir Blapsie en Theunis voor stok. Blapsie se toets is negatief en Theunis is so bang vir Molly en veral vir Wors dat hy so gou as wat hy kan die pad vat. Wors voel Molly oorreageer. Blapsie hou vol sy is nie meer op skool nie en Vaatjie besoek steeds skurwe webwerwe na middernag.    

Episode 30
28 Januarie
Dis Blapsie se eerste dag by die Poly-Ann School of beauty en sy is baie senuweeagtig. Worsie kla oudergewoonte hoe duur haar en Vaatjie se kursusse hom kos. Vaatjie spot Blapsie oor haar uniform – hy meen dit lyk ‘terterig’ en dit maak haar selfs nog meer senuweeagtig! Wors lig Molly in dat hy nie vir aandete by die huis gaan wees nie – hy en die ouens by die werk word uitgevat na ’n deftige restaurant, omdat hoofkantoor baie tevrede is met hulle werk. Wors voeg so terloops by dat die ete ook is om die nuwe bemarkingsbestuurder persoonlik en op ’n sosiale manier voor te stel. Molly raak agterdogtig toe Wors nie die persoon se naam wil noem nie. En ook met goeie reg – dis immers ’n vrou, ene Vermeulen... Madeliefie Vermeulen...

Dis Hoe Dit Is
Heruitsendings uit vorige reeks Vrydag 4 Januarie om 21:00

Episode 175
4 Januarie
Verf ’n Versie. 
Hulle sê ’n prentjie teken ’n duisend woorde...  maar ’n paar woorde maak ook ’n song.  Ons gesels vanaand met die platinum prins en prinses van Afrikaanse musiek, sowel as bekroonde skrywer en joernalis, Rian Malan, en sielkundige, sangeres en kunskenner, Elmarie Claassens oftewel, Amalanka.

Episode 176
11 Januarie
In baie opsigte is dit soveel moeiliker om bo uit te kom in die sogenaamde “Band Circuit”...  die feit dat elke gig tjek gedeel moet word deur al die lede van die band en nie net deur die sanger en sy agent nie, is maar een van die redes. Ons gesels vandag met SA se top band, The Parlotones...  sowel as twee ander bands wat dit reggekry het om hulle stemme hoorbaar te maak:  Glaskas en Die Heuwels Fantasties!

Episode 177
18 Januarie
Overtone, André Schwartz, Tanya van Graan, Robert Hamblin
In hierdie episode van DHDI raak ons bietjie “Starstruck”!  Al ons gaste weet van rooi tapyte en hoe om skouers te skuur met wêreldbekendes!  Ons gesels met die manne wat vir Clint Eastwood leer Afrikaans praat het, en in Hollywood gaan uithang het met Ellen Degeneres en Orlando Bloom.  Ons kuier saam met die Afrikaanse meisie wat eens die Sexyste Vrou in die Wêreld was en self ook in ’n Hollywood fliek opge-eindig het...  en die Afrikaanse minnesanger wat deur sommiges beskou word as een van die wêreld se beste Phantoms!

Episode 178
25 Januarie
Fiona Coyne, Gert van Tonder, Freek Robinson, Riaan Grobler, Nelda
DHDI kuier vanaand saam met drie Suid-Afrikaanse televisie-gesigte wat so deel geword het van ons bestaan dat mens hulle onwillekeurig groet as jy hulle in die kafee op die hoek raakloop...  ’n bitsige speletjies-programaanbieder, ’n ernstige joernalis, en die oom van Wielie Walie!

Wie Lê Waar?
Herhaling van reeks begin Maandag 14 Januarie om 21:30

Almal weet wie was DJ Opperman, en onthou vir Bles Bridges en Gé Korsten maar het jy al ooit gewonder waar hulle begrawe is?  In “Wie lê Waar?” neem Piet Botha ons na uiteenlopende bekendes se laaste rusplekke.  Daar word kortliks gekyk na die belangrike bydra wat hulle tot ons land gemaak het, hul nalatingskap en omstandighede rakende hul dood.  En dan gesels ons met kenners van hul werk of familielede voor ons die bekende se laaste rusplek besoek.

Episode 1
14 Januarie
Piet Botha nooi kykers uit om saam met hom op ’n ontdekkingsreis te gaan in sy soeke na grafte en laaste rusplekke van bekende persone uit ons geskiedenis. Hy gaan onder meer na grafte van bekende politici, kunstenaars en musikante soek en ook meer uitvind van die omstandighede rondom hul dood.  

In Episode 1 kyk Piet waar die legendariese hart chirurg Dr Chris Barnard begrawe is asook die geliefde grapjas en storieverteller Tolla vd Merwe: Hy reis na Kaapstad en stop by die Chris Barnard museum in die Groote Schuur Hospitaal. Ons kry ’n waspop uitbeelding van die eerste hartoorplanting onder oë en vind meer uit oor die indrukwekkende man.  Dan volg ’n onderhoud met sy dogter, Deidre Visser en ons besoek sy graf by sy geboortehuis in Beaufort Wes.

Vandaar na Clanwilliam in die Wes-Kaap – tuisdorp van storieverteller en grapjas Tolla vd Merwe.  Piet gaan draai by die Clanwilliam Toeriste Buro asook die ou tronk wat nou `n museum is. Ons leer meer oor Tolla se grootword jare in die dorp en vind uit hoe hy bekendheid verwerf het. Hy stop by die plaas van Erik De Milander, `n vriend van Tolla en bekende boer in die distrik tydens die boekvrystelling oor Tolla se biografie getiteld “Konsert van die Lewe”.  Hier voer hy onderhoude met onder andere die skrywer Tanja Du Toit en bekendes en vriende van Tolla, soos Ollie Viljoen, Arno van Zyl en Allan Hughes en natuurlik Erik De Milander. Ons sluit af met ’n besoek aan Tolla se graf by Clanwilliam se begraafplaas buite die dorp.

Episode 2
21 Januarie
Piet Botha reis na die toweragtige Gamtoosrivier-vallei net buit Hankey. Dis hier waar die Khoi-San van afkomstig is en ook Saartje Baartman. Sara Baartman was in 1789 hier gebore en het as slavin vir die Nederlandse kompanjie aan die Kaap gewerk waarna sy per skip na Engeland geneem is weens haar unieke liggaamsbou. Piet voer `n onderhoud met Kobus Reichert – die voorvoerder vir die Khoi stam, om meer uit te vind oor Sara se tragiese lewe en hoekom oud-President Nelson Mandela gereël het dat haar oorskot uit Frankryk na Suid Afrika gestuur word.  Hy gesels ook met Hettie Booysen – die Koi stamhoof oor die belangrikheid van hierdie besluit. Dan na Sara se graf by Vergaderingskop net buite die dorp Hankey.

In die tweede gedeelte van die program reis Piet na Oudtshoorn om C J Langenhoven se huis, Arbeidsgenot, te besoek. Die huis en inhoud is pragtig bewaar en bied die kyker `n blik op hierdie groot Afrikaanse skrywer se wêreld en lewe. Piet voer `n onderhoud met Gert Lombaard die kurator van die huis. Hy vertel meer oor Langenhoven se grootword jare en sy politieke loopbaan. Vandaar na Harry se klip in Meiringspoort waar Langenhoven sy denkbeeldige olifant se naam uitgekrap het teen `n klip en ons lê blomme neer by Langenhoven se graf in die voortuin van sy huis Arbeidsgenot.

Episode 3
28 Januarie
Hierdie week draai ons in Elangeni in Pretoria, die voormalige tuiste van die skilder Pierneef.  By die interessante landgoed en geboue wat die kunstenaar self ontwerp is, vertel Piet die kyker ons waarom Pierneef geag word as een van die grootste skilders wat ons land nog ooit op gelewer het. Hy gesels met Estelle Pretorius, van die Voortrekker Monument se navorsing department, oor interessanthede omtrent Pierneef se werke en ook sy baie persoonlike lewe en kom vinnig agter dat hy in lewe nie naastenby die erkenning of finansiële toekenning verwerf het, as die erkenning en pryse van sy kuns na sy dood nie. Ons besoek ook Pierneef se graf in die ou kerkhof in Pretoria middestad.

In die tweede segment van die episode draai die fokus na  Koos Du Plessis. Piet gesels met Oud-minister Pik Botha oor sy herinneringe aan die sanger en hoe Koos se werk Afrikaanse musiek verewig verander het. ’n Ou werksvernoot en goeie vriend van Koos, Carl Theunissen, vertel ook van die kasset met Koos se eerste tuis-opnames wat hy by die sanger gekry het. En dan besoek ons Koos Dup se graf in die Centurion begraafplaas.

Roer
Herhaling van vorige Roer episodes weeksdae om 17:30

Episode 197
2 Januarie
DEON MEYER
Hierdie week verruil die bekende skrywer Deon Meyer sy pen en papier vir die kombuis.  Hy en sy vrou Anita skuif stewig agter die kospotte in en wys ons hulle gunsteling familie resepte in ’n japtrap.

Episode 198
3 Januarie
WILNA SNYMAN
Wilna Snyman is ’n absolute legende en hierdie week deel sy met ons van haar kosbaarste resepte en herinneringe.  Van toeka tot nou, net op ROER!

Episode 199
4 Januarie
DEON OPPERMAN
Vanaand gaan die bekende dramaturg Deon Opperman vir ons sy gunsteling kos maak en ook sy nuwe liefde in sy lewe afwys. Maak seker jy’s op kykNET ingeskakel om te sien hoe die man agter die pen, agter die kospotte vaar. 

Episode 200
7 Januarie
TERUGBLIK OOR 200 EPISODES
Hierdie week saai ROER! sy 200ste episode uit en om dit te vier gaan ons terug in tyd en deel met ons kykers van ROER! se gunsteling herinneringe en gaste.  Ons wys ook vir die kykers hoe die program ontwikkel en gegroei het vanaf sy eerste episode tot wat hy vandag is.

Episode 201
8 Januarie
ANDRE JACOBS
Andre Jacobs wys vir ons dat hy nie net ’n goeie akteur is nie, maar ook handig en behep is in die kombuis.  Dramatiese kos net op ROER!

Episode 202
9 Januarie
MARGUERITE WHEATLEY
Marguerite Wheatley is ’n gesoute aktrise wat oorloop van talent.  Vanaand gaan kuier Tammy vir haar en haar gesin op Yzerfontein vir ’n Weskus feesmaal. Vanaf kreef tot bokkoms net op ROER!

Episode 203
10 Januarie
LOUIS JANSEN VAN VUUREN EN HARDY OLIVIER
Louis Jansen van Vuuren is ’n wereld bekende kunstenaar en hierdie week kook hy saam met sy chef vriend, Hardy Olivier net hier op ROER!.  Vars uit die see, net op ROER!

Episode 204
11 Januarie
NIEKIE VAN DEN BERG
Niekie van den Berg is ’n man van vele woorde en hierdie week se hy sy se.  Kos met karakter en houding, net op ROER!

Episode 205
14 Januarie
SUSAN DANFORD
Vanaand kook ons met die talentvolle rooikop, Susan Danford.  Daar word vars gekook met kruie en geure en hierdie bekende aktrise wys ons wat maak haar so geliefd.

Episode 206
15 Januarie
RICHARD VAN DER WESTHUIZEN
Richard van der Westhuizen stap al ’n lang en opwindende pad saam met sy aanhangers en  die week deel hy ’n paar geheime oor sy gunsteling resepte maar ook oor hom as mens.

Episode 207
16 Januarie
GAVIN PRINS
Gavin Prins se tong raak los hierdie week oor niemand anders as homself.  Kom kyk hoe hierdie bekkige persoonlikheid ’n paar dinge op die lappe laat kom.

Episode 208
17 Januarie
GERHARD STEYN
Vanaand kom gooi die gewilde sanger Gerhard Steyn ’n draai in die kombuis.  Daar word gebak en brou, maar soos altyd ook gesing.  Baby-choclits soos nog nooit van tevore.

Episode 209
18 Januarie
Terence Bridgett en Paul du Toit
Terence Bridgett en Paul du Toit is gewilde karakters in Binneland, maar vanaand speel hulle geen ander rol behalwe twee beste vriende in die kombuis.  Daar word omtrent amok gemaak maar dit was alles die moeite werd.

Episode 210
21 Januarie
Elsabe Daneel
Elsabe Daneel is ’n aktrise en besigheidsvrou in murg en been.  Vanaand maak sy ’n draai op kykNET en wys nie net haar kombuis nie, maar ook haar beste resepte en vriendinne.

Episode 211
22 Januarie
Karen Hart
Die TV-joernalis Karen Hart se passie is kos, sy maak dit, sy droom dit en sy skryf dit.  Kom kyk hoe ons resepte uit haar nuwe sepiester-kookboek maak. Befaamde kos, net op ROER!

Episode 212
23 Januarie
Denise Newman
Denise Newman is ’n legende en vanaand maak sy ook haar bekendste disse op ROER!.  ’n Diva vol verrassings en plat op die aarde.

Episode 213
24 Januarie
Casper de Vries
Casper de Vries het ’n gawe om mense te laat skaterlag en vanaand doen hy juis dit.  Daar word been getrek en ons maak nader kennis met hierdie geliefde komediant as sy ma ’n paar geheime uit die mou laat.

Episode 214
25 Januarie
Catriona Andrew
Ons almal ken haar as die oorspronlike en wispelturige Jane van Egoli, maar vanaand  is Catriona Andrew 8 maande swanger en kaalvoet voor die kospotte.  Kom kyk hoe hierdie talentvolle aktrise praat oor ma-word en kookkuns.

Episode 215
28 Januarie
Melt Sieberhagen
Melt Sieberhagen is ’n komediant wat kan dink op sy voete, dit het hy reeds bewys in kykNET se gewilde Proesstraat.  Die groot vraag is hoe vinnig en flink is hierdie akteur in die kombuis? Kos vol raaisels net op ROER!

Episode 216
29 Januarie
Antoinette Louw
Sy is alombekend vir haar rol as Inge in “Sewende Laan”, maar vanaand wys die bekende aktrise Antoinette Louw vir ons ’n heel ander sy.  Aardse en opregte kos net op ROER!

Episode 217
30 Januarie
Rolmodelle
Vanaand kook ons met SA se “grootste boyband”, die Rolmodelle.  ’n Kombuis vol oordadige pret en streke!

Episode 218
31 Januarie
Marita van der Vyver
Marita van der Vyver kom gesels oor reis, kinders, kos en boeke.  Sy kook vir ons uit haar splinternuwe en eerste kookboek.  Vinnig en vars, net op ROER!

 

Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address