|
Sêgoed van Kristel Loots:
“Die stories wat skree om vertel te word, tuimel oor mekaar in my kop, maar dis nie altyd maklik om met die pynlike, maar ook prettige en plesierige proses te begin nie.”
“’n Feminis klink vir my alte veel na iemand wat haar bra verbrand het om ’n borstrok aan te trek – ’n vreeslike ongemaklike affêre! Vroueregte moet tog net nooit vroue-voorregte kanselleer nie. Ek haat dit om swaar sakke kruideniersware te dra – en veral om die vullisdrom uit te sit! En ag, ek is darem so mal oor mans, groot sterk mans wat my soos ’n brose ou dingetjie behandel. Ek geniet my vrouwees en wil asseblief tog net in my volgende lewe ook een wees.”
Wat maak die lewe die moeite werd? “Die warmte van liefde! Iemand om lief te hê en iemand om joú lief te hê. ’n Man, ’n kind, ’n vriendin, ’n hond, ’n kat. Iemand wat jou hoor eina! skree en genoeg omgee om dit beter te soen. Hoe jammer dat die troos en vreugde van saamwees dikwels eers na die dood van ’n lewensmaat werklik verstaan en waardeer word.”
Om te skryf is ... “Om van ’n onvolmaakte en gebroke wêreld te ontsnap en jou eie te skep waar jý dinge kan plooi om jou te pas – en om die soet salfies vir jou siel ook aan jou leser oor te dra. Om te skryf is ’n verslawing soos enige ander – ’n héérlike verslawing. Dis om te skep en in verwondering terug te staan oor die mooi ding wat jy in jou hande hou. En te weet jy het dit nie alleen of in eie krag reggekry nie.”
“Inspirasie is in ’n mate perspirasie, ja. Maar dis ook ’n toneeltjie op ’n lughawe waar twee geliefdes stilswyend aan mekaar vasklou omdat die oomblik te groot is vir woorde. Of ’n paar donker oë wat in joune kyk en skielik, onverklaarbaar sag word. Dis lepellê teen ’n warm lyf in ’n bibberkoue wintersnag en die wil om stories te vertel wat so gaan eindig.”
“Romanse is klein gebaartjies van liefde. ’n Hand op jou skouer, ’n soen in jou nek wat hoendervel oor jou hele lyf laat uitslaan omdat dit die belofte van gróót dinge inhou. ’n Spesiale jy-behoort-aan-my-kyk oor die koppe van baie ander mense. Romanse sterf nooit, nie eens as jy met ’n loopring in ’n tehuis vir bejaardes voortstrompel om jou flikkers te gaan gooi nie.”
Wat glo jy is die beste weg na ’n man se hart? “Diep verborge in elke man sluimer daar ’n ridder van ouds wat in ’n ewige stryd gewikkel is met die barbaar in hom. ‘O, liefling, jy’s só sterk!’ laat die ridder uit sy slaap wakker word en hy is maar net té gewillig om jou drake vir jou te verslaan. Soms is sy swaard taamlik stomp en sy bewegings bra lomp, maar dis die gedagte daaragter wat tel.”
Raak jy ooit persoonlik betrokke by jou karakters of sukkel jy om hulle te laat gaan? “Terwyl ek skryf, wórd ek daardie mooi, maer blonde vrou wat so deur liefde oorval word. Ek voél die held se asem op my wang, voel my vingers verstrengel in sy donker krulhare wanneer ek aan hom probeer vasklou voordat hy by die venster uitwaai die wye wêreld in. Maar ek deel hom graag met my lesers in die hoop dat hulle hom net so gaan geniet soos ek.”
“Ek lag graag vir, en saam met, my karakters. Veral dié wat ietsie van myself met hulle saamdra en wie se koppe ook soms effens uithaak. Veral wanneer dit by mansmense kom. Geen vrou kan saam met hulle leef nie - ook nie sónder hulle nie!”
“Humor in verhale moet nie noodwendig ligtelik opgeneem word nie. Daar skuil dikwels heelwat meer daaragter en dit moet ook so gelees word. Middeljarige vroue, soos dié oor wie ek in my boeke skryf, het dikwels meer om oor te huil as om oor te lag. Wat juis verklaar waarom humor hulle help om te oorleef in ’n gebroke wêreld.”
By die KKNK oor openbare optredes: “Om te skryf, kan soms ’n eensame lewe wees. Niemand anders verstaan waarom jou kop gewoonlik nie by jou lyf is nie, maar aan die dwaal tussen die karakters wat jy geskep het, wat vir jou lewend raak en met stemme in jou kop met jou praat. ‘Gewone’ mense kyk jou effens vreemd aan so asof daar fout is met jou. Daarom is dit so wonderlik om saam met medeskrywers te kuier wat net so ‘koekoe’ soos jy is en wat jou passie vir die muse verstaan. Voeg daarby twee geesdriftige Lapa-bemarker-mense en jy kan amper nie wag om weer agter jou rekenaar in te skuif om meer en meer boeke te ‘baar’ nie.”
|
Gebore en getoë
Kristel Loots is as ’n nooi Nortjé op 14 Desember 19?? in Port Elizabeth gebore en word ook soms Stellie genoem. Haar pa was Albertus Johannes Nortjé en haar ma Johanna Jacomina, gebore as ’n nooi Fourie.
Sy en haar geliefde broer Marius word groot op Despatch in die Oos-Kaap in “toeka se tyd toe ek as kaalvoetkind in Despatch se stofstrate rondgeloop het, en hulle ons die ‘Klipgooiers’ genoem het. Klippe was daar genoeg, want op daardie stadium was daar net een straat wat geteer was – die hoofstraat. Dit was lekker loslitdae met my pa die vet, vrolike predikant van ’n effense volksvreemde kerk en my Ma ’n huisvrou, maar ’n bekende gesig in die dorp rond met die swart hoedjie, waarvoor sy so lief was, effens skeef op die kop gedruk. Dieselfde hoedjie wat Boeta een donkernag in die hoenderhok gaan begrawe het toe ons ons te veel daarvoor begin skaam het.
“Ek was in die Hoërskool Despatch. ’n Soet kind wat die leuse van ‘Blaas Hoog die Vlam’ probeer nakom het. Of altans dis hoe ek dit onthou. Anders gestel - vaal soos ’n vadoek, maar geseën met ’n verbeelding wat vir niks skrik nie. As ek vandag my dagboeke van daardie tyd lees, sien ek hoe vol muisneste my kop was. Ag, ek was gedurig verlief en my arme ou hart is ’n hele paar keer gebreek. Ek het baie trane agter toe deure gestort – en dit gelukkig net so gou weer gesluk.”
Verdere studies en werk
Na skool is Kristel na die Onderwysopleidingskollege op Graaff-Reinet, waar sy haar as onderwyseres bekwaam het. Sy gaan gee onderwys op Krantzbosch en in Oos-Londen, Kaapstad en Kimberley.
En dit was in Kimberley dat sy vir Willem Loots raakgeloop het nadat sy al vanaf haar studentedae het net één ding in die kop gehad het: “om man te vang. Iets wat ek toe redelik kort daarna reggekry het.” Sy beskryf Willem as die “handigste en die hulpvaardigste man in die wêreld”.
In Kimberley is Kristel en Willem se eerste kind, Sonja, gebore wat later ’n skrywer uit eie reg sou word. Haar seun woon en werk in Milwaukee in Amerika en is getroud met ’n Amerikaanse bokkie.
As gevolg van Willem se werk het die gesin heelwat rondgetrek, maar vestig hulle uiteindelik in Kaapstad, waar die twee kinders hoofsaaklik grootgeword het.
Toe die nes begin leeg raak, het Kristel die pen opgeneem en in ongeveer 1991 begin tydskrifverhale skryf. Haar eerste verhaal is deur Huisgenoot aanvaar. Sy woon kort daarna ’n ATKV-skryfskool in Stellenbosch onder leiding van Hans du Plessis by en is baie bevoorreg om Petra Müller as groepsleier te hê. Kristel sê dat sy baie by haar geleer het. Sy skryf en publiseer daarna ’n versameling tydskrifverhale, novelles en vervolgverhale wat in Huisgenoot, Sarie, Rooi Rose en Landbouweekblad verskyn het. Sy lewer ook bydraes in kortverhaalbundels, asook uitsendings oor Vrouerubriek en Siembamba.
Maar dit het tyd geraak om te begin baasspeel in die kamma-wêreld van fiksie en haar eerste liefdesverhaal word in 1998 deur JP van der Walt (vandag LAPA) gepubliseer onder die titel Die agtervolger. En dit, soos die spreekwoord sê, was dit.
“Uiteindelik kon ek my eie stories skryf, waar ék dinge kon plooi soos dit mý pas. My heldinne sou nooit huil nie, het ek besluit. Hulle sou láát huil. Hulle harte sou nooit gebreek word nie, húlle sou harte breek. Maar natuurlik is dit nie so eenvoudig nie. Die boeke wat ek skryf, moet darem ooreenkomste met die werklike lewe toon en al is die helde almal gespierd en skatryk en die heldinne almal maer en mooi, word daar wel soms ’n paar trane langs die pad gestort. Met die belofte dat die slot natúúrlik gelukkig sal wees, sodat die held en heldin hand aan hand vir ewig en altyd gelukkig leef.”
Kristel geniet met nuutgebore dankbaarheid en vryheid haar tweede jeug met verbeeldingsvlugte as haar geliefkoosde tydverdryf.
Na haar eerste liefdesverhaal het daar nog sowat veertig gevolg, en sy is nog lank nie uitgeskryf nie. Sy publiseer by LAPA, Carpe Diem Media (wat romans met ’n meer Christelike strekking uitgee), Tafelberg en Human & Rousseau.
Dokter van drome, wat in 2006 gepubliseer is, is gerig op diegene wat glo hulle is romanties en wat ook glo in ’n ridder op sy/haar wit perd saam met wie jy die sonsondergang inry. Dit herinner die leser opnuut aan die mag van die liefde.
Dit begin met ’n telefoniese gesprek tussen die twee hoofkarakters, Anastasia de Wit en Juan Harmse. Anastasia is onder ’n donker wolk by haar vorige tuiste en werk weg. In haar soeke na nuwe werk doen sy aansoek om die assistentpos by dokter Juan Harmse, ’n vooraanstaande en suksesvolle plastiese chirurg – min wetende dat tyd gevoelens gaan ontsluit wat hulle twee nader aan mekaar gaan bring – en ook geraamtes uit hulle verlede.
Dokter van drome is ’n alledaagse roman en het daarom ook sy gelukkige einde. Die verhaal konfronteer die leser met dieper aspekte in die samelewing – soos byvoorbeeld die verwysing na die rol wat ’n mooi gesiggie en figuur in vandag se samelewing speel. Jy begin twyfel of die spreekwoord “Skoonheid vergaan, maar deug bly staan” wel waar is. Dit verleen ’n ander uitkyk op kosmetiese chirurgie en die redes wat mense dryf om hulself jonger, maerder en mooier te laat lyk. ’n Mens wonder of die strewe na die perfekte uiterlike nie ’n siekte in ons samelewing word nie.
Die boek lees maklik en is sonder enige fieterjasies en hoogdrawendheid. Dit hou die leser se aandag enduit deur beide karakters se donker verlede eers aan die einde bloot te stel. ’n Lekker boek. Ideaal vir diegene wat nog glo in Kupido se pyltjies en die gesegde “Elke skewe pot het ’n deksel.”
Muurblom, wat in 2009 by Carpe Diem verskyn het, was haar eerste boek met ’n geestelike inslag. Kristel vertel aan Jaybee Roux dat daar beslis ’n mark vir sulke verhale in Afrikaans is. “Geestelikheid laat jou tog nie ’n afgesonderde asketiese lewe lei waarvan daar net in traktaatjies gelees word nie. Dis deel van jou alledaagse lewe vandat jy met jou hare deurmekaar en slaap in jou oë jou eerste koppie koffie drink, totdat jy jou daaglikse brood by ’n peperduur P & P koop of wanneer die man in jou lewe jou begerig nadertrek met meer as net ’n Hooglied-liefde duidelik leesbaar in sy oë.
“En verhale waarin dit pretensieloos as sulks erken en aangebied word, is gewild. Die eerste oplaag van Muurblom en Emma is g’n engel is albei uitverkoop en word tans saam herdruk onder die titel Soekend na liefde.”
Muurblom bied ontvlugting, en dis wat baie lesers soek te midde van stygende pryse. Dit is ’n lekker liefdesboek met ’n realistiese vrou, Karli, as heldin. Sy het ’n volronde lyf en lyk nie soos ander romantiese verhale se beeldskone heldinne nie. Karli kom agter sy is eintlik ’n bevryde vrou. Sy breek weg uit haar beskermende kokon en gaan soek avontuur. Sy soek ’n man wat haar vol lyf sal liefhê en troetel. Maar soos dit in die werklike lewe gaan, ontmoet sy nie net droomprinse nie. Daar is opgevoede mans én wilde manne wat begeerlik is. Sy leer kies tussen liefde en begeerlikheid, maar sy word ook gekonfronteer met ’n gesinskrisis en geheime wat haar skok. Die verhaal is fiksie met ’n boodskap. Dit vertel hoe ’n vrou leer dat die waarheid vrymaak en liefde sondes kan toesmeer.
Stoffel Cilliers skryf in Volksblad dat Kristel met Muurblom ’n verrykende en aktuele leeservaring bied wat allesbehalwe moraliserend en stroperig is. Daarvoor skryf sy as ervare skrywer veels te bedrewe. Daar is die knap hantering van raak uitdrukkings wat die styl verlewendig, die besonder onderhoudende styl, die subtiele invleg van Bybelverse sonder dat dit aangedik voorkom, die oortuigende omwentelings in die lewensbeskouings van die karakters wat deur die gebeure in die verhaal veroorsaak word. Die skrywer se vermoë om, soos aan die einde van die voorlaaste hoofstuk, as ’t ware vir die leser te sê: “Nee, jy dink verniet die storie is klaar; sit terug, hier kom nog sommer ’n lekker, verrassende wending” is ook knap gedaan.
Muurblom is nie net nóg ’n liefdesverhaal nie, of ’n ontspanningsroman, of verstrooiingslektuur nie. Daarvoor is hierdie aktuele roman met sy fyn karakterisering, verrassende verhaal, boeiende styl en blywende boodskap te knap geskryf. Dit word sterk deur Cilliers aanbeveel.
Aspoesterskoene word in 2009 deur LAPA uitgegee en gaan oor ’n liefde wat gegroei het en tot volle blom kon kom eers nadat die son en die maan oor twee mense geskyn het en hulle deur die storms van die lewe geteister is, maar met hul wortels stewig geplant in hul grootwordwêreld bly staan het. Volgens Kristel is die liefde nie net vir jongmense nie, maar die liefde bly altyd jonk – en teer en mooi.
Oor Aspoesterskoene vertel Kristel: “Ek kon nooit verstaan waarom mense so Weskus-bedinges raak nie. Wat kan nou so wonderlik daaraan wees? ’n See, te koud om in te swem, en ’n paar plantjies langs die pad wat eenkeer ’n jaar blom? Totdat ek op ’n wegbrekie op Swartriet, naby Paternoster, beland het ‘om blomme te kyk’. Tot my skok moes ek ontdek dat daar in die vakansiehut nie ’n televisie of enigiets anders was wat ’n geraas kon maak nie. Die stilte het in my ore geskree en my mal gemaak. Nie eens die selfoon wou lui sodat ek van die ‘regte’ wêreld daar anderkant kon onthou nie.
“En dis hier waar die betowering my toe vang. Dat die stilte in my kop en hart kom lê en die veld en die voëls en die see en die sand en die wind met my begin praat het. Ek was dadelik verlief, net so Weskusbedinges soos die duisende wat deur hierdie spesiale stukkie hemel op aarde bekoor word.”
Ook het Kristel onlangs weer eens ontdek hoe vlak onder jou grootmensklere ’n mens se inner child nog skuil. Die ideale geleentheid vir hierdie probleemkind om sy kop uit te steek, is natuurlik wanneer jy ’n reünie saam met jou skoolmaats bywoon. ’n Ou waarheid het voor haar oë ontvou: dat daardie romantiese tienermeisietjie wat so halsstarrig en intens na die liefde verlang het, alive and well in die meeste vroue bly, ongeag hul ouderdom. Die naam van jou eerste liefde word op ’n jong, ontvanklike hart geskryf en verdwyn nooit heeltemal daaruit nie.
“Hulle was almal daar – die nare seunskind wat jou tot trane toe getreiter het, die bekkige een wat sulke wonderlik kreatiewe spotname vir jou kon skep en die blonde dingetjie wat jou kêrel, aan wie jy vir ewig en altyd wou klou om te behou, by jou afgevry het. Ouer, maar nie regtig veel anders nie.
“Natuurlik staan jy verstom wanneer jou vertroetelde drome en illusies wreed uitmekaar geskeur word. Is dit moontlik dat jy jou kussing nat gehuil het oor hierdie einste mansmens hier voor jou, wat nou ’n oom met ’n bles en ’n boep is? Jy lag in jou mou, heimlik dankbaar oor jou noue ontkoming. Maar dan vra hy jou om te dans en iets van die jongeling van destyds wys in sy oë, in ’n vlugtige seunsagtige glimlag, ’n nostalgiese gebaar, ’n maniërisme, so bekend en so eie aan die held van jou matriekafskeid dat jou hart bollemakiesie slaan. En voor jy weet wat jou getref het, neem die blosende bakvissie in jou oor en onthou jy waarom hy destyds jou hart kondensmelk kon laat klop het.
“Mense verander nie regtig nie. Die mooies is nog mooi, die maeres nog maer, die lelikes is nou éérs lelik en die ongeluk het helaas nog nie jou Nemesis getref nie. En ou liefde roes ook nie altyd nie – soms vlam dit as ’n nuwe, meer volwasse liefde op wanneer twee siele wat lank vir mekaar verlore was, weer glasies klink. Dit alles is in elk geval moontlik in die fantasie van ’n liefdesverhaal ...
“Dit help natuurlik as jy, soos dit ’n fantasie betaam, nie ’n dubbele ken óf kalkoen-nekvelle ontwikkel het nie. Dis hoe jy – of altans hoe jou agterstewe in ’n paar stywe jeans pas – wat jou kans op liefde gaan bepaal. Selfs al is ’n reünie die een plek waar jy nie oor jou ouderdom kan lieg nie!”
Met Aspoesterskoene wil Kristel lesers aan die lekkerte van die liefde herinner, dat liefde jou hart jonk kan maak, jou uit die kombuis kan lig en in ’n paleis kan laat land. Want elke vrou verdien van tyd tot tyd ’n paar Aspoesterskoene – en ’n prins – aan haar voete.
Aspoesterskoene vertel van Sarah se lewe wat verval het in middeljarige voorstedelikheid - gewoon, onopwindend en voorspelbaar. Haar tienerseun, Waldo, is moeilik en geslote. Haar man, Christian, gaan deur ’n middeljarekrisis. Sy voel vaal, lelik en vervelig en glad nie sexy nie. Eenmaal was haar lewe opwindender, maar dis voor sy moes trou en ’n huisvrou geword het. Alles word nou deurmekaar gekrap, want sy is reünie toe op Doringbaai - met Aspoesterskoene wat haar weer in ’n verleidelike vrou omgetower het. En Marius Malan, haar verlore liefde, is terug met ’n groot knal, groter as die oerknal! Haar huwelik is ’n klug, want Christian is lankal nie meer lief vir haar nie. Hy verneuk haar in haar eie huis. ’n Heerlike liefdesverhaal van ’n vrou wat haar selfvertroue en vroulikheid terugkry - deur ’n paar Aspoesterskoene waarmee sy ’n nuwe lewenspaadjie moet loop uittrap.
Jaybee Roux skryf dat hy hom in elke bladsy van dié lywige roman verkneukel het. Daar is groot drama en konflik, maar die pret bly nooit agterweë nie. Die intrige boei, die karakters oortuig en wek deernis, die verhaal is heerlik voorspelbaar, mét ’n paar verrassings. Die liefdestonele laat jou tone krul en bewys ’n mens hoef rondom 40 lank nie oud of koud te wees nie.
Loots bewys Afrikaans kan loslit, byderwets en snaaks wees sonder om ons taaltjie só te verwring dat dit klink soos ’n paar saamgeflanste episodes uit 7de Laan. Afrikaanse lesers het ’n weerstand opgebou teen snaarstywe, formele taalgebruik soos wat ons tydens die apartheidsjare oor die Afrikaanse radiodiens gehoor het, maar moderne skrywers voer dié neiging soms só ver dat dit ná ’n hoofstuk of twee voel asof jy ’n dop kasterolie agter die blad het. Kristel Loots en haar taalversorger weet van beter.
Loots is goed bekend onder ontspanningslesers. Met Aspoesterskoene bereik haar oeuvre ’n hoogtepunt. Roux kan hom nie ’n beter manier indink om ’n winternaweek op te kikker as ’n bottel rooiwyn, ’n kaggelvuur en ’n boek soos hierdie nie.
Oor ’n Lipstiek-lewe, wat in 2010 by Tafelberg uitgegee is, skryf JB Roux dat dinge in Kristel Loots se boeke gebéúr. Sy ryg woorde en sinne verwoed aanmekaar en tob nie oor onsin nie. Haar heldinne is ánderste vroue wat die snaaksste dinge oorkom en hulleself heerlik belieg. Die helde is aantreklik en sjarmant. Daarby het Loots ’n manier om ’n ding te sê soos niemand anders nie.
Op die voorblad van ’n Lipstiek-lewe pryk ’n wulpse meisiekind met ’n guitige mond, groot oë en digte bos hare. Roxy het ’n paar “bazookas” wat groot mans laat bewe. Haar rokkies is kort en haar hempies styf. Sy flirteer skaamteloos met al wat broek dra. Sy hóú van mans en begeer ’n “koning” wat die koningsgrootte-bed wat sy met onheilige bedoelings gekoop het, met haar sal deel. Maar ’n mens vermoed Roxy sal later, soos Jessica Rabbit, kan sê: “I’m not really bad, I’m just drawn that way.”
Ons leer gou vir Petra, Roxy se suster met die “All Bran-brekfisboks-gesinnetjie”, ken. Ook Roxy se ma, met wie sy nie regtig oor die weg kom nie, en die dierbare Oumalot. Zander Muller, een van Roxy se kollegas, het ’n surfer-lyf en blonde kuif. Sy pa, motiveringspreker Adam Muller, is ’n “hunk” uit eie reg. Janneman Muller steel Roxy se hart, al is kinders die laaste ding op haar wenslys.
Zander oorreed Roxy om tydens ’n spanbou-naweek, waar sy pa ook optree, voor te gee dat sy sy (Zander se) meisie is. Natuurlik het sy nooit kon dink dié slinkse plannetjie sou haar lewe op sy kop keer nie.
Loots weet hoe om lesers nuuskierig te hou: daar is raaisels wat opgelos moet word en daar spring gereeld ’n verrassing tussen die bladsye uit. Daarby is ’n Lipstiek-lewe weer die perfekte kombinasie van humor, drama en ’n paar druppels hartseer.
Die toneel waar Roxy in New York hoor van ’n familielid se afsterwe is treurig én oortuigend. Min skrywers kan so doeltreffend deernis vir hul karakters opwek. Die karakterontwikkeling (Roxy is nie al een wat tot nuwe insigte kom nie) is nog een van hierdie boek se sterk punte.
’n Mens verkneukel jou in woorde soos “boeregeneraalbaard” en “sooibrandgesigte” en beskrywings soos “Jy met jou lekker lyf en ’n gebotokste bek soos ’n opblaaspop!” Maar tussen die humor skuil daar baie wysheid: Loots weet wat mense laat “tick” (sien byvoorbeeld Roxy en Petra se gesprek op bl 186).
Soms smeer Loots die konfyt wel effens te dik en rek sy tonele langer uit as wat nodig is. Die slottoneel is ’n goeie voorbeeld, maar sulke glipsies bederf nie regtig ’n plesierige leeservaring nie. Kristel Loots bly ’n bok vir sports – en die voorbok wat romantiese komedie in Afrikaans betref.
Troukoek maak nie vet nie (2011) is chick-lit op sy beste. Die titel is ’n juweel, maar dit geld ook vir die hele lekkerte van 222 energieke bladsy propvol sprankelende humor en verkwikkende krisisse, skryf Alta Cloete.
Dixie de Lange is inderdaad ’n moderne vrou wat op haar eie bene kan staan (al wankel die stiletto’s soms so ’n bietjie). Haar familie met al sy geite en griewe (rondloperpa, troulustige sussie, selfbejammerende ma) is vir haar baie belangrik (al is sy nie altyd heeltemal oortuig almal se varkies is behoorlik op hok nie). En Slons die straatslaper, en Coco, die verskynsel wat veronderstel is om die bruidswinkel se bestuurder te wees, word inderdaad haar vriende en gewaardeerde kollegas. Nadat heelwat water in die see geloop het, natuurlik. Maar die romanse bly ook nie uit nie. Want Dixie het ’n herinnering aan ’n verpligte soen in Die Laan, ’n soen wat die betrokke man natuurlik binne sekondes volkome vergeet het … Of het hy?
Dixie is die plaaslike weergawe van Bridget Jones. Sy’s ’n goeie mens, maar beland altyd in vreemde situasies wat maak dat mense haar nooit ernstig opneem nie. Soos nou weer: sy’s terug onder haar ma se dak nadat sy voor die kansel gelos is. Ná al die jare saam met Kurt het sy niks nie, nie eens haar eie blyplek nie, en boonop het sy ook haar werk verloor. Haar lot neem ’n interessante wending wanneer sy die bestuurder van ’n afgeleefde bruidsboetiekwinkel word.
Troukoek maak nie vet nie is ’n plesierige boek wat met die tong diep in die kies geskryf is in die plesierigste Afrikaans denkbaar. Met ’n goeie skoot Engels daarby, natuurlik. Want Dixie is nie ’n teksboekheldin wat in ’n teksboeksituasie haar held ontmoet nie. Sy is ’n bekoorlike maltrap met ’n sagte hart en heelwat sakevernuf wat in die hart van die moderne Kaapstad haar voete moet vind in haar (troulustige) suster se verwaarlooste bruidswinkel. Natuurlik vind sy veel meer as haar voete. Eintlik meer as wat sy kan hanteer … As die nuwe Suid-Afrika vir jou soms ’n bietjie te veel raak – gryp na ’n stukkie troukoek! Dis gewaarborg om nie jou figuur te benadeel nie en jou lagspiere ’n goeie work-out te gee. Soos Dixie sou sê as sy hier was.
Die boek het ’n moderne, spitsvondige styl. ’n Mens wil elke keer oë toeknyp wanneer Dixie weer eens in ’n penarie beland, maar terselfdertyd kan jy nie wag om te lees wat uiteindelik gebeur nie.
Volgens Kristel is die enigste essensiële vereiste van haar helde dat hulle alles moet wees wat ’n man van vlees en bloed nie is nie. “Hy luister intens en belangstellend na jou diep en sielvolle gesprekke oor die lewe en die liefde (Ja, sure!). As jy derms wil uitryg, is hy beskikbaar. Met troos en onderskraging en ’n skoon sakdoek uit sy binnesak – al sal jy vér soek om deesdae ’n man te kry wat ’n sakdoek met hom saamdra.”
’n Mens moet maar vergeet van Skoonlief en die Ondier. “So edel is geen vrou nie. Die held hoef nie heeltemal die Camel-man te wees nie, maar wie’t nou lus vir ’n ondier? Dis genoeg vir die leser dat sy elke dag met een saamleef.”
En daar moet ook onthou word hoekom vroue én mans romantiese fiksie lees. Na die duiwel met Skoonlief se diensbaarheid en stille lyding. “Ons wil almal Aspoestervroue wees, ongeag ons skoen- of rokgroottes. Ons wil weggevoer word uit ons sleurbestaan en op ’n troontjie geplaas word – deur ’n man met brute krag. En natuurlik is hy geestelik sterker as al die predikante wat jy ken saam.”
Kristel se volgende boek, Eendagmooi, verskyn in Junie 2012 by LAPA, en NB beplan om haar jongste chick-lit, getiteld ’n Hap van die appel, in September 2012 op die rakke te hê.
Publikasies:
|
Publikasie
|
Die agtervolger
|
|
Publikasiedatum
|
1998
|
|
ISBN
|
0799325244 (hb)
|
|
Uitgewer
|
Pretoria: Van der Walt
|
|
Literêre vorm
|
Liefdesverhale
|
|
Pryse toegeken
|
Geen
|
|
Vertalings
|
Geen
|
|
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet
|
— |
|
Publikasie
|
Speletjies
|
|
Publikasiedatum
|
1998 (Grootdruk)
|
|
ISBN
|
0799325775 (hb)
|
|
Uitgewer
|
Pretoria: Van der Walt
|
|
Literêre vorm
|
Liefdesverhale
|
|
Pryse toegeken
|
Geen
|
|
Vertalings
|
Geen
|
|
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet
|
— |
|
Publikasie
|
Keuses
|
|
Publikasiedatum
|
1999
|
|
ISBN
|
0799326224 (hb)
|
|
Uitgewer
|
Pretoria: Van der Walt
|
|
Literêre vorm
|
Liefdesverhale
|
|
Pryse toegeken
|
Geen
|
|
Vertalings
|
Geen
|
|
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet
|
— |
|
Publikasie
|
Kersvlam van die hart
|
|
Publikasiedatum
|
1999
|
|
ISBN
|
0799326615 (hb)
|
|
Uitgewer
|
Pretoria: Van der Walt
|
|
Literêre vorm
|
Kortverhale
|
|
Pryse toegeken
|
Geen
|
|
Vertalings
|
Geen
|
|
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet
|
— |
|
Publikasie
|
Laat die wind daaroor waai
|
|
Publikasiedatum
|
2000
|
|
ISBN
|
0799327166 (hb)
|
|
Uitgewer
|
Pretoria: Eike-Boekklub
|
|
Literêre vorm
|
Liefdesverhale
|
|
Pryse toegeken
|
Geen
|
|
Vertalings
|
Geen
|
|
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet
|
— |
|
Publikasie
|
’n Boerekugel in New York
|
|
Publikasiedatum
|
2000
|
|
ISBN
|
0799327352 (hb)
|
|
Uitgewer
|
Pretoria: Treffer-Boekklub
|
|
Literêre vorm
|
Liefdesverhale
|
|
Pryse toegeken
|
Geen
|
|
Vertalings
|
Geen
|
|
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet
|
— |
|
Publikasie
|
Die derde dogter
|
|
Publikasiedatum
|
2000 (Grootdruk)
|
|
ISBN
|
0799327603 (hb)
|
|
Uitgewer
|
Pretoria: LAPA
|
|
Literêre vorm
|
Liefdesverhale
|
|
Pryse toegeken
|
Geen
|
|
Vertalings
|
Geen
|
|
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet
|
— |
|
Publikasie
|
’n Mooiweersman
|
|
Publikasiedatum
|
2001
|
|
ISBN
|
0799328448 (hb)
|
|
Uitgewer
|
Pretoria: Treffer-Boekklub
|
|
Literêre vorm
|
Liefdesverhale
|
|
Pryse toegeken
|
Geen
|
|
Vertalings
|
Geen
|
|
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet
|
— |
|
Publikasie
|
Woorde in die wind: 10 treffers
|
|
Publikasiedatum
|
2001
|
|
ISBN
|
0799328340 (sb)
|
|
Uitgewer
|
Pretoria: LAPA
|
|
Literêre vorm
|
Kortverhale
|
|
Pryse toegeken
|
Geen
|
|
Vertalings
|
Geen
|
|
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet
|
— |
|
Publikasie
|
Sieraad uit as
|
|
Publikasiedatum
|
2001
|
|
ISBN
|
0799329310X (hb)
|
|
Uitgewer
|
Pretoria: Treffer-Boekklub
|
|
Literêre vorm
|
Liefdesverhale
|
|
Pryse toegeken
|
Geen
|
|
Vertalings
|
Geen
|
|
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet
|
— |
|
Publikasie
|
Millenniumliefde
|
|
Publikasiedatum
|
2002
|
|
ISBN
|
0799329347 (hb)
|
|
Uitgewer
|
Pretoria: Treffer-Boekklub
|
|
Literêre vorm
|
Liefdesverhale
|
|
Pryse toegeken
|
Geen
|
|
Vertalings
|
Geen
|
|
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet
|
— |
|
Publikasie
|
Gesig na die son
|
|
Publikasiedatum
|
|
|
ISBN
|
- 0798142286 (sb)
- 1415000948 (hb)
|
|
Uitgewer
|
- Kaapstad: Human & Rousseau
- Parklands: Jacklin
|
|
Literêre vorm
|
Liefdesverhale
|
|
Pryse toegeken
|
Geen
|
|
Vertalings
|
Geen
|
|
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet
|
— |
|
Publikasie
|
’n Vreemde fees
|
|
Publikasiedatum
|
2002 (Grootdruk)
|
|
ISBN
|
0799330124 (hb)
|
|
Uitgewer
|
Pretoria: LAPA
|
|
Literêre vorm
|
Liefdesverhale
|
|
Pryse toegeken
|
Geen
|
|
Vertalings
|
Geen
|
|
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet
|
— |
|
Publikasie
|
Lied van die liefde
|
|
Publikasiedatum
|
2002 (Grootdruk)
|
|
ISBN
|
0799330094 (hb)
|
|
Uitgewer
|
Pretoria: LAPA
|
|
Literêre vorm
|
Liefdesverhale
|
|
Pryse toegeken
|
Geen
|
|
Vertalings
|
Geen
|
|
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet
|
— |
|
Publikasie
|
Www.liefde.com
|
|
Publikasiedatum
|
2002
|
|
ISBN
|
0799330299 (hb)
|
|
Uitgewer
|
Pretoria: President-Boekklub
|
|
Literêre vorm
|
Liefdesverhale
|
|
Pryse toegeken
|
Geen
|
|
Vertalings
|
Geen
|
|
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet
|
— |
|
Publikasie
|
Groot meisies huil nie
|
|
Publikasiedatum
|
2003 (Grootdruk)
|
|
ISBN
|
1869049349 (hb)
|
|
Uitgewer
|
Parklands: Jacklin
|
|
Literêre vorm
|
Liefdesverhale
|
|
Pryse toegeken
|
Geen
|
|
Vertalings
|
Geen
|
|
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet
|
— |
|
Publikasie
|
Liefde het vlerke
|
|
Publikasiedatum
|
2003
|
|
ISBN
|
0799331686 (hb)
|
|
Uitgewer
|
Pretoria: Treffer-Boekklub
|
|
Literêre vorm
|
Liefdesverhale
|
|
Pryse toegeken
|
Geen
|
|
Vertalings
|
Geen
|
|
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet
|
— |
|
Publikasie
|
Kiki se kroonprins
|
|
Publikasiedatum
|
2004
|
|
ISBN
|
0799332461 (hb)
|
|
Uitgewer
|
Pretoria: Treffer-Boekklub
|
|
Literêre vorm
|
Liefdesverhale
|
|
Pryse toegeken
|
Geen
|
|
Vertalings
|
Geen
|
|
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet
|
— |
|
Publikasie
|
Holte vir haar hart
|
|
Publikasiedatum
|
2004
|
|
ISBN
|
0799332690 (hb)
|
|
Uitgewer
|
Pretoria: Treffer-Boekklub
|
|
Literêre vorm
|
Liefdesverhale
|
|
Pryse toegeken
|
Geen
|
|
Vertalings
|
Geen
|
|
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet
|
— |
|
Publikasie
|
Die dom blondine
|
|
Publikasiedatum
|
2004 (Grootdruk)
|
|
ISBN
|
1415002495 (hb)
|
|
Uitgewer
|
Parklands: Jacklin
|
|
Literêre vorm
|
Liefdesverhale
|
|
Pryse toegeken
|
Geen
|
|
Vertalings
|
Geen
|
|
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet
|
— |
|
Publikasie
|
Dubbele geluk vir Bibi
|
|
Publikasiedatum
|
2004
|
|
ISBN
|
0799333328 (hb)
|
|
Uitgewer
|
Pretoria: Eike-Boekklub
|
|
Literêre vorm
|
Liefdesverhale
|
|
Pryse toegeken
|
Geen
|
|
Vertalings
|
Geen
|
|
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet
|
— |
|
Publikasie
|
Lenteliefde
|
|
Publikasiedatum
|
2005
|
|
ISBN
|
0799333964 (hb)
|
|
Uitgewer
|
Pretoria: Keurbiblioteek
|
|
Literêre vorm
|
Liefdesverhale
|
|
Pryse toegeken
|
Geen
|
|
Vertalings
|
Geen
|
|
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet
|
— |
|
Publikasie
|
’n Perfekte paartjie
|
|
Publikasiedatum
|
2005
|
|
ISBN
|
0799334804 (sb)
|
|
Uitgewer
|
Pretoria: Romanza
|
|
Literêre vorm
|
Liefdesverhale
|
|
Pryse toegeken
|
Geen
|
|
Vertalings
|
Geen
|
|
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet
|
— |
|
Publikasie
|
Die losbol se moses
|
|
Publikasiedatum
|
2005
|
|
ISBN
|
0799334847 (sb)
|
|
Uitgewer
|
Pretoria: Romanza
|
|
Literêre vorm
|
Liefdesverhale
|
|
Pryse toegeken
|
Geen
|
|
Vertalings
|
Geen
|
|
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet
|
— |
|
Publikasie
|
Somerliefde
|
|
Publikasiedatum
|
2005
|
|
ISBN
|
0799335398 (hb)
|
|
Uitgewer
|
Pretoria: LAPA
|
|
Literêre vorm
|
Liefdesverhale
|
|
Pryse toegeken
|
Geen
|
|
Vertalings
|
Geen
|
|
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet
|
— |
|
Publikasie
|
Nektar van die liefde
|
|
Publikasiedatum
|
2006
|
|
ISBN
|
0799335940 (sb)
|
|
Uitgewer
|
Pretoria: LAPA
|
|
Literêre vorm
|
Liefdesverhale
|
|
Pryse toegeken
|
Geen
|
|
Vertalings
|
Geen
|
|
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet
|
— |
|
Publikasie
|
Liefde op Vergeetbaai
|
|
Publikasiedatum
|
2006
|
|
ISBN
|
0799335584 (sb)
|
|
Uitgewer
|
Pretoria: LAPA
|
|
Literêre vorm
|
Liefdesverhale
|
|
Pryse toegeken
|
Geen
|
|
Vertalings
|
Geen
|
|
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet
|
— |
|
Publikasie
|
Kanniedood-liefde
|
|
Publikasiedatum
|
2006
|
|
ISBN
|
0799336181 (sb)
|
|
Uitgewer
|
Pretoria: Romanza
|
|
Literêre vorm
|
Liefdesverhale
|
|
Pryse toegeken
|
Geen
|
|
Vertalings
|
Geen
|
|
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet
|
— |
|
Publikasie
|
Dokter van drome
|
|
Publikasiedatum
|
2006
|
|
ISBN
|
0624044521 (sb)
|
|
Uitgewer
|
Kaapstad: Hartklop
|
|
Literêre vorm
|
Liefdesverhale
|
|
Pryse toegeken
|
Geen
|
|
Vertalings
|
Geen
|
|
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet
|
|
|
Publikasie
|
Kammaliefde
|
|
Publikasiedatum
|
2007
|
|
ISBN
|
9780799337365 (sb)
|
|
Uitgewer
|
Pretoria: Romanza
|
|
Literêre vorm
|
Liefdesverhale
|
|
Pryse toegeken
|
Geen
|
|
Vertalings
|
Geen
|
|
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet
|
— |
|
Publikasie
|
Engel van my hart
|
|
Publikasiedatum
|
2007
|
|
ISBN
|
9780624045199 (sb)
|
|
Uitgewer
|
Kaapstad: Hartklop
|
|
Literêre vorm
|
Liefdesverhale
|
|
Pryse toegeken
|
Geen
|
|
Vertalings
|
Geen
|
|
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet
|
— |
|
Publikasie
|
Blyspel van liefde
|
|
Publikasiedatum
|
2008
|
|
ISBN
|
9780799341096 (sb)
|
|
Uitgewer
|
Pretoria: Romanza
|
|
Literêre vorm
|
Liefdesverhale
|
|
Pryse toegeken
|
Geen
|
|
Vertalings
|
Geen
|
|
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet
|
— |
|
Publikasie
|
Muurblom
|
|
Publikasiedatum
|
2008
|
|
ISBN
|
9781770310803 (sb)
|
|
Uitgewer
|
Vanderbijlpark: Carpe Diem Media
|
|
Literêre vorm
|
Liefdesverhale
|
|
Pryse toegeken
|
Geen
|
|
Vertalings
|
Geen
|
|
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet
|
|
|
Publikasie
|
Dokter van harte
|
|
Publikasiedatum
|
2008
|
|
ISBN
|
97870624046325 (sb)
|
|
Uitgewer
|
Kaapstad: Hartklop
|
|
Literêre vorm
|
Liefdesverhale
|
|
Pryse toegeken
|
Geen
|
|
Vertalings
|
Geen
|
|
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet
|
— |
|
Publikasie
|
Voorskrif vir die hart
|
|
Publikasiedatum
|
2009
|
|
ISBN
|
9780624047414 (sb)
|
|
Uitgewer
|
Kaapstad: Hartklop
|
|
Literêre vorm
|
Liefdesverhale
|
|
Pryse toegeken
|
Geen
|
|
Vertalings
|
Geen
|
|
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet
|
— |
|
Publikasie
|
Aspoesterskoene
|
|
Publikasiedatum
|
2009
|
|
ISBN
|
9780799343267 (sb)
|
|
Uitgewer
|
Pretoria: LAPA
|
|
Literêre vorm
|
Liefdesverhale
|
|
Pryse toegeken
|
Geen
|
|
Vertalings
|
Geen
|
|
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet
|
|
|
Publikasie
|
Ek en jy: ’n Perfekte paartjie en Losbol se moses
|
|
Publikasiedatum
|
2010
|
|
ISBN
|
9780799345568 (sb)
|
|
Uitgewer
|
Pretoria: LAPA
|
|
Literêre vorm
|
Liefdesverhale
|
|
Pryse toegeken
|
Geen
|
|
Vertalings
|
Geen
|
|
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet
|
— |
|
Publikasie
|
Sjokoladesoene
|
|
Publikasiedatum
|
2010
|
|
ISBN
|
97807993
|
|
Uitgewer
|
Pretoria: LAPA
|
|
Literêre vorm
|
Liefdesverhale
|
|
Pryse toegeken
|
Geen
|
|
Vertalings
|
Geen
|
|
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet
|
|
|
Publikasie
|
’n Lipstiek-lewe
|
|
Publikasiedatum
|
2010
|
|
ISBN
|
9780624049012 (sb)
|
|
Uitgewer
|
Kaapstad: Tafelberg
|
|
Literêre vorm
|
Liefdesverhale
|
|
Pryse toegeken
|
Geen
|
|
Vertalings
|
Geen
|
|
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet
|
|
|
Publikasie
|
Een plus een: Kammaliefde en Kanniedood-liefde
|
|
Publikasiedatum
|
2011
|
|
ISBN
|
9780799348576 (sb)
|
|
Uitgewer
|
Pretoria: LAPA
|
|
Literêre vorm
|
Liefdesverhale
|
|
Pryse toegeken
|
Geen
|
|
Vertalings
|
Geen
|
|
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet
|
|
|
Publikasie
|
Lemoenseisoen
|
|
Publikasiedatum
|
2011
|
|
ISBN
|
9780799348774 (sb)
|
|
Uitgewer
|
Pretoria: LAPA
|
|
Literêre vorm
|
Liefdesverhale
|
|
Pryse toegeken
|
Geen
|
|
Vertalings
|
Geen
|
|
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet
|
|
|
Publikasie
|
Troukoek maak nie vet nie
|
|
Publikasiedatum
|
2011
|
|
ISBN
|
9780624053545 (sb)
|
|
Uitgewer
|
Kaapstad: Tafelberg
|
|
Literêre vorm
|
Liefdesverhale
|
|
Pryse toegeken
|
Geen
|
|
Vertalings
|
Geen
|
|
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet
|
|
|
Publikasie
|
Emma is g’n engel
|
|
Publikasiedatum
|
2011
|
|
ISBN
|
9781770312845 (sb)
|
|
Uitgewer
|
Vanderbijlpark: Carpe Diem Media
|
|
Literêre vorm
|
Christelike liefdesverhale
|
|
Pryse toegeken
|
Geen
|
|
Vertalings
|
Geen
|
|
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet
|
— |
Artikels oor Kristel Loots op die internet

Bygewerk: 2012-05-31
Inligting verouderd/onvolledig? Stuur 'n e-pos aan album@litnet.co.za