SêNet-briewe | Letters

 
Koue voete in warm beesmis
Daarvan het ek al baie keer gehoor en dit is wyd bekend.

Selfs dominee Solly Ozrovech het daarvan vertel in 'n artikel wat op 5 Julie 1995 in Sarie verskyn het.

Hy het in die depressiejare in 'n weeshuis op Ugie groot geword en vertel hoe bitter koud dit daar was, met hulle dun, verslete klere as hulle soggens skool toe stap in die winter. Dan het hulle agter die koeie aangeloop as die dorpbewoners hulle soggens weer terugjaag na die dorpsmeent, en in die mis getrap. By die skool moes hulle dan weer hul voete afspoel in koue kraanwater. Gelukkig was daar stofies in elke klaskamer.

Groete,

Varkspek

Comments 1 Reaksies | 1 Comments
Delete Comment
avatar
Daniel
2012-12-15 @15:33
Varkspek
 
As jong seun het ek dikwels so gemaak as ons moet koeie melk op 'n koue oggend in die verre Wes-Transvaal.  'n Ander gewoonte wat ek en my broers gehad het, was om, wanneer ons die laaste draai in die aand geloop het,  die beeste wat lê, op te jaag en op die warm grond waar hulle gelê het ons laaste ding te doen voor ons gaan slaap.  In daardie jare was binne-toilette 'n seldsaamheid wat ons nie geken het nie.
 
Enjee
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address