Sanlam Sing 'it-finalis: "Klink asof ons stories is" deur Dawid Schalk van Vuuren

  • 0


Klink asof ons stories is

Klink asof ons stories is
sê jy terloops
So asof net nog ‘n sin

Maar êrens tussen ons
ons toegevoude hande
en die spasies tussenin
Lui diè woorde waar

Tussen hierdie woorde
so terloops
hangend
wagtend
suiwer-boos
Lê daar en wag
nog die waarheid, nog 'n leuen

Ja, net nog ‘n sin
wat in sy suiwer prag
wonder bo wonder
‘n man na sy stem laat snak

Tussen dié woorde
so terloops,
skynbaar-vlak
maar suiwer-boos

Klink dit asof ons stories is

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top