kennisdestruksie

  • 0

Mens maggie meer doekies roteer, slimstories opdis,
plek sal gemaak moet word, vir rotasie van rotasionis,
vir herskryf van eie geskiedenis, terug, tot in Paradys,
waar Mens, mede-Mens, Naaste, toentertyd Één was

as’t brand, sterf alles, stort Lewe ineen, voor vuur,
selfs Mens willie sommer, inne vlamvuur wegteer,
al wou Mens net imperialisme, kapitaalvuur, keer,
so vroeg in Millennium Drie, soort Besinningsuur

sterf organismes, insekte, diere, mense, in vlam,
speel toeskouer net trom, van etnisiteit, van stam,
of “ras”, “klas”, etno-pejoratiewe, ooit vanpas was,
of Mens nie eie Gewete terug op Haar Plek kan pas

kry osoonverhitting nogge kans, Millennium Drie, eisj,
glo meerderheid nie dase kans oppe neo-proto-Paradys,
kom anti-gasboor-inboorlinge, super-eg Karoo-krooslik,
anti-tolhek-vierwielbestuurders, anti-“Mshini Wam”-lik,
totte standpunt, mening, lat Afrikaans “Afrika-taal” is,
lat ubuNtu van begin af op Afrikaanse tong blom,
net verwardes, boeragtiges, ontmagtigdes,
nog bevoorreg genoeg is, vas te kleef,
aan mites, pseudo-orgasmies stories,
asof Mens nie post-Paradyslik moer toe is
(nie eens verlorenes uit Krisis wil bevry)

Millennium Drie Homo Sap-Sap, onopgewasse,
Spiritueel, Self, Respek, Eie, Waardigheid, goed,
wat noggie intellektueel bespreek word, ter tafel,
voorgelê, lê ‘n harde pad, kliphard, Pad nog voor,
tetha Mens nog apartheidsgedrewe, -sindroomlik,
droom Mens van ‘n staat waar alles net “eie” is,
“rasse” en “klasse” tot slegs teorieë geteoretiseer,
Mens nageslag amper alles oor voorgeslag kan leer

hoe sukkel Mens, meerderheid vannie meerderheid,
almal wat vermoeid, bedruk, gestres, belas, ver-“ras”,
tot een of anner soort objek geobjektiveer, kategories,
aan eise vannie tyd, asof’t hoogmode is, so submissief,
m’t eie “Mshini” gepla, m’t sosiostatus van Afrikaans,
m’t sogenaamd revisionisties anti-histories vervlakking,
Sonnifikasie van meerderheid se Voice, onderdrukking,
struktuurgeweldsverkragterlik, nie medemenslik, eisj,
weet meerderheid azikho, van daai beloofd Paradys

inkhululekho akhekho, sy’t noggie gearriveer, naai,
sy kan self nie meer sê, watter rigting Dokter waai,
of in watter rigting sjatan sy mantel nu moet draai,
sjoebat Mens vir sjatan, vir Self-destruksiesindroom

was’t ma’ nette grap, rom-kom, verhoogkomediantvertoning,
veral as hy of sy, Self, Mens Self wysmaak, wanner om t’lag,
wanner Mens eie Gewete kan verkrag, oorlog vol onderskryf,
Self t’voel hoe vat struktuurgeweld, aan Gewete, aan eie lyf

maak Mens Self Mens Self, Self, soveel swakker,
wil liewer zultsj, zero, kop, oor Lewe Twee-teorie,
oor hoe ubuNtu, mede-Menslikheid, in Geheel pas,
hoe onverdraagsaam, gewetenloos, iets soos “ras” is,
liewer as onveramnestifiseerde, mugu, amnesieus leef,
vervolmaking van “Duiwelspiek”-dissipelskap nastreef,
saak vir sin probeer maak uit allie bog, twak en onsin,
volstrekte weiering, eie Gewete Wetenskaplik t’herwin

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top