SêNet-briewe | Letters

 
kakkerlakke, vismotte, vlooie, krieke, miere, termiete ...
Hi,

Al bg en nogwat kan effektief aangespreek word deur boorsuur [poeier] [boric acid] dun te strooi waar hulle voorkom. Die boorsuur vernietig enige gogga met ‘n eksoskeleton se maagwande, so vrek hulle dan. Die insekte loop oor die boorsuur, maak hulself dan skoon [dis hoekom sommige dink ‘n kakkerlak is kastig so skoon…] en kry dit so in hulle lywe. Boorsuur is omtrent so giftig soos tafelsout en jy sal dit in meeste apteke, supermarkte en van omtrent alle chemiese verskaffers kry. Dit werk solank as wat dit daar le en die diere daarmee in kontak kom; so kan jy honderde rand spaar, ekovriendelik wees en dit self doen!

gabriël g smit

Comments 3 Reaksies | 3 Comments
Delete Comment
avatar
Ella Robbertse
2012-12-14 @22:04
Dankie vir die wenk.
Delete Comment
avatar
Brianvds
2012-12-15 @06:27
Gabriël: Ek het nie juis probleme met kakkerlakke nie (behalwe dié in die parlement, en hulle is blykbaar immuun teen boorsuur), maar elke somer word my kombuis binnegeval deur sulke klein swart miertjies wat op die ou end selfs in verseëlde houers en in die yskas inklim (geen mens weet hoe hulle dit regkry nie!). 
 
So dankie vir die wenk: ek sal hom uitprobeer en kyk of hy werk. 
Delete Comment
avatar
gabriel smit
2013-02-28 @07:51
hallo julle,
my briefie van 14 desember hierbo het verwysing, die een oor boorsuur en kakkerlakke.
vir meer inligting gaan loer gerus op kakkerlakke.co.za
in Christus
gabriel
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address