John Kannemeyer (1939–2011)

  • 0

Soos DJ Opperman in die sewentigerjare gesê het: “Daar is net een wat kans gesien het vir die literatuurgeskiedenis van die Afrikaanse letterkunde, en dit so gou en goed gedoen gekry het: John Kannemeyer.”

Met sy biografie oor JM Coetzee in die pyplyn vir 2012, ’n boek waarna almal in die Suid-Afrikaanse literêre wêreld reikhalsend uitsien, verlaat John Kannemeyer ons “with a bang, not a whimper”. Met sy kennis, ongekende werkywer en die toewyding van ’n monnik, het hy die Afrikaanse literatuurgeskiedskrywing en skrywersbiografie as genre verryk met ’n boekrak vol fassinerende en ensiklopediese boeke, wat ons nog lank sal gebruik. Ons gedenk ’n groot gees ...

Helize van Vuuren

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top