SêNet-briewe | Letters

 
Jan. “The crazy mixed up kid”

(Dis tog jou ad homonie beskrywing van my in jou brief.)

"Jy skryf: "Die Engelse is ook nie bevry nie want hulle stuur hulle kinders na Engelse skole toe en hulle praat en skryf hulle taal puristies".  Ek kom nie agter dat enige Engelman beswaar opteken, soos die fanatiese Afrikaanse-gekkegrensers nie, wanneer  hulle hul kinders na anders-talige skole toe stuur, soos heelwat van hulle dit wel doen. Ek ken heelwat Engelse wat hulle kinders in Afrikaanse skole sit, veral van my Engelse Vrystaat boere vir redes dat die Engelse skole oorheersend swart is.  Waar kom jy daaraan dat die gemiddelde Engelsman sy taal puristies praat of skryf. Alles behalwe. Daar maak jy 'n groot fout en ‘n gross veralgemening. In Engeland, die Engelsman se tuisland, is daar soveel verskillende dialekte en afwykings tot so ‘n  mate dat groot dele van Engeland sukkel om mekaar se Engels te kan verstaan.  Engels is nie eers Engeland se amptelike taal nie, want daar is geen erkenning vir enige amptelike taal soos die meeste ander wêreldlande dit het.

 "Jy reken vandag is jy werklik vry maar jy is verplig om meeste van jou besigheid in Engels te doen." - Die kleingeestelikheid daarvan, soos die klein-aparhteid van ouds staan my nie aan nie.   Eerstens. Ek staan onder geen verpligting nie.  Tweedens. Die Zulu of Xhosa wat my bedien verwag nie van my dat ek sy taal kan of moet praat nie.  Dit sou vermetel van my wees om te verwag hy moet my taal ken om my te kan bedien en ek nie dieselfde teenoor hom sal kan doen nie.  In die meeste dele van die land is Engels die aangewese ipso facto taal om kommunikasie tussen verskillende taliges te bewerkstellig.  Hier in die Vaaldriehoek en meeste van die plattelandse Vrystaat wat ek bewerk en daagliks deurreis, is Afrikaans die ipso facto taal om kommunikasie tussen verskillende taliges te bewerkstellig.  Die Indiër, die Jood, die Griek ens wat hul kinders in Engelse skole plaas, praat Afrikaans met die swartes, omrede die meeste van laasgenoemde nie Engels kan praat of verstaan nie, maar wel Afrikaans.

“In dieselfde asem noem jy Zuma wat sy mense se kultuur teen Westerse invloed wil beskerm.  Hy is dus by implikasie nie bevry nie as mens nou na jou redenasie ten opsigte van die Afrikaner kyk”.

Wanneer groepsdruk op die indiwidu toegepas word om na die groep se wil te konformeer, is die indiwidu nie bevry nie, en dit is juis wat Zuma en die Afrikaanse-gekkegrensers probeer doen.  Indiwidualisme verryk die betrokke kultuur waar in teenstelling stagneer sodanige kultuur wanneer gekonformeer word. Jou geskiedkundige “Earth Shakers” (wetenskaplikes; kunstenaars; beeldhouers; groot denkers, ens) wat die mensdom gebring het tot waar ons vandag is, het indiwidualisties en non-konformisties opgetree. Die kulturele bevryding vind plaas wanneer van konformasie na die algemene aanvaarding van indiwidualisme as die kultuur se meme oorgeslaan word. Afrikaner-indiwidualisme doen geensins afbreuk op sy Afrikanerskap nie.

 Zuma is selektief en oneerlik mbt beskerming teen westerse kultuur.  Behalwe ten tye van Zulu tradisionele feeste, is Zuma geheel en al westers. Sy kleredrag, sy kos, sy vervoermiddels, sy wonings (bly nie eers in ‘n tradisionele Zulu gras heuningkorf hut nie), ens is westers.  Dat hy dit sy reg toeëien om vir sy volksgenote te sê hulle mag nie soveel vir hulle honde omgee soos westerlinge nie, is beide arrogant en vermetel.  Dieselfde geld vir die gekkegrens-Afrikaners wat wil voorskryf waar Afrikaners hulle hulle kinders skooltoe mag en nie mag stuur nie;  hoe hy moet of nie mag praat en skryf nie; hoe hy homself mag of nie mag optooi nie,  ens.

Jan.  Jy kom vir my ‘n baie ongelukkige en eensame man voor.  Enigiemand wat ander se geluk wil ontsê en voorskryf, sê vir my sodanige persoon kan nie gelukkig voel nie.  Te behep om ander se lewens te probeer oordonder.  Afrikaners kry jy vandag in alle vorms van uitkyk en handelswyse oor die lewe. Vergun elkeen sy eie indiwiduele geluk, toe!
https://mail.google.com/mail/u/1/images/cleardot.gif

Jaco Fourie


Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address