Jan Rap se "ONS" en "JULLE" Sindroom

  • 0

Vir eers Jan. Wanneer gaan jy my vrae beantwoord, nl:

(1) “JULLE (Afrikaanse) ouens fok die land op … Jy kan nie so maklik wegkom nie; jy moet maar die kritiek vat en dan probeer regmaak waar JULLE (Afrikaners) verbrou het EN BESIG IS om te verbrou”. (My vraag) = Nou hoe kom jy daaraan Jan? Sover my kennis strek, is dit die ANC-regering wat die land opfok, en dat die Afrikaner nie eers ’n faktor in hierdie party is nie. Of is dit wanneer ander Afrikaners met jou verskil, sien jy hulle as deel van die ANC soos Judge Dredd dit die gewoonte het. Ek sou graag feitlike voorbeelde van jou wou sien hoe Afrikaners soos Thomas die land opfok. 9/11/12 Repliek Afrikanerskapskaal 7/11/12 (Die ONS en JULLE sindroom word ook hierin gereflekteer)

(2) Het jy iets van my geleer rakende Afrikaner Selfstandigheid in Opsie 3 van my skrywes, want jy was tjoep stil? Indien nie, wat is jou voorstel? In al die jare wat ons twee skryf, het jy nooit enige daadwerklike alternatiewe ter tafel gelê nie. My respons op Jan Rap se Antwoorde en regstellings vir Hans. 17/11/12

Nou die "ONS" en "JULLE" sindroom.

Jy sê dit strek vanaf die NAT vs HNP/KP se dae af en is nog in vandag se tyd aanwesig. "ONS (HNP/KP ?) het vir JULLE (NP) gesê die NP-beleid gaan lei tot 'n een-man-een-stem-storie en dit gaan nie werk nie" 20/11/12. (Ek sê dit is nog lewendig alleenlik onder die marginale gekkegrens-Afrikaners). Kom nou! Glo jy werklik dat die Afrikaner vandag ‘n minderheidsregering kon gehandhaaf het? Indien wel, is jy platweg gesê naïef. Die Bantustan-beleid en instromingsbeheer het nie die geweldige instroming van swartes in “blanke”-gebiede gekeer nie. Blaar Coetzee het gesê die NP sou die instroming inkort. Die teendeel het gebeur.

Nou toe nou! Die NP was by die onderhandelingstafel, die HNP/KP wat ook uitgenooi was, wou nie deelneem nie. Selfs die Gays het hulle by die onderhandelingstafel opgedring. Die Gays het die mees liberaalste regte ter wêreld vir hulself beding, en toe die ANC-regering jare later wou sloer, het hulle die hof gekry om die regering te forseer om dit te implementer. Die HNP/KP? Nie een van hulle verlangens is tot hulle voordeel beding nie, hoekom nie? Want hulle het versuim om hulle verantwoordelikheid aan hulle kieserskorps na te kom om namens hulle te beding! Nou tjank die ou garde HNP/KP bittereinders, en probeer andersdenkende Afrikaners vir hulle nalatenskap te blameer! Al wat ek kan sê is: “Ag sies tog!”

Jan dit wil voorkom jy leef steeds in die verlede en in ontkenning. Al die Afrikanerpartye van die Apartheidsera is vandag tot niet. Afrikaners soek hulle nie meer nie, wil hulle nie meer hê nie. Kom tot ruste met hierdie feit, en stap aan.

Jy verkwalik my met: “of soos Jaco wat woedend klappe uitdeel en sommer vir Dan Roodt as persoon aanval.” Is hierdie man jou god, dat hy bo kritiek is, ‘n man wat vir homself die reg toeëien om ander sleg te sê. Hoekom het jy my nie weerlê deur te bewys dat wat die man, wat onder bespreking gesê is, juis en eerlik was nie, of is dit omrede jy weet jy kon nie? Terloops. Jou inleidingswoorde aan Thomas kom ook daarop neer dat jy sy persoon aanval.

Om gedurig vir Afrikaners (van hulle wat moontlik, vir al wat jy weet, ook in die verlede HNP/KP gestem het) te sê: “Wê. Ons het julle mos gesê!”, bied geen oplossing vir vandag se Afrikaner-probleme nie.

Jaco Fourie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top