Ek hoop Varkspek is net moedwillig met sy gebruik van die woord "survive". Dit is verblydend dat een van die Afrikaanse hoofstroomkoerant blykbaar uiteindelik besef dat Afrikaans, veral as spreektaal, besig is om in 'n gemors te ontaard. Sedert ons veelgeroemde oorgang na demokrasie het agting vir die taal gekwyn. Om daarmee te mors, het 'n gewilde deel van ANC-gedienstigheid geword. Dit word gevoed deur kragtige massamedia, soos die radio en televisie, wat (met die uitsondering van Radio Pretoria) verseg om Standaardafrikaans te koester. Enkele jare gelede het die Afrikaanse taalkundige Jan Vorster oor die radio beweer dat niks gedoen kan word om die gety te keer nie. Daar is egter ander taalkundiges, soos Jaap Steyn, wat groot lof vir die taalgetroues het. Ek is een van hierdie Gideonsbende.
Johannes Comestor
Tussen al die lettergrepe van die woord liefde ... is daar hoop?