Ek kan wragtag nie onthou dat ek gesê het ek is 'n Christen nie. Wys my die plek asb! Ek erken, dalk het ek vergeet, want ek is al amper sewentig.
Nietemin glo ek in die omvattende liefde en vergiffenis van Jesus. Maar ek glo bitter min van wat in die Bybel staan. Selfs 'n Christen hoef nie al die snert daarin te glo nie, baie leer gou om die kaf van die koring te skei. Onthou die Bybel is 'n saamgestelde boek. Baie jare gelede, dalk hier rondom 325 nC, het 'n komitee gesit en besluit wat gaan hulle alles in die Bybel insit, watter boeke moet in en watter word uitgelaat. Dit was 'n besluit deur gewone mense, wat nie eens kon aanspraak maak op apostelskap of iets dergeliks nie.
Party Christene, soos Kobus en sy trawante, klou naarstiglik aan die primitiewe geskrifte vas en verloor die ware boodskap van Jesus en ons God. Dit kan gesê word hulle aanbid die "skrif" eerder as God. En daardie einste skrif is dikwels so heel teenstrydig en verkeerd! Het hulle dan geen insig nie!?
Cornelius, ek is jammer as ek jou gevoelens seergemaak het, dat jy voel ek is kwetsend teenoor die vroue in jou lewe. Maar wragtag, dis hoe ek voel oor vrouens!
Groete,
Gay ou man
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter