SêNet-briewe | Letters

 
“isiAfrikaansch”
onsubtiel, illegitiem, pseudo-superioriteit,
onkund’-ontkenningskund’, nuw’ tipe wind,
“Duiwelspiek”-siek, Homo Sap-Sap se kind,
lynreg-opponent v’n Vryheid, G’regtigheid

doekiesomdraaityd’s nu, vooreerst, voorbij,
paloekas, mampara’s, moet aaire huis krij,
t’lank al het meerd’rheid g’welddadig g’lij,
speelveld só sup’r-ong’lyk, Mens so onvrij

Moeder poog rêrig haar bes, Taal, Kontinent,
Tri-Millenniaal Homo Sapiens, half-half orent,
struktuurgeweldsindroomskade onuitwisbaar,
kanti, G’wete dar’m’ie toet’ntaal v’rswelgbaar

so b’vryd’nd, post-VOC, suiw’r “isiAfrikaansch”,
oorlewingsmedium, selfs virre varsch “Fransch”

Jacobus Faasen

Comments 3 Reaksies | 3 Comments
Delete Comment
avatar
Jan Rap
2013-01-29 @20:42
Jacobus, jy beweer  dat " ... t’lank al het meerd’rheid g’welddadig g’lij ..."
Vir lank was die Afrikaner, sou ek reken, die meerderheid maar toe as gevolg van emigrasie en ’n geweldige aanwas in getalle (agv goeie landsbestuur, dus kos, medisiese sorg ens) het die Zoeloes of die Xhosas die meerderheid geword.  Na wie verwys jy hierbo, die Zoeloes, Xhosas of die Afrikaners?

Delete Comment
avatar
Kobus Faasen
2013-01-31 @15:52

U bewering dat 'aparte ontwikkeling' goeie landsbestuur was, laat veel te wensche over. Indien u vir ons die etimologie van 'isiBhulu' (die Nguni-term vir Afrikaans) kan opspoor, sal dit opreg waardeer word.

Groetnis

Jacobus

Delete Comment
avatar
Jan Rap
2013-01-31 @23:18
Neef Faasen

'Aparte ontwikkeling' het gevolg op 'apartheid' wat, alhoewel ’n Afrikaanse woord, die Boere van die Britte geërf het.  Dit was weer die voorloper tot demokrasie waar elke volk sy eie land, taal en koning/keiser sou kry, soos met Lesotho en Swaziland reeds in die Britte se tyd gebeur het.
Die Boereregering sou nog Transkei, Ciskei, Bophutatswana, Venda ens byvoeg maar daar is ’n stokkie voor gesteek - dit is vir die Eurangloamers makliker om erts, wild, goud en diamante uit ’n chaotiese opset te kry (soos tans die geval alhier is).

Daar is wel ’n fout gemaak deur die regering destyds en dit was om die bruines van die kieserslys af te haal - met 'aparte ontwikkeling' het hulle dus geen vooruitsigte gesien nie en groot onmin, selfs vyandskap, is deur die Boere vir hulself op die hals gehaal soos duidelik blyk uit jou gedigte (die beleid ten opsigte van die Sjinese en Indiërs, in groot getalle ingebring deur die Britte vir arbeid, was repatriasie.  Die Britte het ook kakiebos, Black Wattle, knopiespinnekoppe, seringbome en die idee dat hulle die swartes kom bevry ingebring).

Wat isiBhulu betref reken ek dit is maar die feit dat daar geen r-klanke in Zoeloe (dalk ook Swazi en Xhosa) is nie behalwe miskien vir ’n paar leenwoorde uit Afrikaans en Engels.  Die Sotho-groep oor die algemeen weer verander baie l-klanke in r-klanke.  Ook ander tale ten noorde van ons doen dieselfde.  My buurman byvoorbeeld is ’n Malawiër (huistaal Timbuku of iets) praat van 'luggage' as 'ruggage'.  Hierbo het die Shonas "Gwelo' na 'Gwero' verander.

Maar u het vir seker die regte antwoord; vertel.

Groetnis
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address