Internasionale Sterre in Slapende Skoonheid van Kaapse Stadsballet

  • 0

Roberta Marquez en Nehemia Kish, beide hoofdansers in Brittanje se voorste balletgeselskap, sal die rolle van Prinses Aurora en Prins Florimund tydens twee vertonings vertolk. Marquez, oorspronklik van Brasilië, is sedert 2004 'n hoofdanser by The Royal Ballet, en het ‘n groot verskeidenheid hoofrolle, insluitend Odette / Odile (Swanemeer), die titelrol in Aspoestertjie en ook Swanhilda (Coppélia) op haar kerfstok. Kish, wat Amerikaans van herkoms is en in Kanada opgelei is, het in 2010 by die geselskap aangesluit en het al onder andere die rolle van James in La Sylphide, Romeo (Romeo & Juliet), die Prins (Aspoestertjie, Die Neutekraker) en Prins Siegfried (Swanemeer) gedans.

 

Roberta Marquez as Princess Aurora

Tydens die vier oorblywende optredes sal die Kaapse Stadsballet se hoofdansers Laura Bosenberg en Thomas Thorne die hoofrolle afwissel met Burnise Silvius en Trevor Schoonraad as haar dansmaat. Silvius is tans ‘n hoofdanser by South African Mzanzi Ballet Theatre. Die Lila-fee sal onderskeidelik deur Angela Hansford, Kim Vieira en Claire Spector vertolk word, terwyl die rol van die bose fee, Carabosse, deur Johnny Bovang en Mervyn Williams gedeel sal word.

Die sprokiesagtige liefdesverhaal van 'n beeldskone prinses, aantreklike prins, bose fee en die mees romantiese soen van alle tye beloof om oud en jonk te bekoor. Met weelderige kostuums, pragtige dekor en Tchaikovsky se asemrowende musiek, sal hierdie klassieke ballet iedereen in vervoering hê. Die Kaapse Filharmoniese Orkes begelei die ballet tydens vier van die optredes.

Die Slapende Skoonheid word aangebied deur die Kaapse Stadsballet in die Kunstekaap Operahuis vanaf 10-18 Augustus 2013. Sitplekke teen R 100 - R 300 kan bespreek word by Computicket of Kunstekaap Bel-'n-Sitplek by 021 421 7695.

Die Slapende Skoonheid: Hoofrolbesetting

Saterdag 10/08/13 19h30    (met klankbaan) Laura Bosenberg & Thomas Thorne
Woensdag 14/08/13  19h30    (met KFO* en Gaskunstenaars) Roberta Marquez & Nehemiah Kish
Vrydag 16/08/13 19h30    (met klankbaan) Burnise Sylvius & Trevor Schoonraad   
Saterdag 17/08/13 14h00    (met KFO)  Laura Bosenberg & Thomas Thorne
Saterdag 17/08/13  19h30    (met KFO en Gaskunstenaars) Roberta Marquez & Nehemiah Kish      
Sondag 18/08/13 15h00    (met KFO)  Burnise Sylvius & Trevor Schoonraad

*KFO = Kaapse Filharmoniese Orkes

Vir fotos, onderhoude en verdere inligting:
Christien Coetzee Klingler
+27 (0) 21 461 7617
+27 (0) 84 356 8833
christiencoetzee@classicsa.co.za
ClassicSA Media

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top