Wouter,
Die “intergeloof” beweging, soos jy dit noem, is al báie dekades aan die gang om en poog om van die grond af te kom, en is geheel en al iets anders as wat Cornelius propageer – sy gesegde dat vele paaie na die top van die berg lei, dui daarop en op sy siening dat daar eintlik net een religie is, maar in verskille verskyningsvorme, wat kultuurgebonde is – hierdie siening van hom val in die put omdat die religieë mekaar op belangrike punte weerspreek en selfs teenstrydige rigtings inslaan en baie kultuurgebonde is. Sy “een god baie religieë” konsep is dus sommer sy eie versinsel.
Maar Cornelius verwar hier ter plaatse, byvoorbeeld Desmond Tutu, ’n ondersteuner van “interfaith”, se optrede teenoor ander religieuse bewegings as synde steun vir sy eie versinsel.
Die “interfaith movement” is ’n poging om gesprekke aan te moedig oor religieë en selfs sekulêre humanisme heen, met die klem op terreine waar daar ooreenkoms is, ten einde op só ’n manier te probeer om religieuse vryheid en sekulêr-humanistiese verdraagsaamheid te probeer promoveer.
Hier ter plaatse in ons land is daar sulke bewegings. Dit is nie suksesvol nie, want hoewel daar baie sporadies splintergroepe is wat dit probeer van die grond afkry, bly dit ’n oppervlakkige “samewerking” sonder enige substantiewe dinamika, want géén gesprek oor religie kan die grondbeginsels waarop dit funksioneer, vir baie lank probeer onderdruk nie (wat essensieel is om “interfaith” the laat werk) – op die ou end maak die verskille ’n einde aan die gesprekke, want dit kristalliseer telkens uit na beginsels wat eenvoudig bots.
Dit is dan ook ondersteuners van interfaith wat maklik praat van “fundamentalisme”, nie oor hulle oortuig is van die teendeel nie, maar bloot oor politieke dienstigheid – polities gemotiveerde redes om die beweging nie te laat skipbreuk lei nie, soos maar met enige ander sosio-politieke groepering, waar Waarheid en feit waarop beginsels berus, dan as slagoffer moet dien.
So, nee, Cornelius bedoel nié “interfaith” nie, want dan sal hy sy eie versinsel soos hierbo uitgewys, moet vaarwel toeroep. Maar wie weet, dalk bekeer jý hom tot “interfaith”!?
Groete,
Kobus de Klerk