Ingrid Winterbach wen die Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2012

  • 0

Die wenners van die Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2012 is Maandag 12 Maart by The Bay Hotel in Kampsbaai aangekondig. Vyf kandidate was op die kortlys vir die kategorie gepubliseerde skrywers en twee debutante is vir die debuutprys gekortlys. Die wedstryd, wat vanjaar deur Media24 geborg is, het 'n totale prysgeld van R350 000 tussen vier wenners verdeel.

Ingrid Winterbach het die groot prys van R200 000 gewen vir haar manuskrip Die aanspraak van lewende wesens. Chris Karsten was tweede met 'n Man van min belang en Jaco Fouché het die derde plek ingeneem met Liefste Lena. Die debuutprys is aan Carié Maas toegeken vir haar manuskrip, Koljander.

Eben Pienaar, Ilse Volschenck en Gerhard Greyvenstein

Eben Venter se manuskrip Wolf, wolf was op die kortlys vir die groot prys van R200 000.  Hier is Eben saam met uitgewer Riana Barnard..

Die nasionale skat Louise Smit, skepper van televisiereekse soos Haas Das, Wielie Walie en Pumpkin Patch, saam met haar man, Karl Wabel

Lindsay van Rensburg van Kwela, Alicia Pietersen van NB en Janita Holtzhausen van
Human en Rousseau

Marita van der Vyver en Eben Pienaar

Eben Venter, Riana Barnard en Mare Norval

Riette en JD Rust

Elna van der Merwe, boekeredakteur van Huisgenoot, en Mare Norval

Louise Viljoen was een van die beoordelaars. Hier is sy saam met Mare Norval..

Elna van der Merwe en Gerhard Greyvenstein

Jaco Fouché, wat die derde prys gewen het met sy manuskrip, Liefste Lena. Jaco het onder andere sy vrou Lorraine, wat hier by hom sit, bedank omdat daar wêrelde vir hom oopgegaan het sedert hy haar ontmoet het. Hy het in sy toespraak gesê dat hy nooit die boek sou aangepak het as dit nie vir Lorraine se motivering was nie.

Hester Carstens van Quellerie, Gerhard Mulder en Carié  Maas. Carié het die debuutprys verower met haar manuskrip, Koljander.

Janita Holtzhausen, Madeleine Volschenk en Alida Potgieter. Janita en Alida is beide by Human & Rousseau. Madeleine se manuskrip, Konteks, was op die kortlys vir die
debuutprys.

Ingrid Winterbach, wat met die louere weggestap het, het die geleentheid saam met haar dogter, Brink Scholtz, bygewoon.

Marga Collings van NB-Uitgewers saam met Reinder Nauta

Daniel Hugo, Joan Hambidge, Eben Venter en ander gaste luister na Eloise Wessels, wat die verwelkoming gedoen het.

Willie Burger, een van die beoordelaars, het die beoordelingsproses en die beoordelaars se oorwegings aan die gaste verduidelik.

Eloise Wessels het die wenners aangekondig.

Hier oorhandig Eloise Wessels die prys aan Carié.

Carié het gespot dat sy eintlik reeds op negejarige ouderdom gedebuteer het met 'n vyf bladsy lange verhaal getiteld "Die allenige prinses". Van daar af het sy aangehou en moed gehou en 'n manuskrip geskryf wat, volgens die beoordelaars se commendatio, "die leser verlei om verder te lees".

Jaco Fouché het die derde plek ingepalm met sy manuskrip Liefste Lena.

Jaco Fouché en Eloise Wessels

Linda Rode het die commendatio voorgelees vir die wenner van die tweede plek, Chris Karsten se manuskrip, 'n Man van min belang. Rode het Karsten geprys as 'n "morele outeur wat nie oordeel nie, maar oopgrawe en identifiseer". Die beoordelaars was aangegryp deur die menslikheid waarmee Karsten die storie vertel.

Janita Holtzhausen, Chris Karsten se uitgewer, het die tjek namens hom in ontvangs geneem. Hier is Janita saam met Eloise Wessels.

Ingrid Winterbach was "half oorstelp en half uitgewipe" toe sy as wenner van die Groot Afrikaanse Romanwedstryd aangewys is vir haar manuskrip Die aanspraak van lewende wesens.

Ingrid Winterbach ontvang haar tjek van Eloise Wessels.

Ingrid Winterbach

Carié Maas

Marga Collings, Elna van der Merwe, Frieda le Roux en Eloise Wessels

Klik hier om die om die persverklaring te lees.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top