Die bed is vreemd, en die kamer ook. Nog vreemder is die monsteragtige gesig wat boosaardig met dooie, swart oë deur die mik van my bene vir my gluur. My rok is hoog opgetrek tot iewers om my middel en my panties hang ewe nutteloos soos ’n wit vlag aan een enkel.
Die groteske kop knik af en toe goedkeurend, asof die uitsig gangbaar is. Die prentjie maak nie sin nie. Die vrottandmond gryns kwaadwillig vir my, so vanwaar dan die tong wat strepies hoendervleis teen my maag af trek, die oorsprong van die warm asem in my pels? Wat van die verskil tussen die aaklige gesig en die delikate, bedrewe mond? Geil, hitsige drang vlam tussen my bene.
Die tong gaan rustig voort en laat geen plek onverken nie. Die punt duik diep in my druipende spleet en skuur pynlik stadig oor my klit, dans behendig op die fyn lyn tussen pyn en plesier. Die tong is al wat tot dusver by die monsteragtige gesig pas – dit is so skurf soos ’n kat s’n.
Die mond is onversadigbaar en skaamteloos en morsig. Druppels spoeg en silwer sap maak glibberige spoortjies oor my lieste voor dit tussen my boude verdwyn en aan die lakens afsmeer. My brein kan nie sin maak van die vreemde tafereel nie, want my poesie slaan nou die kitaar.
Die tong flikker ’n lang ruk rondom die stingel van my klit, boor skielik diep en ferm, en ek kom, nie heeltemal onverwags nie, maar wel heeltemal onkeerbaar. My lyf boog agteroor totdat my rugwerwels beswaar maak, ontlaai in ’n lang reeks diep, heuningsoet kontraksies. My heksstewels is agter die afskuwelike kop ingehaak en my hekshoed swiep heen en weer soos ’n takhaar se kapsel.
Die mond, onbewus van my orgasme, of onbesorg daaroor, plunder gulsig voort. Die tong spartel wild soos ’n gehaakte vis en ek kom weer, dan ’n derde keer, dalk selfs ’n vierde keer, want ek weet nie waar een orgasme ophou en die volgende begin nie. Heel gepas is dit ’n monsteragtige klimaks, ’n volle nege op die katelratelskaal. Die musiek in die koshuisgange is gelukkig redelik hard.
Die kamer is ’n slagveld. Die matras is halfpad van die bed afgerits. Een van die lakens is op die vloer, die ander een opgewen asof iemand ’n ontsnapping beplan. Die reuk van sweet en poesie huiwer in die lug. Ek herwin langsaam my asem, maar nog nie heeltemal my gesonde oordeel nie.
“Nou my beurt. Jy weet mos: quid pro quo, en al daai.” Die hees stem klink asof dit van ver af kom. “En moenie bekommerd wees nie – ek sal jou wys waarvan ek hou. Maar kry eers nog ’n sluk whiskey.”
Ek twyfel of dit wys is. As ek reg onthou, het alles juis by die whiskey begin.
Hallowe’en is ’n frustrasie. Hoe gemaak as jy kreatief gestremd is? Ek sug. Selfs ek weet dat ’n heks op Hallowe’en redelik verbeeldingloos is.
Die lengte van my swart rokkie en kniehoogte heksstewels bekommer my aanvanklik, maar minder toe ek later ’n paar meisies in die gang raakloop. Minder is blykbaar meer – die een meer gewaagd as die ander. Agter ’n masker is iedereen dapper.
Omdat selfs ’n heks sexy moet voel, is my panties nie ’n outentieke heksenommertjie nie. Dis ’n snoesige wasempie wit sy, die soort van ding wat ’n meisie aantrek as sy hoop iemand anders gaan dit later aftrek. Ek kry lag vir myself. Optimisties. ’n Stywe swart toppie en ’n twee voet lange skerppunthoed met ’n knak, en Liewe Heksie is gereed vir die bal.
Die partytjie verloop soos alle ander koshuispartytjies. ’n Dronk knaap in ’n blink Superman-onderbroek wat so styf sit dat ’n regte heks sy toekoms sou kon voorspel deur die are op sy piel te lees, mors drank op my. Ek is dalk nie ’n regte heks nie, maar ek voorspel pyn in sy onmiddellike toekoms.
Sneeuwitjie, wie se uitrusting intussen van gewaagd tot onsedelik gereduseer is, stoei op ’n rusbank met ’n duiwel wat flink besig is om ’n derde horing te ontwikkel. Nie so indrukwekkend soos die twee op sy kop nie, maar nietemin. Ek wonder wat die dwergies sou sê. Heimlik beny ek Sneeuwitjie. Daar is iets vleiends aan die onverdeelde en dringende aandag van ’n jagse man.
Dit is al laat en ek het reeds ’n verskeidenheid substandaardkarakters afgejak. Talent is maar skaars. Ek is op die punt om te verkas vir ’n afspraak met my hand toe ’n grou figuur uit die donker langs my verskyn. Die monstermasker is grusaam, die enkellengte jas misterieus.
“Jy het my betower, Heks.” Die stem is laag en heserig. “Hoe lyk dit met ’n drankie in my kamer?” ’n Hand swaai half terloops ’n halwe bottel Jack Daniels onder my neus rond soos ’n staanhorlosieslinger. Die amber vloeistof klots verleidelik. “Daar is selfs parkeerplek vir jou besem.”
Frankenstein is van middelmatige lengte, nogal skraal, en die liggaamshouding vol selfvetroue. Ek wonder wat van die ander helfte van die bottel Jack geword het, want hy lyk nog betreklik nugter. Voor op die wa, maar loshande die beste proposisie tot dusver, en ek is al met minder deugdelike dinge as ’n bottel whiskey omgekoop.
Ek glimlag en reik na die bottel. Streng vingers betig my hand, talm sensueel op my vel.
“As jy ’n sluk vat, is dit ’n deal, reg? My kamer?” Ek lag. Na twee jaar op universiteit kan ek na myself kyk. Ek is nie bang vir Frankenstein nie, nie eers alleen in sy kamer met daardie masker op nie.
“Natuurlik. ’n Heks hou altyd haar woord,” sê ek hoogmoedig. Die diep sluk kom lê laag en warm in my maag. Dié goed behoort teen die wet te wees. “Alle geval, as ek reg onthou, is die deal net ’n drankie in jou kamer.”
“Tot dusver, ja.” Die afskuwelike masker word teruggestoot tot op Frankenstein se agterkop sodat dit dak toe kyk. ’n Deal is ’n deal, maar behalwe vir maskers moet mens blykbaar ander geheime, valse voorwendsels en wanvoorstellings ook te wagte wees op Hallowe’en.
“Sussa,” berispe ek haar woordeloos. “Jy mors ons al twee se tyd. Jy het twee kanse. Geen en nul.”
Klik hier vir nog inligting oor LêNet se Hallowe’en-kompetisie.