Hygliteratuur | Erotic literature

 
Hyg met Hallowe'en: Die volmaan groot en helder oor die boomtoppe
Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Dit was tydens ’n kurses om te leer hoe om ’n professionele massering te doen toe ek haar ontmoet het. Lank en skraal met ’n pragtige bos donker hare wat die gesofistikeerde gesiggie omring het. Sy was laat en die hele klas het vir ’n wyle stil geword toe sy ’n verskoning bied en gaan sit. Ek het seker gemaak  dat ons van mekaar bewus geword het – so ’n bietjie nader gestaan tydens pouse, ’n woordjie hier en daar, totdat ons heel gemaklik met mekaar gevoel het. Toe kom die opdrag dat ons die verskillende masseertegnieke moet oefen – verkieslik op een van die medestudente, want só kan ons by mekaar leer.

Gelukkig was ek langs haar toe die opdrag kom en ek gryp die geleentheid aan. Sal jy belangstel dat ons later die week by mekaar uitkom vir die oefening? Sy het nadenkend ingestem en ons het die res van die kurses gereeld saam geoefen. Ek kon my oë nie van haar pragtige liggaam afhou nie en ons het mekaar terdeë geniet – meestal baie skraps geklee en soms nakend met net die handdoeke as bedekking soos ons die tegnieke bemeester het. Ek hoef nie te sê dat ek deurgaans so jags was dat ek nie uit my oë kon sien  as haar sagte maar ferm liggaam onder my strelende hande deurgeloop het nie.

Ons het mekaar al hoe meer intiem leer ken en regtig heerlik saam geoefen, lekker gelag en sommer net fun saam gehad.

Uiteindelik was ons kurses klaar en ons het elk sy eie gang gegaan. Ek was vasgevang in ’n ongelukkige huwelik en sy geskei. Dit was vir my erg om haar nie meer te sien nie en ek het besluit om op ’n voetslaan-uitstappie van vier dae te gaan by Kosibaai. Natuurlik alleen …

Die dag voor my vertrek lui die foon en my hart slaan ’n slag oor toe ek haar sensuele stem hoor. Eers net oor ditjies en datjies gepraat en ek vertel haar toe van my stapplanne. Sy het dadelik belangstellend uitgevra, aangesien dit vir haar iets nuuts was. Om ’n lang storie kort te maak – ek het haar die volgende oggend baie vroeg opgelaai. Ons was al twee so opgewonde! Ek het die vorige dag inderhaas nog ’n rugsak vir haar ingepak met die nodige goedjies en ons het net die oggend haar kleertjies in die motor gegooi en laat waai. Kosibaai is op die heel noordelike grens van Kwazulu-Natal en ’n hele paar uur se ry weg. Sy het ’n vrolike kort somersrokkie aangehad wat haar pragtige bene ten toon gestel het. Toe sy later haar hand hoog op my been laat rus het, het my hand ook vertroulik op hare gerus. Haar rokkie was so hoog opgeskuif dat ek die baie sagte vel net langs haar koekie onder my vingers kon voel. Die tyd het stilgestaan en ek was so opgewonde dat ek sweerlik gedrup het soos ’n seun van 18 jaar. My broek was naderhand deurnat by my voëlkop en my vinger het liggies die gladheid van haar koekie ontdek. Sy was glad geskeer en het nie ’n broekie aangehad nie! 

Ons het laatmiddag by die oornaghut aangekom, afgepak en deur die digte bosse tot by die meer gestap om te gaan afkoel. Daar is nog heelwat seekoeie en na deeglike inspeksie het ons besluit om die lou water aan te durf. Die sand daar is spierwit skoon en ons was totaal alleen. Sonder om te blik of te bloos het ons inderhaas van ons klere ontslae geraak, hande gevat en stadig die heerlike water ingestap. Dit neem so tweehonderd meter voordat mens so halflyf in die water staan. Dit is seker nie nodig om te sê dat my voël teen dié tyd stokstyf gestaan het nie, met my voëlkop al kloppende!

Sy het my hand gelos en my voël saggies in haar hand omvou en so is ons al dieper in tot ons mekaar in die  water kon omhels. Met haar arms om my nek het sy haar bene om my boude geslaan en ons het stadig ons onderlywe so beweeg totdat ek my voëlkop deur haar lippies voel gly het totdat ek hom diep binne haar kon voel klop. Ons het nie een beweeg nie en die hemelse gevoel net ervaar en geniet. Dit was die volbringing waarna ons liggame al so lank gesmag het. Die ervaring om so diep in die meer te staan, die totale afgesondering, die oewerbos met al die voëlgeluide, die geurige nabyheid van die vrou wat ek gedurende die paar voorafgaande weke leer liefkry het en die besondere intiemheid om my liggaam diep binne hare te hê, was net onbeskryflik! Ons het sonder om dit eers te bespreek, gewag totdat my ereksie gesak het, saggies uit mekaar uit gegly en al spelende en spattende teruggeloop oewer toe. Teen dié tyd was dit al sterk skemer en ons is terug kamp toe.

Aanvanklik was dit baie donker en ons het knus langs mekaar by die knetterende vuurtjie gesit en na die naggeluide gesit en luister. Een keer het ons geruk van die skrik toe ’n nagaap sy onaardse skreeu reg bokant ons koppe gelos het. Ons het lekker gelag en ek het haar styf vasgehou. Ons liggame het heerlik gereageer en sy het my agteroor gedruk en wydsbeen oor my kom hurk en saggies haar lippies om my voëlkop gevou en ritmies op en af en heen en weer met haar onderlyf beweeg. My oë was styf toe om die grootsheid van die oomblik in te drink. Sy het skielik meer dringend beweeg en haar koekie hard oor my voël gestamp. Sy was so ontsettend glad en ons orgasmes het opgebou totdat daar geen keer meer aan was nie. Ons het saam ontplof en toe ek my oë uiteindelik oopmaak, het die volmaan groot en helder oor die boomtoppe geloer – en ek het geweet hierdie is die wonderlikste oomblik van my lewe!

Klik hier vir nog inligting oor LêNet se Hallowe’en-kompetisie.


Comments 1 Reaksies | 1 Comments
Delete Comment
avatar
TellMe
2012-10-17 @12:07
Ooo lekker buite in die natuur ... "brings out the animal in you".
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address