Hygliteratuur | Erotic literature

 
Hyg met Hallowe'en: Die kop
Ek sit in die kombuis. Dit is donker buite, die maan is donker en die wind loei om die hoeke van die huis.

Ek voel so jammer vir myself en die skuldgevoelens spoel weer oor my. Jy is nog so onskuldig en ek het jou huis toe gebring met net een gedagte in my kop en dit is: ek wil jou eet. Nie gewoonweg en normaal nie, maar vulgar.

Stadig verwyder ek die bedekking om jou en lê jou bloot in jou natuurlike glorie. Jy is stokstyf en ruik nog so vars. My hand streel oor jou en jy is so warm: as ek my asem oor jou blaas, vorm daar ‘n stoomwolkie in die lug. Jy is hard  en as ek jou hare liefderik van voor na agter kam, voel ek elke knoppie en gleufie oor die lengte van jou maaksel.

Die wonder wat my oë aanskou, kan nie beskryf word nie. Ek kan die drang om jou in my mond te neem, nie meer weerstaan nie, en tog verset ek my daarteen. My lippe streel sag op en af oor jou hele lengte en jou lieflike geur vul my neus.

Dan verkrummel my weerstand en ek neem jou in my mond. Ek suig jou oor jou hele lengte en jou soet geur maak my mal. My onderdrukte drang vlieg by die deur uit en ek gee my oor aan my dierlike instink.

My tande knibbel sag van voor na agter en dit spoor jou aan om die lieflikste geur vry te stel, wat my mond vul met genot. Ek sluk die vrug wat jy aanbied stadig en my tande gaan weer op en af terwyl jy onbaatsugtig jou kant bring.

Toe jy klaar is en geen vrug of geur meer oor is nie, suig ek jou vir laas op en af tot daar niks meer oor is nie.

Ek hou jou in my hand en terwyl ek na jou staar, wens ek dat jy weer skielik styf en ryp in my hand moet lê, maar helaas, niks gebeur nie, en met ’n sug gooi ek jou in die vullisdrom ... want wat maak mens nou met ‘n suikermieliestronk?

Tot die volgende oes.

Lees nog oor die Met die maan gepla-kompetisie.

Comments 1 Reaksies | 1 Comments
Delete Comment
avatar
TellMe
2012-10-17 @12:30
Hoe heerlik klink dit nie nou nie.
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address