Huldeblyk: Chris Barnard oor André P Brink

  • 0

André Brink word al vyftig jaar lank deur medeskrywers beskou as een van die groot ligtorings in die Afrikaanse letterkunde. Daardie lig is nou skielik verdoof. Vir my was hy nie net ’n groot skrywer nie.  Hy was ook ’n baie spesiale vriend.

Almal weet hy was ’n veelkantige mens, ’n briljante akademikus, ’n goeie spreker, ’n skeppende gees, ’n uitsonderlike skrywer en immer ’n omstrede politieke stem in die wildernis. Hy is nie net hier in ons land gewaardeer nie, maar dwarsoor die wêreld. 

Dat hy so moes sterf, ’n duisend meter bo die Afrika-vasteland, is ironies maar ook op ’n manier van pas. Hy het immers altyd alles anders gedoen. Ek sal sy lewensvreugde altyd onthou, en sy passie, en sy sprankelende humorsin, en sy stil beskeidenheid, en sy lojaliteit.

Vir my is hy as ’n vriend onvervangbaar – vir Afrikaans is sy dood die einde van ’n merkwaardige pad.

Chris Barnard

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top