Poësie-kompetisies | Poetry Competitions

 
Hoe lyk jou stad-kompetisie: My stad

my stad

soms word my jakaranda
’n sinistere figuur, ’n russiese
attaché met ’n hoë wit voorkop
en ’n mus van silwerjakkalspels

my jakaranda het gloeiende
straatlamp-oë, uitgekerfde wangbene
en ’n ingesakte messteek bo
sy standbeeldbaard

uit die wonde van my stad
vloei pienk inkvlekke soos die
bloed van psigedeliese insekte
middels, agente, verslappers

Scoline, Ketelaar, sambreel, drupbottel
Silatrane, apteek – ontrafelde geheime
van ’n misdaad teen die mensdom:
ons vir jou, Thaba Tshwane

soos ’n Vierde Julie-party ontplof
skote van ’n motorkaping voor die
Amerikaanse ambassade; werkloses
dreunsing hul eise hoog teen Meintjieskop 

oor die vaagbekende hool van Sunnyside
word ’n stortbui suurreën ’n lamentasie
by die mis: Gloria in excelsis Deo
vir die aborsieklinieke van my stad

God se seën makeer Pretoria


Klik hier vir inligting oor hierdie kompetisie.

Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address