Poësie-kompetisies | Poetry Competitions

 
Hoe lyk jou stad-kompetisie: daar is ’n pad wat soos ’n hartsnaar oor skotland se vlaktes hardloop

daar is ’n pad wat soos ’n hartsnaar oor skotland se vlaktes hardloop waar immergroen
heuwels kantel soos die sagte rondings van ’n vrou se lyf daar is ’n pad soos ’n hartsnaar
waarop drie geeste wasig stap ewig in my oog vasgebrand beur en deins daar drie geeste
wat ryloop in jeans daar is ’n pad daar is ’n pad daar is ’n pad ewig vasgebrand waarop ons
bloedjonk en modderig stap en saans voor ek slaap saans voor ek slaap stap ek weer langs
immergroen heuwels en kantel die dae tussenin wasig en die dag kom die dag kom die dag
kom fluister ek in die donker tussen slaapnewels die dag kom fluister ek wanneer ek my
gekneuste self tussen die wit vlaktes uitgestrek soos ’n geëelte hand sal lawe soos ons destyds

jonk en groen teen die gietende reën moes hawe die dag kom soos ’n pad soos ’n hartsnaar



Klik hier vir inligting oor hierdie kompetisie.

Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address