Hoe lyk jou stad-kompetisie: daar is ’n pad wat soos ’n hartsnaar oor skotland se vlaktes hardloop

  • 0

daar is ’n pad wat soos ’n hartsnaar oor skotland se vlaktes hardloop waar immergroen
heuwels kantel soos die sagte rondings van ’n vrou se lyf daar is ’n pad soos ’n hartsnaar
waarop drie geeste wasig stap ewig in my oog vasgebrand beur en deins daar drie geeste
wat ryloop in jeans daar is ’n pad daar is ’n pad daar is ’n pad ewig vasgebrand waarop ons
bloedjonk en modderig stap en saans voor ek slaap saans voor ek slaap stap ek weer langs
immergroen heuwels en kantel die dae tussenin wasig en die dag kom die dag kom die dag
kom fluister ek in die donker tussen slaapnewels die dag kom fluister ek wanneer ek my
gekneuste self tussen die wit vlaktes uitgestrek soos ’n geëelte hand sal lawe soos ons destyds

jonk en groen teen die gietende reën moes hawe die dag kom soos ’n pad soos ’n hartsnaar

Klik hier vir inligting oor hierdie kompetisie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top