Haikoe

  • 0

Hier's nege haikoe (of sê mens haikoes?). Laaste twee veral vir Pieter Redelinghuys en Thomas.

1
Die reuk van koerant
meng met die brommergeluid
buite draai 'n valk

2
Die skuimpies gly af
en die beker se bodem
draai die wêreld om

3
Akkedis staar stip
maar mot sit sonder kommer
en verdwyn krakend

4
Die spanningslyn styg
en klim en styg en klim tot
die kat knor en blaas

5
Die vuurhoutjielig
teken verkeerde gesig
onnie se lat brand

6
Reuk van leer en sweet
bring donker rus en vrede
ses sewe agt uit

7
Hardloop soos die wind
deur opkikker of eet van
verbode vrugte

8
Voete vrot geskiet
in die hoekie toegeverf
maar vors bly getof

9
Die vryvoëls sing
jubelend oor bevryding
die wingerde brand

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top