Notas, toetse en vraestelle | Notes, tests and papers

 
Graad 9 Afrikaans Primêre Taal Navorsingstuk: 'n Moderne ikoon

'n Moderne ikoon

Nelson Mandela, Madonna, Britney Spears, David Beckham – almal moderne ikone wat jong mense regoor die wêreld inspireer.  Wie beskou jy as ’n ikoon? 

Doen navorsing oor 'n moderne (lewende) ikoon vir wie jy nog altyd 'n matelose bewondering gehad het.  Gebruik boeke, tydskrifte, ensiklopedieë, die internet, ens. as bronne om 'n profiel oor jou gunsteling-ikoon saam te stel.

Jou navorsingstuk moet die volgende afdelings insluit:

  1. 'n Inleiding waarin jy verduidelik wat die begrip “ikoon” behels.  Verder moet jy die leser inlig wie die persoonlikheid is oor wie jy navorsing gedoen het, en aandui waarom dié besondere persoon jou inspireer. (Ongeveer 50 woorde)
  2. 'n Kort biografie van die persoon wat jy nagevors het.  Gee vir die leser ’n kort lewensbeskrywing van jou ikoon. (Ongeveer 120 woorde)
  3. Gee 'n oorsig van die persoon se loopbaan of lewe en dui spesifieke hoogtepunte aan.  Uit hierdie afdeling moet dit duidelik wees waarom die individu wat jy gekies het, 'n uitsonderlike mens is. (Ongeveer 300 woorde)
  4. 'n Slotparagraaf waarin jy jou samevattende opmerkings maak. (Ongeveer 25 woorde)
  5. Foto’s van jou ikoon wat jy deur jou taak versprei om dit so interessant moontlik te maak.  As jy kleurfoto’s kan gebruik, sal dit jou navorsingstuk ophelder en lesersvriendelik maak.
  6. ’n Bronnelys waarin jy erkenning gee aan die boeke, tydskrifte, koerante, die internet, ens. wat jy in jou navorsing gebruik het.

Onthou die volgende belangrike dinge:

  • Jou navorsingstuk moet netjies getik wees.
  • Jy moet jou stuk van 'n voorblad voorsien met die volgende inligting:
    • jou naam, van en graad
    • ’n behoorlike titel en die naam van die vak: Afrikaans Primêre Taal
    • die datum
  • Moenie net jou bronne oorskryf nie; verwerk jou inligting sodat jy dit in jou eie styl en woorde kan weergee.
  • Sorg dat jou taalreëls nagekom word: waak teen spel-, punktuasie- en taalfoute.  Hou jou styl formeel.
  • Bind jou navorsingstuk.
  • As jy nie weet hoe om 'n bronnelys saam te stel nie, raadpleeg jou onderwyser, die internet of die persoon in beheer van die skool se biblioteek.
  • Die navorsingstuk moet in jou portefeulje ingesluit word.

Inlewerdatum:    ___________
Totaal: 60

Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address