Gestremde vroue – regtig ’n double negative?

  • 0
Bettina Wyngaard (Foto: LitNet/Naomi Bruwer)

“You strike a woman, you strike a rock.”

Elke Augustus sien ons daai woorde oral. Beeldmateriaal oor die historiese march na die Uniegebou word oor en oor uitgesaai. Tog weet al hoe minder mense waaroor die herdenking gaan. Bitter min bornfree’s weet, of gee om, wat die politieke significance van die dag is.

Vrouedag word ’n commercial storie, soos Valentynsdag en Easter. Die vroue wat in hulle duisende hulle veiligheid en hulle vryheid gewaag het omdat hulle ’n beter toekoms vir hulle families wou hê, word amper vergeet in die frenzy van blomme en sjokolade, breakfast in die bed, en ’n dag van pamperlang by die spa. Ek wonder soms wat daai vroue wat met ’n pas in die een hand, ’n petisie in die ander, en vrees in die hart na Pretoria gemarch het, moet dink as hulle sien hoedat ons hulle opoffering “vier” – soos die kruisiging wat herdenk word met Easter eggs en hot cross buns.

Daai slogan is nie eers waar nie – dis die ergste van alles. You strike a woman ... en jy tref brose, kneusbare vlees, breekbare bene. Geen hofbevel in die wêreld kan jou beskerm teen die vuiste van jou geliefde wat in die nag op jou neerreën nie. Ons grondwet is een van die mees moderne, liberaalste en gesofistikeerdste in die wêreld, en tog is ons land een van die gevaarlikstes ter wêreld vir vroue. Ons is op ons onveiligste in ons intieme verhoudings, soos wat navorser Lisa Vetten in ’n onlangse verslag bewys – en dis waar dwarsoor kleur-, sosio-ekonomiese, klas- en opvoedingsgrense heen. As ’n middelklasmodel in ’n rykmansbuurt op Valentynsdag aan die hand van haar kêrel kan sterf, wat kan die res van ons verwag? Geweld teen vroue is die groot equaliser in ons gemeenskap. Maar selfs hier is sommige more equal than others.

Met Vrouedag pas verby, en Augustus wat toegewy word aan vroue, wonder ek oor disabled vroue spesifiek. Ons weet disabled vroue is twee tot drie keer meer blootgestel aan geweld en abuse as ander vroue. Maar hoekom sien en hoor ons so min van disabled vroue en hulle unieke uitdagings - nie net rondom geweld nie, maar sosiaal, seksueel, polities, kultureel, in hulle werk? Hulle is ready, willing en able om te praat daaroor.

Miskien is dit juis die probleem, want as ons weet wat aangaan, moet ons mos iets doen daaromtrent. Dan kan ons nie meer skuil agter “ek het nie geweet nie”.

Ons het fantastiese wetgewing, sowel die grondwet as arbeidswetgewing, wat die regte van gestremdes beskerm en diskriminasie verbied. Dis egter grootliks papierregte. Die werklikheid is dat gestremde vroue diskriminasie ervaar op gereelde basis, soms so subtiel dat dit selfs ongemerk kan verbygaan. Die persoon aan die ontvangkant van die diskriminasie wéét egter altyd, selfs al kan hulle dit nie bewys nie.

Al ooit gewonder wat gebeur as iemand in ’n rolstoel lus is om vir ’n bier uit te gaan? Nie ’n enkele kroeg of nagklub waarvan ek weet, is toeganklik vir rolstoele nie – miskien ’n subtiele “no entry”-teken, want dis nie cool om te kuier terwyl jy dalk oor ’n rolstoel kan struikel nie? Om van seksualiteit nie eers te praat nie. Daar word net aanvaar dat ’n gestremde persoon nie seksuele gevoelens ervaar nie, en dis natuurlik onwaar. Seksualiteit is deel van die human condition. Wanneer ’n geestesgestremde vrou seksueel aktief raak, word daar haastig plan gemaak om haar te steriliseer, meesal sonder dat sy regtig verstaan wat aangaan. Dis bloot makliker as om haar seksueel te probeer opvoed, of om beskerming te bied indien daar gevaar van seksuele abuse bestaan.

Maatskappye sal vinnig ’n gestremde persoon aanstel sodat hulle die regte blokkie kan afmerk wanneer hulle employment equity verslag ingehandig moet word. Min is egter bereid om die toegewings en aanpassings te maak wat ’n gestremde persoon met sukses integreer in die werksplek. Die probleem is dieselfde as met affirmative action breedweg. Mense word in posisies aangestel omdat hulle potensiaal toon, maar dan word hulle nie korrek gementor en integreer in die werksplek nie. They are set up to fail, en dan sal die negatiewes baie vinnig kritiseer dat “hulle” nie die werke verdien het nie, en net op grond van ras/geslag/kleur/gestremdheid aangestel was. Bring boonop fisieke en gesondheidschallenges in die gedrang, en die moontlikhede vir dinge om verkeerd te gaan word eksponensieel vermeerder.

Daar is egter disability aktiviste wat besig is om stadig maar seker die landskap rondom ons te verander en te verbeter vir disabled vroue. Karen Smit, Nicky Abdinor en Marlene le Roux is die spreekwoordelike high-powered movers en shakers. Hulle is al drie disabled, maar nie een laat toe dat hulle fisieke en gesondheidsuitdagings hulle stop om te doen wat hulle moet doen nie.

Nicky, ’n kliniese sielkundige en motiveringspreker, het ’n toestand genaamd fokomelie. Sy is sonder ledemate gebore. Deur haar organisasie, Nicky’s Drive, beywer sy haar vir groter mobiliteit en om voertuie aangepas te kry vir gestremde persone. Haar projek, en die voertuig wat spesiaal vir haar ontwerp word, is deel van die World Design Indaba wat in November in Kaapstad gehou word, sover ek weet ’n eerste in die wêreld.

Marlene, die Artscape-direkteur vir Audience Development and Education, het polio gehad as baba. Haar een been is korter en onderontwikkeld. Marlene, self die ma van ’n gestremde seun, se aktivisme fokus op opvoedingsgeleenthede vir gestremde leerders.

Karen, ’n besigheidsvrou wat spesialiseer in diversiteit en disability management in die werksplek, het juvenile rheumatoid artritis as vierjarige opgedoen. Die siekte tas gewrigte aan, en sy beweeg met behulp van krukke.

Hulle is al drie ongelooflik dinamiese vroue, met ’n vlymskerp intelligensie en dryfkrag om daadwerklik ’n verskil in die samelewing breedweg, en in die gestremde gemeenskap spesifiek, te maak. Hulle is vroue op die boonste spoor van hulle beroep. Hulle is egter die uitsondering, eerder as die reël, en dis iets wat hierdie vroue duidelik na aan die hart lê. Die narrative wat in elkeen se lewe duidelik deurkom, is dat nie een van hulle as anders, of spesiaal, behandel wil word omdat hulle gestremd is nie. Nie een van hulle wil deur hulle gestremdheid gedefinieer word nie, alhoewel nie een van hulle dit wegsteek nie, selfs al sou hulle kon.

Martelize Brink (Foto: LitNet/Naomi Bruwer)

Karen het tydens Artscape se Women/Humanity Arts Festival verlede week die inisiatief WAND (Women’s Achievement Network for Disability) geloods. WAND het ten doel om die prestasies van gestremde vroue uit te lig, en ook om ’n netwerk op te bou vir gestremde vroue in besigheid. Martelize Brink, gewilde radiopersoonlikheid en motiveringspreker, was die hoofspreker by die geleentheid. Sy het haar toespraak begin met die baie profound stelling: “I’m subject to the double negative of being a woman and being disabled.”

In gender-terme noem ons die verskynsel waar mense op meer as een vlak diskriminasie ervaar, intersectionality. So sal ’n swart lesbiër in ’n rolstoel byvoorbeeld intersectionality op vier vlakke ervaar: ras, geslag, disability en seksualiteit. Voor Donderdagaand het ek nog nooit van die term “double negative” (en in Marlene se geval triple negative, want sy is boonop bruin) gehoor nie, maar om een of ander rede voel dit gepas en eerlik op ’n manier wat “intersectionality” nog nooit vir my gevoel het nie.

Ek het al heelwat oor identiteit en labels geskryf, maar altyd uit die beperkte perspektief van ’n able-bodied persoon. Dit het nooit by my opgekom dat ’n disabled persoon anders identifiseer as wat ek identifiseer nie, ten spyte van die feit dat ek dalk effens meer blootgestel is aan disabilities as die gemiddelde persoon. My oom is blind. Die vrou wat my naaldwerk doen, is doofstom. ’n Voormalige kollega is ’n parapleeg. Enige klein plattelandse gemeenskap het ’n paar geestesgestremde persone. Intellektueel weet ons dat daar challenges is, maar dink ons aan hoedat hulle gestremdheid die manier hoe hulle self-identifiseer beinvloed, of hoedat dit hulle keuses inperk? En is ons nie soms wilfully oblivious nie, want as ons beter weet moet ons beter doen?

Die refrein wat keer op keer weerklink wanneer gestremde persone praat oor hulle gebreke, is die narrative van onsigbaarheid. “Normale” mense voel so ongemaklik dat hulle maak of hulle nie die gestremde persoon raaksien nie, of die gestremdheid is al wat hulle sien, sodat hulle nie die persoon agter die rolstoel, kruk of donkerbril en stok raaksien nie.

Ek het Marlene, Karen en Nicky gevra oor Oscar Pistorius se volgehoue insistence tydens sy verhoor dat hy as gestremde persoon anders optree en spesiale behandeling moet kry. Dis tog lynreg in stryd met hulle narrative dat hulle nie spesiale behandeling wil hê nie? Marlene, dalk die mees uitgesproke van die vroue, stel dit besonder diplomaties: “What I’m very clear about, is that we must not use our disabilities to further unjust causes. There is nothing mentally wrong with Oscar. He never dealt with his disability.” En gestremdes oraloor, alreeds benadeeld op verskeie maniere, betaal die prys daarvoor.

Bron: capetownmagazine.com

Marlene bied ook ’n mening aan oor wat die probleme is waarmee gestremde vroue en jong mense veral sukkel. “My activism is about self-acceptance, and to highlight our challenges. And especially highlighting the poverty that exist in the disability sector. It is therefore important to look at how we as a nation address the equal education opportunities for young persons with disabilities. And to look at the adequate resources they need to access education.”

En sensualiteit? Marlene het ’n paar jaar terug ’n koffietafelboek uitgebring met gestremde vroue in sensuele posisies. Sy, en die ander vroue in die boek, bewys met elke foto dat sexy ’n state of mind is.

Hierdie vroue, en vele ander disabled vroue, doen elke dag alles in hulle vermoë om die double, triple en selfs quadruple negatives in positives te verander. En hulle maak die woorde: “You strike a woman, you strike a rock” waar, want hulle is rotse in ons gemeenskap.

Ek salute hulle.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top