Gelukwense aan SALA-pryswenners

  • 0

Van Kerneels Breytenbach, PEN Afrikaans se ondervoorsitter, die volgende boodskap:

Namens die bestuur en lede van PEN Afrikaans wens ons ons voorsitter, Sonja Loots, hartlik geluk met die toekenning van die K Sello Duiker-gedenkprys aan haar vir haar roman, Sirkusboere. Die prys, wat deel is van die Suid-Afrikaanse Letterkundetoekennings (SALA), is Saterdag in Bloemfontein aan haar oorhandig. Sonja is onlangs ook met die M-Net Literêre Prys vir dieselfde roman bekroon. Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns het ook die Eugène Marais-prys aan haar toegeken vir Sirkusboere.

By dieselfde geleentheid, wat in Bloemfontein gehou is, is Francois Smith bekroon met SALA se literatuurprys vir vertaling uit Engels (vir David Kramer: 'n Biografie), SJ Naudé met die prys vir die beste debuutwerk (Alfabet van die voëls) en Johann Lodewyk Marais met die prys vir digkuns (Diorama). Ons hartlike gelukwense ook aan hulle.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top