Jaco het 'n brief vol vrae aan my gerig (26/11) waarop ek geantwoord het, 'n brief direk aan hom geskryf (27/11), en sy reaksie daarop is 'n algemene brief waarin hy tangensiale reaksies op van my vrae gee.
Jaco het gelyk oor een ding naamlik dat daar wel so-iets soos gekkegrenspolitiek is. Sy vae definisie, naamlik dat die bedryf daarvan daarin bestaan dat mense geskille van die verlede veg met die eentonige leuse "ons het julle mos gesê" hou nie water nie. Hoe kan mens nou 'n geskil van die verlede 'veg'? Wat wel kan gebeur is om te let op 'n handeling van die verlede wat 'n negatiewe effek op die hede het. As jou kar gaan staan het sonder petrol kan die feit dat jy in die verlede nagelaat het om petrol in te gooi nie ignoreer word nie; jy moet sorg dat jy in die toekoms wel brandstof ingooi.
Nee, gekkegrenspolitiek is die intense bedryf van wat die Engelse FACTAP noem, frightful arse covering tactics and denial politics. Dit word bedryf deur mense wat die verkeerde bos en perd respektiewelik voor geblaf en opgesaal het– hetsy uit hoofde van naïwiteit of weens werklik bose bedoelings – en nou dat die uiters negatiewe gevolge van daardie handelinge manifesteer (daar is byvoorbeeld elke 16 sekondes 'n verkragting in die NSA) word die skuld aan ander toegedig en/of hulle ontken bloot wat teenswoordig aan die gang is.
Hierdie FACTAP-ouens is ook groot storie-aandikkers. Jaco praat byvoorbeeld van die "... eentonige leuse van 'ons het julle mos gesê' ..." Eentonig? Ek gooi seker al meer as tien jaar my stuiwer in die armbeurs hier en die kere wat ek die sinsnede wel gebruik het, was die afgelope maand of twee (en dit na aanleiding van 'n uitbarsting van Niekie 'n tyd gelede).
Benewens aandikkers is hierdie ouens ook kranige woordverdraaiers. Jaco sê byvoorbeeld dat ek FW de Klerk "... gedurig vir die situasie verkwalik". Ek is op rekord hier dat ek al gewonder het of FW nie dalk gedwing was om te doen wat hy gedoen het nie want wie weet of iemand hom nie aan die kortes beetgehad het nie. Veral in die lig van die feit dat hy in '97 gesê het dat, sou die NP ooit die beleid van die PFP implementeer, dit tot chaos en ekonomiese verval sou lei. Wat ek wel gesê het is dat, ironies genoeg, De Klerk toe die ou was wat wel PFP-beleid implementeer het.
Buitendien, ek het al dikwels gesê dat hierdie aanslag teen die Afrikaner kom al van lankal af. Die NP het effektief in die laat 60's ophou bestaan maar die aanslag is al sedert die ontdekking van goud. Die FACTAP-ouens, egter, het die storie hoek, sinker, lyn, katrol en visstok gesluk dat menseregte, kamtige demokrasie, die kwessie was.
Nog 'n voorbeeld van verdraaiing is dat ek sou sê alle swartes wat ANC gestem het is aanhangers van die Xhosas. Wat ek wel gesê het is dat die Xhosas 'n minderheidsgroep is en as sodanig dan in effek 'n minderheidsregering is. Daar is wel anderstaliges in die regering maar hulle is Xhosalojaliste. En, terwyl ons nou op die onderwerp is, nie almal wat vir die ANC gestem het wou eintlik nie maar hulle was erg intimideer. Verder, wat 'meerderheidsregering' betref; dis nie eintlik meerderheid as mense gedurig instroom nie; immigrante is besoekers, nie burgers nie.
Van die kenmerkendste eienskappe van die FACTAPs is drogredenasies, flou teenargumente, die soort van ding. Nie dat daar iets met hulle intelligensie skort nie; dis net dat dit geweldig moeilik is om iemand aan te val wat die waarheid praat. Hulle sal byvoorbeeld 'n slagspreuk uit 'n koerant aanhaal en dit as 'n rede aanvoer, iets absurds soos "eenheid in diversiteit". Of, soos spesifiek Jaco in sy brief van gister, haal hy 'n stelling van my aan en noem dit onlogies. Dit mag wel onlogies wees, ek gee toe, maar dan moet hy sê hoekom hy so dink, anders is dit mos nou nie debat nie of hoe?
Nog 'n kenmerk van hulle is, weens die onsekere grond waarop hulle staan, is uitermate sensitiwiteit. Sodra hulle bevraagteken word skud dit hulle kaartehuis inmekaar en hulle woede manifesteer dan in ad hominem-gedrag, noem mense 'onbenullig', 'fanaties', die soort van ding. Hierdie onsekerheid wakker dan ook in 'n mate 'n soort van 'n vervolgingswaan aan; Thys sou my 'sidekick' wees, Dan Roodt my 'meester'. Hulle voel daar's 'n sameswering teen hulle.
Ter afsluiting: De Klerk alleen is nie verantwoordelik vir die oordra van mag aan die ANC nie; hy het 'n mandaat van 70% van die kiesers gekry, en 70% van die kiesers het hom die groen lig gegee omdat die oorgrote meerderheid van hulle 'n rat voor die oë gedraai is.
En laastens, ons hét julle mos gesê.
Jan Rap