SêNet-briewe | Letters

 
gekkegrens-politiek

Die verskil tussen hoofstroom-politiek en gekkegrens-politiek is dat eersgenoemde oplossings vir hedendaagse probleme probeer vind, terwyl in gekkegrens-politiek in teenstelling is hulle politiek op onbekombare drome gebaseer, en veg steeds die politieke geskille van die verlede, met die eentonig leuse van “Ons het julle mos gesê!”, ’n re-aktiewe en ontwykende benadering tot hedendaagse politiek en verantwoordelikhede.

Die feit dat daar verskillende politieke partye in hoofstroom-politiek is, is omrede daar verskillende oplossende benaderings tot dieselfde problem onderling gesoek word, ’n positiewe aspek in politiek, want dan bewerkstellig die opponerende benaderings uiteindelike sintesis (thesis vs anti-tesis = sintesis).

In die geval van ons gekkegrens-politiek kan sintesis  nie plaasvind nie, want alles wat hulle verkondig, is op onwerklikhede gebaseer. Word hulle met hierdie onwerklikhede gekonfronteer, dan retireer hulle terug na die ou politieke geskille van die verlede as argument vir die hede.

Net om ’n paar voorbeelde te gee:

Ek vra Jan Rap wat sou sy voorgestelde haalbare oplossing vir Afrikaners pre-1994 gewees het, aangesien hy FW gedurig vir vandag se situasie verkwalik, en wat is sy voorgestelde haalbare oplossing vir die Afrikaner vir die toekoms, met voorgestelde strategie in beide gevalle  Hy gee ’n enkele oorvereenvoudigde (droomland) antwoord op beide vrae, nl dat 9 swart state en ’n enkele wit staat vir hom goed genoeg sou wees.  Sy “sidekick” Thys Human beaam hom met “goeie antwoord JR!” (Terloops in sy profile, spog Thys hy dink deurgaans “empiries”, seker tong in die kies gesê).

Die werklikheid is dat pre-1994, daar 10 “de facto” swart state in SA was, en geen wit staat nie, want die feit is dat blankes in hulle sogenaamde “wit” staat altyd ’n aansienlike minderheid was, en dat daar geen manier was dat ’n blanke minderheidsregering politieke mag onbeperk sou kon gehandhaaf het nie.  Inteendeel ek was juis op Jan voorspelbare antwoord te wagte gewees, die dat ek het hom nog uitgewys het dat Blaar Coetzee gesê het dat die regering dit uiteindelik sou regkry om swartes vanuit die “wit” tuisland te verdryf, waar in effektief die teendeel gebeur het. (feitlike geskiedenis).

’n Ander voorbeeld van ontwykende gekkegrens-politiek is:  “ONS het mos gesê” ondersteuning vir die NP sou uiteindelik tot een-mens-een-stem lei.  Toe ek dit uitgewys het dat daar geen manier is dat ’n minderheidsregering mag onbeperk sou kon handhaaf nie, is die antwoord, dit is nie wat gesê was nie.  Nou toe nou, hoekom aan die een kant die verkwaliking van een-mens-een-stem, en aan die ander kant die ontkenning dat nie van minderheidsregering gepraat was nie.  As teëwerpsel is gesê dat die huidige regering ’n minderheidsregering is, want (volgens Jan) is alle swartes wat ANC gestem het onderdanig aan die Xhosas! Nou waar kom Jan aan sulke illogika?  (Seker van Roodt sy meester geleer).

Dan het ons Thys.  Hy wil my nie direk in enige debat konfronteer nie, maar gooi sy tussenwerpsels in hier en daar.  Toe ek genoem het die Nederlanders het Flip Buys (voorsitter van die Afrikaner Burgerlike Netwerk en Solidariteit); Michael de Cordier (Voorsitter Taalraad) en ander vooraanstaande Afrikaners uitgenooi het om hulle parlement toe te spreek, en dat dit opvallend was dat Roodt van Praag nie genooi was nie, was sy  antwoord tot die effek dat die kaaskoppe het nooit van Afrikaners gehou nie, asof hy my nou in my argument “gevloer” het. Toe ek hom ’n feitlike teen-antwoord gegee het, was hy toepstil (seker in verleentheid).

In ’n ander tussenwerpsel vra hy my wat dink ek nou van die DA sedert die uitslag van hulle kongres dit duidelik gemaak het dat die DA ’n oorwegende swart party gaan word, weereens asof hy my met sy vraag “gevloer” het. Ag sies tog, hoe pateties!  Droom die man steeds dat blankes weereens ’n alternatiewe regering in hierdie land sal kan bewerkstellig?  In antwoord sê ek, “so what if the majority are black?”  Solank die moontlikheid bestaan dat hulle dit gaan regkry om die ANC te vervang, ondersteun ek asook die meerderheid Afrikaners hulle.  Het hy vergeet dat 88% Afrikaanse lesers in ’n onlangse Beeld-peiling gesê het hulle hou van wat Helen Zille doen.  Ek wil myself verstout om verder te voorspel dat na die 2014 algemene verkiesing, geen VF+-gesigte in die parlement gesien sal wees nie, weens ’n algehele Afrikanerverwerping van uitgediende Afrikaner-politiek.

Ek vra Jan, as gevolg van sy stelling dat Roodt wag nie op himself om pro-aktief op te tree nie, om vir my voorbeelde te gee van pro-aksie en nie pro-praat van Roodt se kant. Die antwoord?  Hy kan baie voorbeelde gee, maar omrede ek so oor Roodt belese is, ken ek alreeds die antwoorde, dus is dit onnodige om aan sodanige versoek te doen, en dat pro-praat juis ’n voorbeeld van pro-aksie is!!!  Wel ek moet sê, ek is stomgeslaan dat ’n man so kan dink.

Ek wag steeds op Jan vir respons soos belowe op “Opsie 3” van “Afrikaner Selfstandigheid” 05 Nov 12.

Jaco Fourie


 

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

Comments 2 Reaksies | 2 Comments
Delete Comment
avatar
Lyn
2012-11-28 @14:48

Oe Jaco,  jy maak dag! Baie dankie vir die logiese, realistiese manier van redeneer oor die onderwerp. Beter kon ek dit nie gestel het nie. Jan Rap, ek hoop jy verstaan nou beter......!  Ek moet bieg dat ek lanklaas by LitNet ingeloer het maar ek is bly ek het! Geniet altyd jou skrywes oor politiek-sosiale aangeleendhede Jaco. Die klompie (ja hulle is maar min ... maar natuurlik erg verdeeld!) gekkegrensers wat so op dieselfde snaar van hulle kitaar tokkel is GAAP slaap .

Ek weet regtig nie wie gaan Jan Rip van Winkel en sy (terug?)denkgenote wakker ruk nie. Dalk moet hulle maar saam met die X-Rhodies gaan galbraak op Politicsweb.......  dis nou 'n geleendheid om sy geliefde Brits op te knap.

Delete Comment
avatar
Jaco Fourie
2012-11-29 @16:52
Lyn

Dankie baie vir jou gewaardeerde ondersteunende respons hierbo.

Jaco Fourie
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address