Stormweer in die psige
eendag lank lank
vergete reeds
het die middernagson
sy pad
deur die takke
oopgeskeur
die berghuisie ontbloot
waar hy
al wiegend
op sy kosyne
kners
terwyl die wind
hom van alle kante
grou
die wind wat blaas
en blaas en
blaas
totdat selfs die hoogste denneboom
rukkend hengel
in die maanverligte
duister
die getjank
wat eindeloos
in my ore fluit
fluit fluit