Endler Konsertreeks met Miagi

  • 0

Begeesterd. Dis die woord wat by my opgekom het terwyl ek na hierdie jeugorkes geluister het. Daar het ’n energie van dirigent Brandon Phillips, en later Tshepo Tsotetsi, na die orkes gevloei en terug. ’n Wedersydse besieling.

Die beeld in my gedagtes was dié van ’n helder, wit lig wat van iewers bo op hierdie jong musici skyn en deur ’n prisma breek om reënboogkleure deur te laat. ’n Reënboogorkes wat skitter! En die beeld het die slotreëls uit Opperman se “Gebed om die gebeente” (Engel uit die klip) in herinnering geroep: Gideon Scheepers se ma wat bid dat “al die bleek gebeente van die stryd” geseën moet word en “dat ons as een groot nasie in die gramadoelas/ met elke stukkie sinkplaat en met elke wiel,/ en wit en bruin en swart foelie agter skoon glas/ ewig U sonlig vang en na mekaar toe spieël”.

Die uitvoering was soos ’n antwoord op dié gebed: suiwer sonlig wat heen en weer kaats tussen reënboogmense en hierdie luisteraar na ’n vlak van euforie gevoer het.

Die programkeuse het gesorg vir luistergenot – van Ilke Alexander se komposisie “Other Kudoda” (die Sjona-naam vir ’n speletjie met klippies) tot Anders Paulsson se “Celebration Suite” en, na pouse, Tshepo Tsotetsi wat die orkes in sy eie komposisies gelei en ook sy slag op die saksofoon gewys het.

Die Sweedse sopraansaksofoonspeler Anders Paulsson se begeesterde spel kon enigiemand tot jazz bekeer!

Miagi, akroniem vir “Music is a great investment” (inderdaad!), het die entoesiastiese applous van die gehoor verdien. Hulle het immers staande ovasies ontvang in die Berlynse Filharmoniese Saal, die Young Euro Classic- en Schleswig-Holstein-musiekfeeste, die Royal Palace in Stockholm en die Concertgebouw in Amsterdam.

En dit was die afsluiting van die eerste dag van die fees. En dit was goed.

***

ENDLER CONCERT SERIES with MIAGI
6 March 2015
Endler Hall, Stellenbosch

“Spirited” is the word that crossed my mind while I was listening to this youth orchestra. They radiated an energy that flowed from conductor Brandon Phillips, and later Tshepo Tsotetsi, to the orchestra and back. A two-way inspiration.

In my mind I had the image of a bright, white light shining on these young musicians from somewhere above, breaking through a prism and transmitting rainbow colours. A sparkling rainbow orchestra! And the image called to mind the closing lines of a poem by Afrikaans poet DJ Opperman, “Gebed om die gebeente” (Prayer for the bones) from the anthology Engel uit die klip. In the poem the mother of Gideon Scheepers prays that all the bones of the struggle will be blessed and that as one big nation in the badlands we will always capture, with every sheet of corrugated iron and with every wheel and white and brown and black foil behind clean glass, God’s sunlight and reflect it to one another.

The performance was like an answer to this prayer: pure sunlight reflected between rainbow people and transferring the listener to a level of elation.

The programme choice ensured listening delight: from Ilke Alexander’s “Other Kudoda” (the Shona name for a game with pebbles) to Anders Paulsson’s “Celebration Suite” and, after interval, Tshepo Tsotetsi leading the orchestra in his own compositions and also showing his skills on the saxophone.

The Swedish soprano saxophonist Anders Paulsson’s enthusiastic recital could convert anyone to jazz!

Miagi, an acronym for “Music is a great investment” (indeed!), deserved the generous applause of the audience. They had received standing ovations in the Berlin Philharmonic Hall, the Young Euro Classic and Schleswig-Holstein music festivals, the Royal Palace in Stockholm and the Concertgebouw in Amsterdam.

And that was the conclusion of the first day of the festival. And it was good.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top