Bieg | Confess

 
Ek word weer pa ... maar my vrou weet nie van die skelmpie nie
Ek werk in die buiteland. ’n Land met pragtige mooi vroue. My lewensmaat was huistoe vir ’n maand, en ek het ’n skelmpie raakgeloop. Sy het geweet ek is "attached", maar aanvaar dat ons ’n maand lank gaan "fun" hê, en daarna niks ... en dit WAS "fun"!!! Baie. Pragtige liggaam, lang digte swart hare, warmbloedig!!! Ons kon nie genoeg van mekaar kry nie.

Maar toe verander dinge. Vir my en vir haar was dit nie net meer "fun" nie. Ons het verlief geraak op mekaar. Ek is huistoe, en toe kry ek die boodskap ..."I am pregnant." Wat de f...?!! Sy het dan gesê sy kan nie swanger raak nie, ek het haar geglo ... stupid stupid van my, ek weet. Wat nou gedaan? Aborsie is uit, sy het gewetensbeswaar daarteen ... ek nie, nie as dit binne die eerste paar weke is nie ... later, wel dis ’n ander saak. Ons is nogsteeds verlief op mekaar, maar daar is geen kans dat ons mekaar kan sien nie. Die hartseer is byna ondraaglik. Hunkering ...

My lewensmaat van bykans 7 jaar weet van niks ... en ek? Ek is nie meer lief vir haar nie, dit kom al ’n lang pad. Maar sy klou soos ’n neet. Sy het haarself verwaarloos, ly aan ’n minderwaardigheidskompleks, is verskriklik jaloers, alhoewel ek nog nooit vantevore (hierdie keer uitgesluit) haar enige rede daarvoor gegee het nie...ek wil uitkom, weer vry wees. Weer EK wees. Maar ek kan net nie dit oor my hart kry om die bande te breek nie, ek voel te jammer vir haar. So, ten koste van my geluk, byt ek maar vas ... maar vir hoe lank, dit weet ek nie ... ek word weer pa in Desember 2012 ... op 50-jarige ouderdom ... Fok!

Bruce (skuilnaam)
Comments 5 Reaksies | 5 Comments
Delete Comment
avatar
Noddie
2012-08-14 @07:39

Dis omdat jy met jou ander brein gedink het. Ek gaan nie vir jou sterkte sê nie, want jy verdien dit nie. Dieselfde is aan my gedoen, en ek het GEEN simpatie vir mans soos jy nie. Jy kon ’n ware man gewees het en jou lewensmaat (vir wie jy ewe skielik geen gevoel meer het nie), verlaat het, en na hartelus rondgespyker het, maar nee, dit sou mos dan nie opwindend gewees het nie, want alles wat skelm gedoen word, is mos lekker.

So, jou skelm spyker het nou tien vingers en tien tone bygekry, wat vir die res van jou lewe by jou gaan bly. 

Jy voel jammer vir jou lewensmaat?? Asseblief! Jy het glad nie jammer gevoel die oomblik toe jy jou "tools" in ’n ander vrou gaan indruk het nie. 

Snaaks hoe jou lewensmaat se negatiewe punte nou ewe skielik raakgesien word deur jou? 

Delete Comment
avatar
Boertjie
2012-08-14 @09:53
Jou moeilikheid het nog nie eens begin nie ou maat! Meegevoel met jou situasie!
Delete Comment
avatar
Anna-Marie
2012-08-20 @21:18

Goeie dag

Ek gaan jou nie oordeel of veroordeel nie, hier is wat ek sou gedoen het.

No.1    Die "POP" het soos ’n  oorryp appel in jou skoot geval  hoe seker is jy die kind is joune?

            As ek in jou skoene is sal ek vaderskap toetse laat doen.

            Jy het plesier gesien en sy dalk ’n dollar teken.

No.2    Onthou AIDS diskrimineer nie teen geslag of ouderdom nie, dalk nog ’n ou toetsie wat jy moet laat   
doen.

No.3   Hoe langer jy stilbly teenoor jou vrou hoe nouer gaan die tou om jou nek trek.

           Hoekom by iemand bly as jy "pret' op ’n ander plek gaan soek?

           Dalk soek jou vrou al jare na ’n rede om van jou te skei ...

No.4  Duisende mans/vroue het affairs en kom vir jare daarmee weg, maar een of ander tyd kom dit uit,

         beter dat sy dit by jou hoor as by jou "POP"

 Sênet

Delete Comment
avatar
Bruce
2013-02-11 @18:07
Wil net laat weet dat daar toe niks van gekom het nie ... sy was nie verwagtend nie ... ons sien mekaar nog soms ...
Delete Comment
avatar
Secret Thought
2013-03-19 @08:22
Is jy blarry simpel dude?
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address