... hier uit die Wes-Kaap Bosveld toe vir 'n paar dae. Daar is iets op die pad wat nou regtig waar belaglik voorkom. Ek praat van dit wat tussen die manne voorkom wat gewoon moet sorg dat ek en jy veilig anderkant aankom en nie iewers ontydig deur 'n waansinnige afgeskryf word nie.
Jy kry al 'n kilo of twee vooraf kennis van 'n gestoppery. Jy nader versigtig. Die padblokkade is netjies opgestel.
Helder oordag is dit orals blou flitse. Die flitse hardloop van die eenkant van die pad oor na die ander, en terug, te oulik. Indrukwekkend.
Ons staan in 'n ry en wag ons beurt af met 'n beampte elke paar tree tussen-in, duidelik daar om te keer dat jy weens skuldgevoelens omswaai en terug vlug. 'n Soort van stopper (ou weermag- en polisie-taal ). Na 'n ruk kom 'n groepie beamptes nader en stap al inspekterende verby die voorstes. Dit gee 'n gesalueerdery van die eerste water deur elke 'stopper' af wanneer die groepie by hom aandoen.
Dit glinster, dit blink, dit skitter. Daar’s vreeslike lourierkranse op sy hoofdeksel se piek. Alles goud. Die provinsiale wapen op sy hoofdeksel is suiwer. Albei sy skouers is bedek met rangstekens bestaande uit balkies, halwe lourierkranse en silwer knosse.
Vir geval jy nie bo-op sy skouer kan sien nie en net om seker te maak dat jy dit nie miskyk nie, word dit op albei sy lapelle hier teen sy nek af bors se kant toe ook vertoon.
Dis die Padmaarskalk, jy weet soos in veldmaarskalk, lugmaarskalk. Sy liggaamshouding, lyftaal, stem en postuur is heeltemal uit sinchronisasie met die gewigtigheid van die 'rang'. Hy kom selfbewus oor.
Die manne wat hom omring is duidelik van mindere aansien. Daar is nie soveel blink, skitter en glinster nie, maar hulle is goed op pad daarheen.
Die saluut is slegs gereserveer vir die Staatspresident en enige ander amptenaar deur hom aangestel soos bv ministers, regters, weermag en polisie- (kommissie) offisiere. Die saluut dus, is 'n groet en eerbetoon aan die Staatspresident.
Ek sien selfs metro-polisie en munisipale verkeersmanne mekaar salueer. Hulle is mos nie deur die Staatspresident aangestel nie. En daar is net soveel pronk en praal. 'n Enorme vernaamdheid.
Dis eintlik 'n verleentheid.
Anderkant Witbank, Emal...... so-iets ... jammer vergeet, en hy het sewegoue tekens op elke skouer. Blaas my siel!
Hoekom as dit moet, maar nie 'n beskeie "gekruisde bobbejaanspanner en torque-wrench" met een of twee karwiele na gelang van die senioriteit, op die skouer nie.
Dit sal soveel meer beskeie wees.
Veilig ry.
Raed-na-Gael
Kommentaar
Raed-na-Gail
Jy het my heerlik laat kreun-lag. Deur Witbank na die bosveld? Brand om te weet waarheen is jul op pad ...
Jammer, sien nou eers dit WAS oor Paasnaweek.
Geval van "Hoe kaler jonker hoe groter pronker"?