Thomas ek antwoord jou sommer.
Toe die universiteite gestig was in 1167, 1231 en 1636 was dit Christelike universiteite wat die skeppingsleer verkondig het. Ironies dat Harvard se leuse is "Veritas" wat Waarheid beteken. Tragies dat hulle die waarheid veruil het vir ’n leuen.
Dit geld ook vir al die universiteite in Suid Afrika, waar die "waarheid" plek gemaak het vir die leuen. Rom 1:25. Gaan lees asb. 2 Tim.3:1 - 5 en dit sal net erger word.
My vraag: as 5 miljoen mense Hitler aangehang het maak dit Hitler se optrede reg?
Groete
Louis
Louis, twee goeie wenke vir jou:
1. Bybelversies wat dreig met die hel en aanbeveel dat jy jou oë toeknyp oortuig nie die ongelowige nie.
2. Verwysings na Hitler is ’n goedkoop manier om die gesprek te probeer vergiftig. Dit is nie naastenby so effektief as wat jy dalk dink nie.
Francois
Kobus het seker só oor sy stilswye besluit: hy kan stilbly en die Sê se lesers sal almal dink hy is ’n swaap of hy kan reageer en alle twyfel uit die weg ruim.
Stilbly is inderdaad ’n veelseggende antwoord.
Thomas
Nou hoe het die universiteite so saam saam besluit om dieselfde leuen aan te hang – die moeder van alle samesweringsteorieë?
Sovêr ek Mein Kampf gelees het was baie van Adolf Hitler se idees deur sy godsdienstige oortuigings geïnspireer (hy was ’n Roomskatolieke Christen).
Groetnis
Dit verstom mens dat iemand kan dink hy kan ’n ongelowige oortuig deur middel van Bybelverse. Wat verstaan hulle nie aangaande die konsep van "as ek nie in ’n god glo nie, ek ook nie in die betrokke religie se handboek glo nie?" Ek veronderstel dit wys maar net die vlak van indoktrinasie – jy vra nie, jy dink nie, jy weet nie ... en dit herinner my aan die hoender-en-eier "vraagstuk." As mens evolusie aanvaar, is dit duidelik dat diere (insluitende voels) wat vandag via eiers gebore word, eers anders gebore is – soos akkedis-tipes waar sommiges in eiers uit die moederliggaam kom en ander wel nie. Aanpassing dus om een of ander waarskynlik omgewingsverwante rede. Aanvaar jy egter Kreasionisme, wonder jy wie die eerste eier dan uitgetjorts en uitgebroei het – was daar toe al broeikaste? Of het die engele dit joppie behartig?
En van Hitler gepraat: waar was God toe Sy volk so mishandel was? Is sulke lyding nodig? As God dan almagtig en alsiende is, hoekom dit toelaat? En al die lyding van al die eeue? Hoekom?Dis mos onbeskryflike wreedheid – waar's die liefde?
Maar nee, gaan dit goed, is dit God se genade. Gaan dit sleg, het Hy niks daarmee te make nie. Praat van ontkenning – dis mos skoon skisofrenies!
Al wat ek van Cobus kan se is dat hy en Hans Richardt twee van die onnoselste EN selfbelangrikste skepsels is wat al uitgebroei is.
Amen ...
"Toe kom hy terug. My klein pop, wat ’n seun geword het, toe ’n onskuldige jong man met drome om te gaan studeer, en teruggekom het ’n stil, afgetrokke man met seer en ontnugtering in sy pragtige blou oë."