"Drome smeul laag" deur Nini Bennett

  • 0

Drome smeul laag

Drome smeul laag, blouvuur
langs die pad:  painter   plumber   plaster
piece job –
piece job my droom net vir vandag

Die dae bly traag en troebel soos as

Dan asem wind weer oor die kole
en bakhand vir bedelhitte
bly ons glo – vlamme bloei  van voor af
en ons stook die armmansgeluk van ‘n goedkoop droom

Maar die dae bly traag en troebel soos as
ja die dae bly traag en troebel  soos as

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top