Dood van ‘n digitale speurder

  • 0

in 'n ou deel
van die internet
in die stowwerige strate
van 'n vergete tuisblad
het ek haar spoor opgetel

ek was nie meer vandag se template nie
en het inligting gesoek
wat Google
nie kon gee nie

na 'n lang scroll
op die informasie-agterstrate
het ek my skoene ingeskop
onder 'n aanlyn casino se kroegtoonbank

'n meisie
soos 'n Russiese bruid
het in my rigting gekyk
met haar suikerpappie-oë

in die agtergrond het ek haar gewaar
net toe sy die gebou verlaat
en in 'n sportmotor sien spring
oorkant die straat

my kliënt het laat weet
dat ek van haar moet vergeet
maar die spoed op die snelweg
het my anders oorreed

blouskerm-oomblik net voor
ons ontmoet
blouskerm-gebed net voor
ons moet groet

sy lei my na waters
wat die slaaploses vrees
maar die crash was bedoel
om slegs virtueel te wees

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top