Beste Thomas,
Dankie vir jou kommentaar waar jy beslis die kern van die saak uitwys betreffende die tipe persoonlikheid en mentaliteit van die man wat gestreef het na die helm van die magtigste land ter wêreld in militêre terme en oorlogsvoorraad. Dit maak mens eintlik kil om te dink dat die lot van die wêreld afhang van die man se onderbroek. Maar dan is die VSA nou eenmaal die tuis van die godsdiensgekkegrens, en daar is miljoene van hulle!
Trouens, Romney se oupa moes vlug na Meksiko weens die feit dat op ’n dag die polisie by sy huis opgedaag het om hom te arresteer weens veelwywery. Hierdie sekte fundamentaliste neem mos elke woord van Jahweh se outobiografie letterlik vir die absolute waarheid, en daar staan mos in daardie boek geskryf dat die Jode duisende jare gelede baie vroue gehad het: kyk gerus na Dawid, Jahweh se witbroodjie, met al sy tientalle vroues en bywywe. Jy moet darem hierdie mense bewonder vir hulle ywer om Jahweh se wil na te streef en die lengtes wat hulle sal gaan om hierdie Joodse stamgod te plesier.
Ek moet darem herhaal dat ek skoon uit die veld geslaan is dat Jaweh die arme Romney so in die steek gelaat het. Miskien straf hy hom omdat hy hom só liefhet! Of miskien moet Romney eenvoudig net sy onderbroek gaan ruil vir die een wat hy reeds al vir twee maande dra, en dan sal alles weer regkom.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Sjoe!
Ja, jy is reg Thomas, ek het omtrent geskater van die lag, hierdie keer vir jou en Pieter. Moet sê dat julle eindtydse spotters kan nogal lekker spek skiet! Weet net nie hoekom ek so jammer vir julle is, seker maar omdat die Bybel praat van julle sluiering.
En dan stem ek nogal saam met Thomas se: "Godsdiens is nogal 'n gevaarlike speletjie!" Hier kom nog GROOT drama Thomas, hou vas jou stoel. Baie mense dink dit gaan om ekonomiese, militere of politiekemag, dit gaan verseker oor die Godsdiens. Dit is hoekom my lewe so interresant is. Ek is op die plek waar ek wil wees. Maar is julle?
Trienie
Beste Trienie,
Dankie vir jou energieke bydrae (nou voel ek sommer hoe die spirituele intelligensie uit my PC vloei) tot ons gesprek. Nou is ek gek van die nuuskierigheid om te weet wat die "GROOT drama" gaan wees "oor die Godsdiens". Julle gelowiges verwag seker dat die Tweedekoms binnekort gaan gebeur en dat die hemele sal oopskeur en julle direk daarheen gaan vaar. Dit is trouens wat hulle verwag in die VSA en hulle noem dit "the rapture". Sjoe, man! Nou bewe Thomas en my broekspype sommer. Dink jy dalk dat Steven Spielberg dit op film sal kan vang sodat ons dit dan in ons teaters sal kan bekyk?
En wat gaan met arme Thomas en my gebeur? Sal ons vir ewig in die Hel sit en daar verbrand tot in die ewigheid? Het jy al ’n pasient in ’n intensiewe sorg eenheid gesien met derdegraad brandwonde? Dit is eenvoudig té vreeslik vir ’n leek om te begryp. Hulle het omtrent 10 kateters in hulle are, een in die blaas, een deur die neus, een deur die mond, en word gepleeg op ’n respirator!
Gelukkig is julle God van die Nuwe Testament ’n God van liefde en genade. Daarin berus Thomas en my redding.
"Hierdie bring ons dan weer by daardie gunsteling van alle onderwerpe, die gay persoon, hoe word homoseksualiteit ervaar."