‘n Jong, geheimsinnige seun (De Klerk Oelofse) daag op ‘n stormagtige nag by ‘n vuurtoring op. ‘n Pa (Nic de Jager) en sy twee tieners – ‘n seun (Pietie Beyers) en dogter (Elanza Swart) – woon in dié vuurtoring waarvoor hy verantwoordelik is.
Die seun se teenwoordigheid verander die drie se lewens onherroeplik en is die gegewe vir André Kotzé se radiodrama, Die toringkelder.
Die toringkelder het saam met Piet Steyn se Die Webley die derde plek behaal in RSG en Sanlam se radiodrama-skryfkompetisie vir 2013.
Die teks wat aan die Gotiese dramas herinner, is deur die beoordelaars as “ongewoon, verfrissend en ontroerend” beskryf.
Margot Luyt is die regisseur van Die toringkelder wat op Donderdag 17 April om 20:00 in Radioteater uitgesaai word.
Radioteater is elke Donderdagaand om 20:00 op RSG (100 tot 104 FM). Die eerste radiodrama-seisoen vir 2014 duur tot einde Junie.
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.