Die stand van sake …

  • 5

Nadat ek Reusedwerg en Hans se bydraes gesien het, het ek besluit dat dit dan “inplons” sal wees. Die politieke bestel van Suid-Afrika kon nie van inplonsing gered word nie. In maklike Afrikaans: SA is moertoe.

Jammer oor jou katte, Hans, maar siende dat ek Sondag ‘n onbekende iemand anders se African Grey met ‘n koekie uit ‘n boom in my tuin gelok het, het ek maar min simpatie met ander se troeteldierpyne. My eie spoegende katte en histeriese honde het vir ure buitekant ons kamerdeur gewroeg terwyl ek en Ben besluit het vir wie ons hierdie papegaai gaan gee. Ek wou hom so vreeslik graag self hou, maar katte, honde en voëls word selde in dieselfde sin genoem. Om een of ander rede het ek ‘n sagte plekkie in my hart vir hierdie bossies vaal vere.

Ek sien Franciska het uiteindelik die syfers vir die middelklasse in SA ontdek. Mooi so, my bokkie, jy doen goed. Nou moet jy nog net die syfers van die banke af kry oor wie die meeste lenings in Suid-Afrika uitneem en dit dan nooit terug betaal nie. Ditto vir motors, huise, kos en klere (sien Woolworths), water en ligte ens, ens.

Cornelius, jou antwoord op Herman Toerien se vraag oor die bestaan van ‘n eiesoortige Afrikaanse humor laat my wonder oor jou eie humorsin. Dowwe Dolla en Pieter-Dirk Uys is regtig nie meer snaaks nie. Om die waarheid te sê is die twee maar eergister se nuus. Oud en koud. Hulle is lankal reeds vergete. Leon Shuster was snaaks, maar hy is nou net gulsig en oud en ek weet rerig nie wie Karen Wessels is nie. Gelukkig het jy nie daai grillerige kort vet mannetjie met die vuilbek se naam genoem nie, dus kan jy maar self uitfigure van wie ek praat.

Nataniel en Liz Meiring is goed. Ek voel oor Nataniel soos ek oor African Greys voel. Behalwe dat Nataniel nie ‘n bossie vaal vere is nie. Ek kyk graag na Liz en Nataniel se optredes.

Ek meen Herman Toerien is onder andere ook ‘n skrywer.

Ek het van Beeld se berig oor die wit plakkerskind gehou. Ek het veral gehou van die reaksie daarop. Poplap, oefen jy maar net hard. Daar is genoeg mense wat agter jou staan. Moet nooit ‘n Afrikaner onderskat nie.

Intussen sien ek uit na Avodazz volgende naweek. Ek sien iemand het hulle plakkate daar by die dieretuin rond afgehaal en met iets anders vervang. Hau!

Maya

  • 5

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Liewe Maya,

    Ek het leer lag vir Francisco die Nar, Al Debbo, UmFanus (Rautenbach), Anton Goosen (hy lewe nog),... (sien, ek is deel van die geslag vandag wat sukkel om als te onthou - ook maar vol vergete).

    En o ja, ek lag ook deesdae meestal vir myself...

    Hartlike groete,

    Cornelius

    (.. en dan is daar nog daardie kort, vet, dik mannetjie met die kepsie... wat is sy naam nou weer)?

  • Dalk voel jy veilig of het 'n verborge fetish? Regtig? Dis nie humor nie. Afrikaanse humor wissel van vaal tot banaal! Eiesoortig beslis!

    Hans

  • CorneliusHenn

    ... ek het nog altyd gelag in Anton se konserte... ja selfs in Dozi, Steve Hofmeyer, Theuns Jordaan en Jaunita het my al laat glimlag...

  • ken jy een WIT Wetserling wat NIE bankrot is nie Maya, of EEN Westerse bank wat NIE bankrot is nie???

    Sê tog as jy van een weet????
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top