Thomas: Jy is reg: die probleem met Kobus is dat hy so onkundig is oor die onderwerp dat hy nie eers besef watter volslae gek hy van homself maak nie. Gaan kyk maar na die nuutste plasings daar, en sy interpretasie van die Wikipedia-artikel oor magnitude. Hy verstaan glad nie wat hy lees nie, maar beur moedig voort.
Ek dink die probleem is dat hy homself absoluut genoop voel om te verskil van enigiets wat ’n "agnost" sê. Ek moet miskien met groot fanfare aankondig dat die aarde min of meer sferies is, en dan kyk ons hoe hy deur vurige hoepels spring om my verkeerd te bewys.
George: Ek weet nie of ons seker kan wees dit is dieselfde Kobus de Klerk nie?
In ieder geval, argumentering met hom sou nutteloos gewees het as die doel was om hom van enigiets te oortuig. Maar dit is nie my doel nie. Ek hou daarvan om hom aan die praat te hou: hy skiet homself oor en oor in die voet en is sy eie (en fundamentalisme se) grootste vyand.
Soos alle fundamentaliste kan hy homself nie help nie: hy MOET eenvoudig vir almal preek, en hoe meer hy dit doen hoe minder geloofwaardig raak hy.
Ek sou saamstem dat dit nogal frustrerend kan wees. Ek het immers nou al meer as tien jaar te doen met internet-fundamnetaliste, en mens raak na ’n tyd nogal moeg daarvan. :-)
George
Kobus het vir hom ’n paar ondeurdringbare oogklappe aangeskaf met daardie trustgeld. Die res spandeer hy seker aan Google-toegang om die twee goue plate waarop god sy woord aan onse Kosie geopenbaar het, te probeer ontrafel.
Thomas
Tussen al die lettergrepe van die woord liefde ... is daar hoop?