Die ontstaan van die Christelike godsdiens
Die Christelike Godsdiens is nié, soos verkeerdelik aangevoer deur sekulariste en antagoniste van die Godsdiens, ’n uitspruitsel van die Judaïsme, nie.
In baie breë trekke, is die antieke geloofsvaders van die Christelike Godsdiens, in chronologiese orde, Adam, Set, Henog, Noag, Melgisedek, Abraham, Izak, Jakob en in soverre die HERE ook Mens is, die HERE Jesus Christus.
Noag was ’n verlangse afstammeling van Set, die derde seun van Adam en Eva. Sy vader was Lameg, ’n verlangse afstammeling van Metúsalag (seun van die bekende Godsman, Henog) en dié is ook in die Qumran rolle (die sogenaamde “Openbaring van Lameg”) aangeteken.
Melgisedek was die koning van die stad Salem, wat in Sigem, in Kanaän, geleë was, op die plek waar die latere Jerusalem gevestig is (aldus die bekende geskiedskrywer Josephus). Hy was ’n vêrlangse afstammeling van Sem, die oudste seun van Noag.
Abram, later deur God hernoem na Abraham en sy vrou Sarai, later deur God hernoem na Sara, was Mesopotamiërs, uit die landstreek van die wetenskaplik gevorderde, gevreesde wreedaardige Chaldeërs. Hy was ook ’n baie vêrlangse afstammeling van Sem, Noag se oudste seun.
Tot en met Jakob (deur God hernoem na Israel), was geen een van hulle Israeliete oftewel, Jode, nie. Daarom is dit verkeerd om te sê dat die Christendom ’n aftakking van die Judaïsme is. Dit is ’n oningeligte denkfout deur sommige kommentators.
Judaïsme is ’n nuwe, verstrooiing-relevante (was juis die rede vir die verstrooiing weens die afvallige leerstellings daarvan) Joodse religie wat juis afgewyk het van die ware Godsdiens. Ál die profete van God, het teen dié afvallige religie gewaarsku. Die HERE Jesus Christus se bediening hier op aarde het juis dikwels gefokus op dié nuwe, afvallige Judaïstiese religie en die aanhangers daarvan, die fariseërs. Die HERE Self, som die klinkklare onderskeid baie duidelik, só op:
“39 Hulle (die fariseërs) antwoord en sê vir Hom: Ons vader is Abraham. Jesus sê vir hulle: As julle die kinders van Abraham was, sou julle die werke van Abraham doen; 40 maar nou probeer julle om My om die lewe te bring, Iemand wat aan julle die Waarheid vertel het, wat Ek van God gehoor het. Dit het Abraham nie gedoen nie. 41 Julle doen die werke van jul vader. Toe sê hulle vir Hom: Ons is nie uit ontug gebore nie; ons het een Vader, naamlik God.42 En Jesus sê vir hulle: As God julle Vader was, sou julle My liefhê, want Ek het uit God uitgegaan en gekom; want Ek het ook nie uit Myself gekom nie, maar Hy het My gestuur. 43 Waarom ken julle My spraak nie? Omdat julle na My Woord nie kan luister nie. 44 Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ’n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die Waarheid nie, omdat daar in hom geen Waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ’n leuenaar is en die vader daarvan. 45 Maar omdat Ek die waarheid spreek, glo julle My nie.” – Johannes 8.
Die Ou Testament is vol direkte en indirekte aanwysings van die Goddelike Drie-enige wese – en dus die God wat van die begin af, aanbid en gedien was deur die suiwer antieke Godsdiens. Sien die verwysing deur God na Sy wese as “Ons” Genesis 1:26; 11:7. Die profeet Dawid praat al ongeveer 1000 vC weens Goddelike openbaring van die HERE Jesus waar hy sê:
“Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand, totdat Ek U vyande maak ’n voetbank vir U voete” - met verwysing na die Godheid Vader wat tot die Godheid Seun spreek. Dawid verwys ook, nes die antieke profeet Jesaja, na die Heilige Gees van God (Psalm 51:13; Jesaja 63:10) wat deur die sondes bedroef is. Die profeet Jesaja profeteer die openbaring van die Drie-enige heiligheid van die HERE: “2 Serafs het bo Hom gestaan; … 3 En die een het die ander toegeroep en gesê: Heilig, Heilig, Heilig is die Here van die leërskare. Die hele aarde is van Sy heerlikheid vol!”
Die Judaïsme ontken dié hoedanighede van God, maar dít is die grondslag en hoeksteen van die oorspronklike Godsdiens.
Dus is die Christendom die voortsetting, die suiwering, van die oorspronklike ware Godsdiens, die énigste ware Godsdiens, wat sy oorsprong het by die antieke geloofsvaders – en dié Godsdiens is die leenbron deur oorlewering van alle ander religieë van ander nasies wat afvallige leerstellinge verkondig – noem maar op.
Al wat benodig word om die bronne te verstaan, is insig …
Groete,
Kobus de Klerk