SêNet-briewe | Letters

 
Die martelaarskap van Zimbabwe
Hello,

In April 2008 word Peter Godwin deur die Amerikaanse tydskrif Vanity Fair na Zimbabwe gestuur om verslag te lewer oor die verkiesings gehou op daardie stadium en veral die verbasende aspek daarvan – aangesien dit voorgekom het asof Mugabe uiteindelik na ongeveer drie dekades uitgestem sou word en Morgan Tsvangirai by hom sou oorneem.

Dit is egter nie wat gebeur het en het Mugabe losgebrand met marteling van die burgery van die land op ‘n globale skaal net soos die internasionale nuusmedia en NRO’s uit die land gegooi is en selfs die opposisie vlug na die buiteland.

Peter Godwin skets die agtergrond van die vryheidstryd en die verkiesing van Mugabe en die aanvanklike gematigde inslag wat deur Mugabe aangeneem het en die uitreiking na die wittes ook.

Daar word ‘n vergelyking getref tussen Zimbabwe en Suid-Afrika en die twee verskillende roetes wat die lande geneem het tot op datum en hoe die kwessie van grond so 'n belangrike rol gespeel het tot uitbarsting gekom het in die 2000’s wat in kontras was met die gematigde inslag wat in die 1980’s gegeld het.

Peter Godwin voer aan dat die werklike teiken van die landbesetting was nie die wit boere nie maar die sowat miljoen Zimbabwiërs wat op die plase gewerk het en ‘n magtige blok stemme teen Mugabe was weens hulle steun aan die opposisie en die besef dat die magsblok opgebreek moet word.

Om terug te keer na die verkiesing van 2008.

Peter Godwin beskryf hoe die Zimbabwiërs wat die opposisie gesteun het identifiseer was en die marteling wat op hulle losgelaat is. Die lede en ondersteuners van die Movement for Democratic Change word identifiseer en Mugabe se generaals loods “Operation Who Did You Vote For?” of op voetsoolvlak deur die ondersteuners van Mugabe wat die ie meer beskrywende naam “Operation “Let Us Finish Them Off” gee.

Soos aangedui, die leierskap van die party en die ondersteuners op voetsoolvlak word identifiseer en die leiers se eiendom afgebrand word en hulle gevange geneem word en na kampe geneem is wat onstaan het om die opposisielede en volgelinge te martel.

“Think of deep, bone-deep lacerations, of buttocks with no skin left on them, think of being flayed alive.”

“Think of swollen, broken feet, of people unable to stand, unable to sit, unable to lie on their backs because of the blinding pain.”

Duisende en duisende Zimbabwiërs is na die kampe geneem en gemartel tot sekondes voor die punt van afsterwe. Hierdie was sistematiese marteling deur die staat en het ongeveer ‘n 1000 Zimbabwiërs gesterf in die proses maar die uiteindelike doel was om die gebroke mense, by die tienduisende terug te laat in hulle onderskeie gemeenskappe om as waarskuwing te dien teen die wat nog oorweeg het om teen Mugabe te stem.

‘n Tragiese voorbeeld van die geweld en hoe dit gesinne vernietig het is die geval van ‘n pa wat sy vrou en dogter beveel om weg van hom te hardloop sodat hy die aandag op hom kan vestig en sy gesin dus so kon ontsnap.

Die komplekse verhouding tussen Pretoria en Harare word ook bespreek en Pretoria se mislukking om daadwerklike verandering te bewerkstellig en volgens Godwin kan toegeskryf aan die ANC se begeerte om die MDC nie te laat wen nie aangesien dit ‘n belangrike presedent sou skep wat kon bevestig dat ‘n bevrydingsorganisasie mag kan verloor.

Godwin dui op die ANC in Suid-Afrika, Swapo in Namibië, die MPLA in Angola, Zanu-PF in Zimbabwe en Frelimo in Mozambique.

Bogenoemde bied ‘n blik op die brutale geweld wat die verkiesing in 2008 definieer het.

"The fear: The last days of Robert Mugabe" het ‘n alternatiewe titel ook en meer beskrywend van die verkiesing en selfs die algemene aard van die land. “The Fear: Robert Mugabe and the Martyrdom of Zimbabwe”.

Die uiteinde van daardie uiters tragiese verloop van omstandighede in konteks tot die algemene verval van die land is bekend aan die meeste ingeligte deelnemers hier en die uiteinde van die magsdeling tussen ZANU-PF en MDC genoem die Global Political Agreement.

Aanvullend hiertoe is dit belangrik om te bevestig dat daar wel opstande en plaasbesettings was voor die 2000’s maar dat ‘n referendum in 2000 wat onteining van die plase sonder vergoeding verslaan is by die stembus en 55% van die stemme teen die voorstel was.

Dit het die begin van die einde tot gevolg gehad, die plaasbesettings, die inflasie en die uiteindelike ineenstorting van Zimbabwe. Dit word werklik nie betwyfel dat hierdie geskiedenis onbekend is aan ingeligte deelnemers op die forum nie.

In hierdie bespreking van die toestand in Zimbabwe word die volgende verwysings gemaak in ‘n reeks verwysings en word slegs die gedeelte geisoleer, “slaggate in die paaie, onsekere elektrisiteitsvoorsiening, "classrooms vandalized" (p 333), (almal ook kenmerke van die nuwe Suid-Afrika).

In die publieke bewussyn, soos idenfiseer deur Jonny Steinberg en dalk grootliks net onder die wittes in Suid-Afrika is die vermening tussen die gebeure in Zimbabwe en die moontlike toekoms in Suid-Afrika so algemeen dat Zimbabwe gereeld as ‘n rigtingwyser gesien word. Hierdie deelnemer is nie ‘n profeet nie en kan nie voorspel wat die toekoms gaan bring nie, maar die verskil tussen Suid-Afrika en Zimbabwe is ligjare uitmekaar.

Vier vrye verkiesings tot op datum, sonder geweld, ‘n derde president in teenstelling met die een president in Zimbabwe en die geweld wat reeds bespreek is.

Suid-Afrika is dus nie so soos Zimbabwe nie indien die welwaart van die land met sy ongelykheid ingesluit vergelyk met die algehele verval van Zimbabwe.

Hierdie vergelykings, regverdig of onregverdig tussen die twee lande het die vraag laat opkom oor die Zanufikasie van die ANC. Is dit die pad vorentoe?

In New South African Review 2 gepubliseer in 2011 word Zanufikasie soos volg definieer:

Die vermening tussen heersende party en die staat.

Beheer oor die media deur die staat.
Die instelling van geweld as die norm aan die hand van die staat wat die wetlike grondslag van die staat vervang.
Oorheersende korrupsie in alle aspekte van die staat.
Die weermag het die staat oorgeneem.
Rassehaat word gebruik om die ekonomie te plunder.
Persoonlikheid kultus in politieke leierskap.

Wat korrupsie betref het Limpopo uiteindelik die New York Times in die Sondag uitgawe van 19 Februarie 2012 met die volgende artikel.

‘n Kernfrase som dit soos volg op:

"Corruption has long bedeviled South Africa, but the crisis here in Limpopo Province has pushed the common practice of doling out overstuffed government contracts to people with friends in high places to its logical conclusion: bankruptcy. Provincial officials overspent their budget by an estimated $250 million, much of it on questionable — or blatantly fraudulent — government payments and contracts with private businesses enjoying close ties to the politicians leading the province."

Vavi formuleer dit soos volg:

“We are moving towards a society in which the morality of our revolutionary movement — selflessness, service to the people and caring for the poor and vulnerable — is being threatened.”

Dit word aan die lesers oorgelaat om te oordeel of die vraag billik is en of daar enige tekens dat bogenoemde die rigting aandui vir Suid-Afrika.

Baie dankie

Wouter

 

 


Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment