"Hoe dit ook al sy, Paulus praat dikwels en op baie ander plekke van Christus se bloed. En ek wil nie nou op elkeen ingaan nie, want eerlikwaar, ek is nie ’n ou vir die bloedteologie nie. Ek wil regtig nie vir Jesus terughang aan die kruis nie. Ek soek hom daar af, en opgestaan hier tussen ons." Christina Landman oor bloed in die Bybel.
"Anders as Stoker se Dracula en selfs Ann Rice se The Vampire Chronicles blyk die boodskap van huidige vampierverhale konformiteit te wees. Vampiere is deesdae net te nice, te mooi en te ryk." Elzette Steenkamp meen vampiere word deesdae uitgebeeld asof hul skemerkelkie hou.
"Die gewone gebruik van bloed is die koeëlgat in die maag, die gebreekte neus of die sny aan die voorkop wat ons almal al in die standaard-aksiefilm gesien het. Dit dui op ’n ongeluk, ’n moontlike dood, maar definitiewe drama. Dit doen nie afbreuk aan die film nie, maar dra ook nie veel daartoe by nie." Reney Warrington skryf oor die emotiewe waarde van bloed in flieks.
Artikels wat in LitNet Akademies verskyn het, laat die vraag ontstaan of ekokritiek in Suid-Afrika aan die groei is. Kenners geen hul mening.