Die odes aan Johannes Kerkorrel, oftewel Ralph John Rabie, stroom nou weer, nes soos na sy dood destyds, in, tien jaar nadat hy grusaam aan sy eie hand gesterf, het – ’n eensame lyk wat aan ’n tou swaai in die skilderagtige kusdorpie Kleinmond in die Kaap – en mens wonder waarom dit dan nog só is.
As mens die berigte omtrent die oorsake van Rabie se oorlye kan glo, was dit ’n desperate, eensame handeling en wonder, hoe het dit dan gekom dat ’n selebriteit so tragies en eensaam aan ’n tou hang?
Rabie had ’n kontroversiële lewe. Hy was in die laat Tagtigerjare joernalis by Rapport en het sy bekendheid via kontroversialiteit bereik met sy musiek se anti-establishment en politiesgelaaide lirieke, sommige waarvan destyds (heeltemal onnodiglik) ‘verban’, was. Maar in sy persoonlike lewe is dit klaarblyklik waar dinge báie skeefgeloop het. Rabie was wel getroud en het 'n seun, maar, volgens berigte, van hulle ook vervreem weens sy lewensprioriteite … hy had ook ’n langtermyn homoseksuele verhouding gehad. 'n Kombinasie wat net hartseer en pyn as vrug vir die betrokkenes kan baar ...
Nou, waarom wéér al die odes? Die lofbetuigings? Die mooi en vroom woorde? Waarom nóú, nadat hy hand aan eie lewe geslaan het? Waar was die odebrengers en mooi-woorde-rymelaars en hegte-vriende in die aanloop tot sy eensame hangdood? Waar was die bemoedigers, die troosbrengers, die langtermyn homoseksuele ‘metgesel’ tóé? Was hulle betrokkenheid/onbetrokkenheid en die wyse waarop dit gedoen/nie gedoen was, nie, tóé almiskie só deel van die probleem dat die eensame hangtou as die enigste, maar grusame, 'oplossing' voorgedoen, het?
Het hy dit almiskie nóú nodiger as tóé?
Was Rabie as Kerkorrel die plaaslike King Rat wat floreer het op sogenaamde Apartheid soos die Tweede Wêreldoorlogse King Rat gefloreer het op die verskrikking van die oorlog, maar, soos King Rat, toe die oorlog deur die vredesverklaring beëindig is, selfmoord gepleeg het, en Rabie, toe sogenaamde Apartheid deur die 1994 'vredesverklaring'-verkiesing, beëindig, is? Waarskynlik ... Maar dit maak nie werklik verskil nie. Dit is tóé dat Rabie Kerkorrel in sy persoonlike krisisse die odebrengers en mooi-woorde-rymelaars en hegte-vriende se bystand nodig had ... nie nou meer, nie.
Hoeveel (minder 'nuuswaardige') mense sterf aan eie hand in hul eensaamheid, dog omring en verdring deur ander mense wat om hulle heen krioel, wyl ons nie eens daarvan hoor, nie?
Maar dit is die ding van die koue, hartelose, verligte, ‘intellektuele’ kamstige ‘moderne’ mens – ’n kil onbetrokkenheid wanneer liefdevolle bystand só nodig is, wat dan skielik omswaai in hierdie deernisvolle meelewende liriese odebrengers en ‘vriende’ wanneer die graf nie meer leeg is, nie …
Dít is die Kerkorrel-sindroom. Te min, te laat.
En daarom juis, is die Trienie's in hierdie wêreld se moedige en onbaatsugtige geloofswerk van soveel onskatbare lewensredder-waarde, omdat hulle die Liefde van God BETYDS bedien, terwyl die siniese, afstootlike, sarkastiese en aanmerkings van die kille Chris Dippenaars van hierdie wêreld oor haar werk, deel is van die sindroom. Hoe skril kontrasteer die liefdevolle en onbaatsugtige voorsorgwerk van die gelowige nie met die kil krasheid en selfvoldane onbetrokkenheid van die ateïs nie.
Kobus de Klerk