Hierdie is ’n hoogs eensydige en onredelike siening van die gelowige. Hoe's hierdie eerder:
Die "wetenskaplike / kritiese" persoon glo aan geen godheid nie, maar kan dit ook nie verdra dat ander nie sy sienswyse deel nie. Eerder hy sal boeke vol skryf op LitNet om die gelowiges te "bekeer", al is dit hoe ongevraag en wil daar van die onderwerp aanbeweeg word. Hy roep die euwels van geloof op, die kruistogte en middeleeue, en in die proses openbaar hy dieselfde onverdraagsaamheid en vervolgingswaan as die einste middeleeuse heksejagters waarteen hy waarsku. In sy binnekamer klop hy homself op die skouer, want sou hy beter wees as die res wat hulself mislei en nog in feëverhale glo, netsoos gelowiges in hul binnekamer hulself op die skouer klop dat hulle tog hemel toe gaan en die ander na die hel.
Die les hieruit is eerder dat ons almal mense is, en ander die ruimte moet gun om hul oortuigings en waarhede vir hulself moet ontdek.
Naskrif : Ek het met opset wetenskaplike en kritiese in aanhalings gesit, wat die persone wat gewoonlik die hardste stry oor evolusie en dies meer, is hoegenaamd nie wetenskapliks van beroep nie, of enigsins krities nie. Gewoonlik het hulle een of twee boeke van Dawkins of Hawking gelees en ag hulself nou as kenners.
Ontleder: Wat jy daar beskryf is nie soseer die gelowige persoonlikheid nie as die fundamentalistiese persoonlikheid. Daar is ’n verskil, as jy my vra.
Ek bodder nie juis met debatte oor godsdiens nie, want dit skeel my min wat ander mense glo of nie glo nie. Ek raak wel betrokke wanneer fundamentaliste begin twak praat oor die wetenskap, en my doel dan is nie om hulle te oortuig nie (hulle koppe is klankdig en niks van enige aard sal hulle ooit oortuig nie) maar bloot sodat min of meer neutrale waarnemers van die debat kan sien wat se twak hulle praat. Hoe meer hulle sê hoe meer skiet hulle hulself in die voet. Ek weet nie of hulle dit besef nie, maar soos jy self sê, hulle kan hulself nie eintlik help nie: hulle MOET eenvoudig preek.
Ek raak ook senuagtig wanneer gelowiges van watter soort ook al die mag van die staat probeer gebruik om hulle geloof op ander mense af te dwing, of dit nou fanatiese Moslems is wat shariah-wetgewing probeer instel, en of dit bloot ’n spul betogers is wat die staat sover probeer kry om ’n popkonsert te verbied bloot omdat hulle self nie van die betrokke popster hou nie.
Behalwe vir daardie twee gevalle, het ek vrede met religie.
Dis die hoofoorsaak van al die probleme op aarde, maar dit word misgekyk, of doodgeswyg, dalk vir politieke of godsdienstige redes word daar min oor gepraat.