Liewe aarde Gay ou man,
Jou kop is skoon deurmekaar wat jou godsdiens betref. Selfs Jaco kan dit nie plaas. Dominee wat soos swart Engel lyk in die kerk? Nee wat, ek sou voorstel dat jy eerste na jou bitterheid teenoor vroue moet kyk. Jy kan nie met 'n onvergewensgesindheidswortel van haat teenoor vroue afsterf nie? Waar kom hierdie vrees van jou vandaan? Ek dink jy moet 'n spirituele berader gaan sien, wat dinge vir jou kan orden. Speel klaar met jou verlede. Bely weer dat Jesus Christus jou enigste Verlosser en Saligmaker is. Spreek die vroue in jou verlede vry. Sluit die kettings oop wat jou al die jare so vashou. Maak jou christenskap vas! Dan sal jou warstatus van christenskap verander na gelowige.
Jesus het jou lief - en hou daaraan vas. Ek veroordeel nie jou gay-geit. Dinge sal self regkom as jy die vroue wat jou gemoed verkrag het, vryspreek. En hou vas aan die skrifgedeeltes wat vir jou sin maak.
Sterkte
Trienie
"Hierdie bring ons dan weer by daardie gunsteling van alle onderwerpe, die gay persoon, hoe word homoseksualiteit ervaar."