bybels

  • 0

ek verstaan dat die engel – die een van die administrasie
wat destyds die water gaan roer het
vir die daaglikse wonderwerk van die Palestyne –
nogal ’n haan was, met net sulke vlerke

ek wonder wat sou tog van hom geword het –
vlerkjig, hand aan eie gees, permanente ondernemer,
of gebreinspoel vir ’n ongeskiktheidspensioen?

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top