Wetenskap van die dood

  • 7

Sabbat Sjalom.

Daar is reeds menige boek oor hierdie onderwerp geskryf.

Hoekom?

Wel, ek glo die dood is die sleutel tot menige lewe aan hierdie kant van die dood.

Sonder huiwer veralgemeen ek en stel dit onomwonde dat ‘n ieder se gedagte oor wat ook al na die dood gebeur, hul prinsipe in hierdie lewe bepaal – gelowig of ongelowig.
Daarom is hierdie boek oor die onderwerp net so stimulerend soos die oudste ervaring van iemand wat dood was en self daarvan kon vertel.

Wat hierdie boek nog meer interessant maak, is die feit dat dit op National Geographic se boekelys verskyn.

Daar is sekerlik ook altyd ‘n tikseltjie meer geloofwaardigheid in die storie as dit van die skrywer se eie “bekering” kan getuig.

Ek haal graag die volgende grepe aan uit hierdie onderhoud met Judy Bachrach http://news.nationalgeographic.com/news/2014/09/140903-near-death-experiences-bachrach-neurology-booktalk/?utm_source=Facebook&utm_medium=Social&utm_content=link_fb20140903news-booktalk&utm_campaign=Content&sf4470334=1

Why is it important for you to believe that there is life after death? It was not important for me, at all, to believe. I'm a journalist. I don't go around thinking, "I really hope there's life after death." Indeed, at the beginning I was the opposite—I didn't want to believe. Yes, death was a source of terror. For me, the worst thing that could happen was nothingness. I would have far preferred to hear that Satan was waiting for me than to learn that there was nothing. But I was absolutely positive that there was nothing after death—that the curtain descends, and that's it. Act III. It's over. The stage is black.

You suggest there is a difference between brain function and consciousness. Can you talk about that idea? This is an area where a lot more scientific research has to be done: that the brain is possibly, and I'm emphasizing the "possibly," not the only area of consciousness. That even when the brain is shut down, on certain occasions consciousness endures. One of the doctors I interviewed, a cardiologist in Holland, believes that consciousness may go on forever. So the postulate among some scientists is that the brain is not the only locus of thought, which is very interesting.

After writing this book, can you say with any more certainty what death is? Yes, I can. I can say that death is an adventure, which to me is the oddest thing in the world. It takes you from this Earth, this ordinary Earth, into extraordinary places.

(einde van aanhalings)

Sulke getuienis roer wel nie my eie geloofservaring nie.

Dis nes die vrede wat ek ervaar wanneer iemand byvoorbeeld hul eie kinders en vreugdes soos hul eie huwelik komplimenteer.

Ek respekteer dit.

Dog, diep in my eie hart verlustig ek my altyd in my eie vreugdes en salige ervaring van ‘n lewensmaat en ouer te mag wees.

In die laaste sin beskryf Judy haar eie hoop en besonderse vooruitsig na die dood: Like an astronaut's delight. You're up there. You can move toward planets or away from planets. You can see the Earth. It's gorgeous. It's interesting. And it doesn't cost a thing.

Ek dink dis pragtig!

Mag Jesus Christus onse HERE, self ‘n ieder se hand aan die anderkant vashou.

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, katolieke en Afrikaliefde,

Cornelius Henn

  • 7

Kommentaar

  • Cornelius

     
    Soos ek al male sonder tal op hierdie forum gesê het: jy kan glo wat jy wil, dit maak dit egter nie waar nie! As selfdellusie vir jou en Judy emosionele bevrediging gee, is dit julle goeie reg - ek en my huis vekies om met die werklikheid om te gaan en vind dit verstommend bevredigend.
     
    Groetnis
    Thomas
  • Beste Cornelius
    Ek het 'n effens ander siening oor die saak.

    Elke mens is eintlik  'n uiters ingewikkelde inligtingsisteem. Sonder inligting - bv - instruksies in die kleinste selle funksioneer niks nie.

    Maar soos met 'n rekenaar se sagteware gaan daar soms inligting verlore.Ek dink dan persoonlik dit is hoekom ek ouer word want die selle beskik nie meer oor dieselfde hoeveelheid kwaliteit inligting om presies te reproduseer of sê maar te kopieer.

    Ek lyk dus vandag anders as 20 jaar gelede.Maar inligting in watter vorm ook al , gaan nooit werklik verlore nie.Nie eers in 'n ' black hole'.Dit is net moeilik om te lees.

    Wanneer ek dus doodgaan -gaan die inligting - oor wie ek was en al my doen en late ,my ervaringe nie verlore nie.Dit mag verlore tans wees,ek het nie meer toegang daartoe nie.Dit bestaan nog steeds maar in 'n ander vorm en dimensie ontoeganklik vir 'n biologiese mens.

    Ek dink dan ook dat sommige mense die sg 'psychics' die vermoë het om daarop in te skakel en dat dit ook is wat in 1 Samuel 28 gebeur het, toe Saul hulp soek by iemand wat Geeste oproep.

    Dit is ook duidelik dat Samuel vir Saul nie 'n ander antwoord gee as wat hy sou gegee het as hy nog gelewe het.Daar word dus nie nuwe inligting by die bestaande inligting gevoeg nie.

    Maar die bestaan is dan ook niks meer as 'n skaduweebestaan nie.Hierdie skaduweebestaan eindig wanneer by die voleinding almal opgewek word om verantwoording te doen oor ons doen en late hier op aarde en daar 'n werklike skeiding tussen die gelowiges en ongelowiges plaasvind.

    Alhoewel daar baie geskryf word oor die 'boek' waarin alles geskryf word, is ons eintlik die 'boek' waarin alles geskryf word.Ons dra alle inligting saam en dit is dus nie werklik vir God nodig om alles neer te skryf nie.Wanneer jy daar staan sal die 'inligting' oor wie jy was, jou doen en late, hier op aarde bepaal waarheen jy gaan.Jy bepaal dus jou eindbestemming en nie God nie.

    Die inligting sluit ook in die aanvaarding van Jesus Christus as jou enigste Verlosser en Middellaar, want Hy het die pad na jou eindbestemming vir jou voorberei.

  • CorneliusHenn

    Beste Thomas,

    Ek respekteer jou glo in jou eie werklikheid nes ek enige ander se werklikheid respekteer - dis gewis almal (gelowig en ongelowig) se goeie reg!

    Ek sal egter standvastig in my respek teenoor jou staan en jou nooit beledig deur dit wat  jy as werklik glo as selfdellusie te minag nie - al maak dit wat jy so hartstogtelik glo dit natuurlik ook nie vanselfsprekend waar nie!

    Heelhartig vrede aan jou in die ervaring en tevredenheid van my werklikheid.

    Cornelius Henn

  • "Wat hierdie boek nog meer interessant maak, is die feit dat dit op National Geographic se boekelys verskyn.Daar is sekerlik ook altyd ‘n tikseltjie meer geloofwaardigheid in die storie as dit van die skrywer se eie “bekering” kan getuig."

     
    Regtig, Cornelius? National Geographic het ook al artikels gepubliseer oor hoe Noag se ark gevind is. 
     
     
  • Jans de Jager

    Die beste ervaring wat jy kan hê van die hiernamaals is blykbaar te kome deur die gebruik van die dwelmmiddel DMT. Dit kom natuurlik voor onder andere in die bas van sekere Acacia's in Australia, kruie in die Amasone (waar dit te vinde is in die "Ayahuasca" drankie wat 'shamans' gebruik vir visioene), en in die medulla ombligata klier van die menslike brein. Die beste film wat gemaak is in hierdie verband is "Enter the Void". Moet nie verwag om onveranderd terug te keer van so 'n ervaring of selfs net die spesifieke fliek nie. 

  • CorneliusHenn

    Beste Jans,

    Ons pituïtêre klier - geesteoog - is een van ons kosbaarste sintuie!

    'n Gesonde pituïtêre klier skei genoeg DMT af om iets van die anderkant te kan ervaar. 

    Ek wonder ook altyd hoe so ‘n sintuig met evolusie gekom het – die chemie van Godsdiens?  

    Diegene wie se derde oog verkalk of beskadig geraak het vanweë al die besoedeling, is dit gewis ‘n opsie om ‘n bietjie kruie in te span.  

    Namaste!  

    Cornelius Henn

  • CorneliusHenn

    Beste FC Boot,  

    Jou beskouing is leersaam en bemoedigend. 

    Dankie vir jou belangstelling en heilsame liefde daarin.  

    Namaste!  

    Cornelius Henn

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top